Rollie vir jag?
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Rollie vir jag?
Dagsê menere.
Vinnige vragie vir die manne wat vertroud is met handwapenjag. Is ek op die regte spoor met Taurus se Raging Hunter in .44 Mag met 8” pypie as my eerste en enigste handwapen vir jag?
Ek het verlief geraak op hierdie rollie.
Dankie.
Met n vleisie...

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Rollie vir jag?
Hi Mellies,
Die .44 is sekerlik die beste all rounder rollie as jy net een handwapen wil hê vir jag in my nederigge opinie. Jy kan alles van n Duiker tot n Eland met hom klop en meer as een ou het selfs al Buffels met n .44 gejag. Weet nie of ek Buffel jag met hom sou aan beveel nie, maar ek noem dit bloot oor dit al gedoen is. Ek is ook mal oor hoe die Taurus lyk en voel. Ek het die .454 Raging Bull en kan getuig dat die ports in die loop effektief is en daai sagte stukkie rubber agter in die greep is nie net n foefie nie, dit help ook bietjie met die recoil.
Wil jy die Taurus roete gaan oor hy vir jou mooi is en dit is wat jy soek? Ek vra net oor hier n mooi Ruger pakkie beskikbaar is op die forum vir n goeie prys.

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Rollie vir jag?
Die 44 Magnum is n lekker kaliber om mee te jag. Komponente is volop en baie maklik om te laai.
Ek jag self met een, myne is net n Ruger.

Johan Kriek maak ook n baie lekker koeel vir die kaliber.
Dis n 250gr solide koper koeel met driving bands, jy kan hom so 1300fps uit stoot.

My Neef in die VSA het my vanoggend laat weet hy het vir my n 480 Ruger Super Blackhawk gekry vir Kersfees. Nou moet ons hom net hier kry.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Rollie vir jag?
Vir my lyk die Rugers tuis in die veld en die Raging Bull op die TV waar robotte en ruimtewesens geveg word
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Rollie vir jag?
Die greep van die enkel aksie revolvers (Ruger Super Blackhawk, Freedom Arms ens) is meer gemaklik om ernstige ladings mee te skiet- die wapen rol op in jou hand agv die gladde geronde "backstrap" van die greep, Die dubbel aksie revolvers se greep is meer geneig om vas te kleef en dan al die terugslag oor te dra na jou gewrig. Dieselfde gebeur as jy 'n rubber greep (Pachmayr/Hogue)o 'n enkelaksie revolver plaas- dis baie gemakliker met gladde hout grepe.
Ek het 'n SuperBlackhawk in .44mag gehad met 10,5 duim loop, 'n regte multi tool. Jy kon skiet, rugkrap met hom en selfs iets nader haak met hom
. Die oorspronklike hout grepe was te klein vir my hand gewees en ek koop toe die Pachmayr ruber grepe, 'n lekker handvol. Met Pachmayr rubber grepe het ek blase op my hand palm gehad na 50 patrone se skiet.
Ek kry toe groter rooshout grepe (gemaak in die Filipyne as ek reg onthou) en daarvandaan kon ek heeldag skiet, sonder enige ongemak.
Ek het 'n SuperBlackhawk in .44mag gehad met 10,5 duim loop, 'n regte multi tool. Jy kon skiet, rugkrap met hom en selfs iets nader haak met hom
Ek kry toe groter rooshout grepe (gemaak in die Filipyne as ek reg onthou) en daarvandaan kon ek heeldag skiet, sonder enige ongemak.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Rollie vir jag?
SA grips werk nie vir my nie. Ek kan nie akuraat skiet met daai tiepe greep nie. Dit lyk super "Wild West" maar ek skiet bol met daai tiepe greep. Dit voel nie reg in my hand nie. Ruger se Red Hawk en die Taurus se greep loop soos stroop. Die S&W greep sit ook lekker. Maar geen 2 mense is dieselfde nie. My neef sal sy Super Blackhawk Hunter vir niks ruil nie, en hy skiet heeldag elke dag n tennisbal op 100m met hom. Met dieselfde rollie kan ek nie 6 skote op n piering hou op 50m nie. Dalk moet jy ook eers n rollie of 2 gaan skiet voor jy koop. Kry n roer wat reg voel. So mooi as wat die Taurus is, mag hy dalk nie vir jou wees nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Rollie vir jag?
Onse ouers, maar dis 'n mooi rewolwerRudi Fischer wrote: Sat Oct 24, 2020 6:10 am Die 44 Magnum is n lekker kaliber om mee te jag. Komponente is volop en baie maklik om te laai.
Ek jag self met een, myne is net n Ruger.
Johan Kriek maak ook n baie lekker koeel vir die kaliber.
Dis n 250gr solide koper koeel met driving bands, jy kan hom so 1300fps uit stoot.
My Neef in die VSA het my vanoggend laat weet hy het vir my n 480 Ruger Super Blackhawk gekry vir Kersfees. Nou moet ons hom net hier kry.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Rollie vir jag?
Waar kry 'n mens so 'n montering soos wat op Rudi se Blackhawk is?
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Rollie vir jag?
Hi KoosKoos Barnard wrote:Waar kry 'n mens so 'n montering soos wat op Rudi se Blackhawk is?
Raptor engineering in die VSA maak hulle.

