Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
User avatar
Quenets
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 498
Joined: Fri Mar 03, 2017 10:48 am

Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)

Post by Quenets »

Goeiedag Almal

Ons het 'n lekker nuwe Daystate Red Wolf Safari 5.5mm op uitverkoping vir R48 900.00


Kontak my by hunting@quenets.co.za of 023 347 7188 as julle belangstel.

Groete
Werner
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Quenets on Tue Dec 15, 2020 1:05 pm, edited 2 times in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)

Post by tripodmvr »

Sê ek toe 'n groot woord toe ek die prys bekyk. Die wisselkoers en swak rand straf ons darem erg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)

Post by OosKaapJagter »

Word hierdie windbuks as 'n vuurwapen geklassifiseer?

Die spesifikasie vir hierdie .22 hierbo dui aan "30 shots @ 65 ft/lbs".

Die Wet op beheer van Vuurwapens, wet 60 van 2000, definieer 'n vuurwapen as volg: (Net die tersaaklike gedeelte wat windbukse beskryf aangehaal)
"Definitions
1. In this Act, unless the context declares otherwise-
(xii) "firearm" means any-
(d) device manufactured to discharge a bullet or any other projectile of .22 calibre or higher at a muzzle energy of more than 8 joules (6 ft-lbs), by means of compressed gas and not by means of burning propellant; or...."

Die idee is nie om 'n "spoilsport" te wees nie, maar om onnodige drama te vermy.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)

Post by tripodmvr »

Die 5.5mm is kleiner as .22 en daarom word die' PCP nie as 'n vuurwapen i.t.v. Wet 60 van 2000 gesien nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)

Post by OosKaapJagter »

Dankie Tripod.

Indien dit wel 5.5mm is, is dit net-net nie .22 van 'n duim nie. Dan sal dit wettiglik nie as 'n vuurwapen geklassifiseer word nie.

Ek sien .22 van 'n duim is inderdaad 5,588 mm.

Die beskrywing kan lei tot onsekerheid, want dit word beskryf as beide .22 en 5.5mm, met .22 wat 'n "vuurwapen" is volgens die definisie en 5.5mm wat nie een is nie.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)

Post by Dirkvh »

tripodmvr wrote: Tue Dec 15, 2020 11:44 am Die 5.5mm is kleiner as .22 en daarom word die' PCP nie as 'n vuurwapen i.t.v. Wet 60 van 2000 gesien nie.
Korrek. Alhoewel windbukse geklassifiseer word as .22 is hul slegs 5.5mm en nie 5.56mm soos die wet bepaal, wat die eintlike metric is van .22
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)

Post by Capt. Yoda »

Man dis n lekker speel ding die
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Daystate Red Wolf Safari .22 (65 ft/lbs)

Post by Toxxyc »

OosKaapJagter wrote: Tue Dec 15, 2020 11:39 amDie idee is nie om 'n "spoilsport" te wees nie, maar om onnodige drama te vermy.
Ek stry nie met jou nie, maar ek dink nie ons moet die tipe vrae in die publiek vra nie. Daar is tans 'n paar hofsake oor probleme met hierdie tipe windbukse, en dit byt lelik aan die windbukswêreld.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)

Post by OosKaapJagter »

Die idee was nie om die draad te kaap nie, maar om 'n geregverdigde kwelpunt op te klaar. Dalk mis ek die punt, maar ek glo dit is beter om duidelikheid te kry alvorens die minister met die hoed se agente by jou opdaag.

Die feit is dat enige windbuks onder 5,588mm wettig is, synde dit minder as .22 van 'n duim is. Ek verstaan nou dat ".22" windbukse eintlik 5,5mm is.

Dit is 'n gegewe dat die wetgewing se bepalings vasstaan en om daaroor te swyg laat nie die probleem verdwyn nie. Hierdie lyk na 'n puik speelding vir diegene in wie se begroting dit val.
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Daystate Red Wolf Safari 5.5mm (65 ft/lbs)

Post by moemin »

Dagse manne, ons almal verwys na ons 5.5mm air rifles as .22, alhoewel dit nie is nie, maar close enough..
Post Reply