Page 1 of 2

Rollie vir jag?

Posted: Fri Oct 23, 2020 8:41 pm
by Mellies
Dagsê menere.

Vinnige vragie vir die manne wat vertroud is met handwapenjag. Is ek op die regte spoor met Taurus se Raging Hunter in .44 Mag met 8” pypie as my eerste en enigste handwapen vir jag?

Ek het verlief geraak op hierdie rollie.

Dankie.

Met n vleisie...

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 4:58 am
by Lapua
Hi Mellies,
Die .44 is sekerlik die beste all rounder rollie as jy net een handwapen wil hê vir jag in my nederigge opinie. Jy kan alles van n Duiker tot n Eland met hom klop en meer as een ou het selfs al Buffels met n .44 gejag. Weet nie of ek Buffel jag met hom sou aan beveel nie, maar ek noem dit bloot oor dit al gedoen is. Ek is ook mal oor hoe die Taurus lyk en voel. Ek het die .454 Raging Bull en kan getuig dat die ports in die loop effektief is en daai sagte stukkie rubber agter in die greep is nie net n foefie nie, dit help ook bietjie met die recoil.
Wil jy die Taurus roete gaan oor hy vir jou mooi is en dit is wat jy soek? Ek vra net oor hier n mooi Ruger pakkie beskikbaar is op die forum vir n goeie prys.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 6:10 am
by Rudi Fischer
Die 44 Magnum is n lekker kaliber om mee te jag. Komponente is volop en baie maklik om te laai.

Ek jag self met een, myne is net n Ruger.

Image

Image

Johan Kriek maak ook n baie lekker koeel vir die kaliber.
Dis n 250gr solide koper koeel met driving bands, jy kan hom so 1300fps uit stoot.

Image

My Neef in die VSA het my vanoggend laat weet hy het vir my n 480 Ruger Super Blackhawk gekry vir Kersfees. Nou moet ons hom net hier kry.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 6:39 am
by Supacow
Vir my lyk die Rugers tuis in die veld en die Raging Bull op die TV waar robotte en ruimtewesens geveg word

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 11:45 am
by THOMAST
Die greep van die enkel aksie revolvers (Ruger Super Blackhawk, Freedom Arms ens) is meer gemaklik om ernstige ladings mee te skiet- die wapen rol op in jou hand agv die gladde geronde "backstrap" van die greep, Die dubbel aksie revolvers se greep is meer geneig om vas te kleef en dan al die terugslag oor te dra na jou gewrig. Dieselfde gebeur as jy 'n rubber greep (Pachmayr/Hogue)o 'n enkelaksie revolver plaas- dis baie gemakliker met gladde hout grepe.
Ek het 'n SuperBlackhawk in .44mag gehad met 10,5 duim loop, 'n regte multi tool. Jy kon skiet, rugkrap met hom en selfs iets nader haak met hom ;D . Die oorspronklike hout grepe was te klein vir my hand gewees en ek koop toe die Pachmayr ruber grepe, 'n lekker handvol. Met Pachmayr rubber grepe het ek blase op my hand palm gehad na 50 patrone se skiet.
Ek kry toe groter rooshout grepe (gemaak in die Filipyne as ek reg onthou) en daarvandaan kon ek heeldag skiet, sonder enige ongemak.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 12:37 pm
by Lapua
SA grips werk nie vir my nie. Ek kan nie akuraat skiet met daai tiepe greep nie. Dit lyk super "Wild West" maar ek skiet bol met daai tiepe greep. Dit voel nie reg in my hand nie. Ruger se Red Hawk en die Taurus se greep loop soos stroop. Die S&W greep sit ook lekker. Maar geen 2 mense is dieselfde nie. My neef sal sy Super Blackhawk Hunter vir niks ruil nie, en hy skiet heeldag elke dag n tennisbal op 100m met hom. Met dieselfde rollie kan ek nie 6 skote op n piering hou op 50m nie. Dalk moet jy ook eers n rollie of 2 gaan skiet voor jy koop. Kry n roer wat reg voel. So mooi as wat die Taurus is, mag hy dalk nie vir jou wees nie.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 1:48 pm
by Hein M.
Rudi Fischer wrote: Sat Oct 24, 2020 6:10 am Die 44 Magnum is n lekker kaliber om mee te jag. Komponente is volop en baie maklik om te laai.

Ek jag self met een, myne is net n Ruger.

Image

Image

Johan Kriek maak ook n baie lekker koeel vir die kaliber.
Dis n 250gr solide koper koeel met driving bands, jy kan hom so 1300fps uit stoot.

Image

My Neef in die VSA het my vanoggend laat weet hy het vir my n 480 Ruger Super Blackhawk gekry vir Kersfees. Nou moet ons hom net hier kry.
Onse ouers, maar dis 'n mooi rewolwer :o

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 2:57 pm
by Koos Barnard
Waar kry 'n mens so 'n montering soos wat op Rudi se Blackhawk is?

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 5:23 pm
by Rudi Fischer
Koos Barnard wrote:Waar kry 'n mens so 'n montering soos wat op Rudi se Blackhawk is?
Hi Koos

Raptor engineering in die VSA maak hulle.

Image
Image
Image
Image
Image

Raptor-eng.com

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 5:26 pm
by Rudi Fischer
Ek het ook n weigand picatinni mount in gebring maar hy le net in die kuis.

Image

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sat Oct 24, 2020 6:25 pm
by Koos Barnard
Dankie Rudi, ek waardeer

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sun Oct 25, 2020 8:24 am
by Alwin
Die 44 Magnum kaliber is 'n baie goeie keuse. Dit is besonders kragtig, solank jy reg laai, en komponente is nie besonders skaars nie.
Vir jag doelendes verkies ek gegote lood koeëls met plat neuse in die 300 tot 350 gn gewig reeks teen 1100+ fps. Bekostigbaar en hulle penetreer baie goed.

Onthou om in die veld ook oorbeskerming te gebruik!

Taurus se kwaliteit is nie altyd bo verdenking nie. Sommige van hulle rewolwers werk perfek, ander het ewige probleme. Dit is veral hulle rewolwers met vlekvrye staal rame wat pla. Vlekvrye staal is baie taaier as gewone koolstofstaal en dus moeiliker om te masjineer. Van die vlakke word nie perfek parralel en/of haaks gefrees nie, wat maak dat die tolleransies nooit reg kan kom nie, al doen jy wat. (Ek sien nie die probleem by enige ander make nie.)

Die Raging bull se ontwerp is puik vir jag. Lekker swaar (dra swaar, skiet lekker), poorte en die maklike montering van optiese visiere. Die wapen is ook baie sterk gebou, dus gaan warm jagladings hom nie negatief affekteer nie. Die vraag is net of die spesifieke ene gaan werk of nie.

Iewers verkoop iemand 'n Ruger Super Redhawk vir 'n baie skaflike prys. Ruger se kwaliteit is myle beter as Taurus s'n. Die Ruger is ook ten minste net so sterk gebou as die Raging Bull. Dit sal my eerste, tweede en derde keuse wees.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sun Oct 25, 2020 2:04 pm
by Drenalinjunkie
My opinie is ek vat ook eerder n Ruger Super Redhawk of Blackhawk bo die Taurus.

Ek soek al lank n jag rollie en het uiteinedlik n Freedom Arms Premier Mod 83 in 454 Casull gekry. In terme van rewolwers glo ek mens gaan nie sommer iets beter as n Freedom Arms kry nie.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Sun Oct 25, 2020 9:54 pm
by Alwin
Drenalinjunkie wrote: Sun Oct 25, 2020 2:04 pm My opinie is ek vat ook eerder n Ruger Super Redhawk of Blackhawk bo die Taurus.

Ek soek al lank n jag rollie en het uiteinedlik n Freedom Arms Premier Mod 83 in 454 Casull gekry. In terme van rewolwers glo ek mens gaan nie sommer iets beter as n Freedom Arms kry nie.
Nie maklik nie. Die Freedom Arms rewolwers is puik.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Mon Oct 26, 2020 7:40 am
by obasch
Kyk gerus na die Thompson Center Contender in 7mmTCU wat Lapua hier op die Te Koop afdeling het.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Mon Oct 26, 2020 9:13 am
by Mellies
Baie dankie vir almal se opinies en raad. Ek waardeer baie.

Ek hou maar net van die gemak waarmee die Taurus in my hand sit en die meer moderne voorkoms. Die ander vervaardigers se ouer tipe voorkoms is iets wat nog op my moet groei. Miskien verander my opinie met tyd indien ek in die toekoms van die ander vervaardigers se produkte hanteer en kan toets.

Dankie.

Met `n vleisie...

Re: Rollie vir jag?

Posted: Tue Oct 27, 2020 8:46 pm
by Alwin
Mellies wrote: Mon Oct 26, 2020 9:13 am Baie dankie vir almal se opinies en raad. Ek waardeer baie.

Ek hou maar net van die gemak waarmee die Taurus in my hand sit en die meer moderne voorkoms. Die ander vervaardigers se ouer tipe voorkoms is iets wat nog op my moet groei. Miskien verander my opinie met tyd indien ek in die toekoms van die ander vervaardigers se produkte hanteer en kan toets.

Dankie.

Met `n vleisie...
Ek sou weer beweer dat voorkoms en gevoel in die hand gewoonlik geen verband hou met werkverrigting in die veld nie.
Die eerste werk goed om die lekker gesellige ouens om die braaivleisvuur te vermaak en dalk beindruk. Die bokke steur hulle nie aan die stories nie...

Ek praat vanuit ondervinding met verskeie rewolwers in die veld, Taurus en Ruger ingesluit.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 2:17 am
by jacojrdn
Rudi Fischer wrote: Sat Oct 24, 2020 5:26 pm Ek het ook n weigand picatinni mount in gebring maar hy le net in die kuis.

Image
Rudi. Is die n mount vir n Super black hawk

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:02 am
by Rudi Fischer
jacojrdn wrote:
Rudi Fischer wrote: Sat Oct 24, 2020 5:26 pm Ek het ook n weigand picatinni mount in gebring maar hy le net in die kuis.

Image
Rudi. Is die n mount vir n Super black hawk
Dit was ja.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:23 am
by jacojrdn
Moet jy aan die rewolwer laat werk om hom te kan op sit.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:26 am
by Rudi Fischer
jacojrdn wrote:Moet jy aan die rewolwer laat werk om hom te kan op sit.
Nee, die Mount het die skroef gebruik van die agterste visier om vas te maak

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 7:10 am
by Klein Chris
Rudi
Tot op wat se afstand kan jy gemaklik sien/skiet met die Burris Fastfire?

Ek wil die Fastfire op my 357 sit

Jammer vir die high jack

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 7:23 am
by Rudi Fischer
Klein Chris wrote:Rudi
Tot op wat se afstand kan jy gemaklik sien/skiet met die Burris Fastfire?

Ek wil die Fastfire op my 357 sit

Jammer vir die high jack
Met my huidige laading skiet ek n 8” gong op 100m skoot vir skoot raak oor n sand sak.

My 14 jarige Seun mis nie n 8” gong op 50m nie.

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 7:50 am
by Klein Chris
Rudi Fischer wrote: Wed Dec 08, 2021 7:23 am
Klein Chris wrote:Rudi
Tot op wat se afstand kan jy gemaklik sien/skiet met die Burris Fastfire?

Ek wil die Fastfire op my 357 sit

Jammer vir die high jack
Met my huidige laading skiet ek n 8” gong op 100m skoot vir skoot raak oor n sand sak.

My 14 jarige Seun mis nie n 8” gong op 50m nie.
Dankie

Re: Rollie vir jag?

Posted: Wed Dec 08, 2021 8:04 am
by swc-tr
Rudi, hoe hanteer die Burris Fastfire die .44 se recoil tot dusver?

Sent from my SM-A125F using Tapatalk