Raptor-eng.com
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Rollie vir jag?
Ek het ook n weigand picatinni mount in gebring maar hy le net in die kuis.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Rollie vir jag?
Dankie Rudi, ek waardeer
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Rollie vir jag?
Die 44 Magnum kaliber is 'n baie goeie keuse. Dit is besonders kragtig, solank jy reg laai, en komponente is nie besonders skaars nie.
Vir jag doelendes verkies ek gegote lood koeëls met plat neuse in die 300 tot 350 gn gewig reeks teen 1100+ fps. Bekostigbaar en hulle penetreer baie goed.
Onthou om in die veld ook oorbeskerming te gebruik!
Taurus se kwaliteit is nie altyd bo verdenking nie. Sommige van hulle rewolwers werk perfek, ander het ewige probleme. Dit is veral hulle rewolwers met vlekvrye staal rame wat pla. Vlekvrye staal is baie taaier as gewone koolstofstaal en dus moeiliker om te masjineer. Van die vlakke word nie perfek parralel en/of haaks gefrees nie, wat maak dat die tolleransies nooit reg kan kom nie, al doen jy wat. (Ek sien nie die probleem by enige ander make nie.)
Die Raging bull se ontwerp is puik vir jag. Lekker swaar (dra swaar, skiet lekker), poorte en die maklike montering van optiese visiere. Die wapen is ook baie sterk gebou, dus gaan warm jagladings hom nie negatief affekteer nie. Die vraag is net of die spesifieke ene gaan werk of nie.
Iewers verkoop iemand 'n Ruger Super Redhawk vir 'n baie skaflike prys. Ruger se kwaliteit is myle beter as Taurus s'n. Die Ruger is ook ten minste net so sterk gebou as die Raging Bull. Dit sal my eerste, tweede en derde keuse wees.

Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 834
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Rollie vir jag?
My opinie is ek vat ook eerder n Ruger Super Redhawk of Blackhawk bo die Taurus.
Ek soek al lank n jag rollie en het uiteinedlik n Freedom Arms Premier Mod 83 in 454 Casull gekry. In terme van rewolwers glo ek mens gaan nie sommer iets beter as n Freedom Arms kry nie.
Ek soek al lank n jag rollie en het uiteinedlik n Freedom Arms Premier Mod 83 in 454 Casull gekry. In terme van rewolwers glo ek mens gaan nie sommer iets beter as n Freedom Arms kry nie.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Rollie vir jag?
Nie maklik nie. Die Freedom Arms rewolwers is puik.Drenalinjunkie wrote: Sun Oct 25, 2020 2:04 pm My opinie is ek vat ook eerder n Ruger Super Redhawk of Blackhawk bo die Taurus.
Ek soek al lank n jag rollie en het uiteinedlik n Freedom Arms Premier Mod 83 in 454 Casull gekry. In terme van rewolwers glo ek mens gaan nie sommer iets beter as n Freedom Arms kry nie.
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 726
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Rollie vir jag?
Kyk gerus na die Thompson Center Contender in 7mmTCU wat Lapua hier op die Te Koop afdeling het.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Rollie vir jag?
Baie dankie vir almal se opinies en raad. Ek waardeer baie.
Ek hou maar net van die gemak waarmee die Taurus in my hand sit en die meer moderne voorkoms. Die ander vervaardigers se ouer tipe voorkoms is iets wat nog op my moet groei. Miskien verander my opinie met tyd indien ek in die toekoms van die ander vervaardigers se produkte hanteer en kan toets.
Dankie.
Met `n vleisie...
Ek hou maar net van die gemak waarmee die Taurus in my hand sit en die meer moderne voorkoms. Die ander vervaardigers se ouer tipe voorkoms is iets wat nog op my moet groei. Miskien verander my opinie met tyd indien ek in die toekoms van die ander vervaardigers se produkte hanteer en kan toets.
Dankie.
Met `n vleisie...
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Rollie vir jag?
Ek sou weer beweer dat voorkoms en gevoel in die hand gewoonlik geen verband hou met werkverrigting in die veld nie.Mellies wrote: Mon Oct 26, 2020 9:13 am Baie dankie vir almal se opinies en raad. Ek waardeer baie.
Ek hou maar net van die gemak waarmee die Taurus in my hand sit en die meer moderne voorkoms. Die ander vervaardigers se ouer tipe voorkoms is iets wat nog op my moet groei. Miskien verander my opinie met tyd indien ek in die toekoms van die ander vervaardigers se produkte hanteer en kan toets.
Dankie.
Met `n vleisie...
Die eerste werk goed om die lekker gesellige ouens om die braaivleisvuur te vermaak en dalk beindruk. Die bokke steur hulle nie aan die stories nie...
Ek praat vanuit ondervinding met verskeie rewolwers in die veld, Taurus en Ruger ingesluit.
- jacojrdn
- Sr. Member

- Posts: 311
- Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm
Re: Rollie vir jag?
Rudi. Is die n mount vir n Super black hawkRudi Fischer wrote: Sat Oct 24, 2020 5:26 pm Ek het ook n weigand picatinni mount in gebring maar hy le net in die kuis.
![]()
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag,
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Rollie vir jag?
Dit was ja.jacojrdn wrote:Rudi. Is die n mount vir n Super black hawkRudi Fischer wrote: Sat Oct 24, 2020 5:26 pm Ek het ook n weigand picatinni mount in gebring maar hy le net in die kuis.
![]()
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- jacojrdn
- Sr. Member

- Posts: 311
- Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm
Re: Rollie vir jag?
Moet jy aan die rewolwer laat werk om hom te kan op sit.
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag,
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Rollie vir jag?
Nee, die Mount het die skroef gebruik van die agterste visier om vas te maakjacojrdn wrote:Moet jy aan die rewolwer laat werk om hom te kan op sit.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Rollie vir jag?
Rudi
Tot op wat se afstand kan jy gemaklik sien/skiet met die Burris Fastfire?
Ek wil die Fastfire op my 357 sit
Jammer vir die high jack

Skiet bly maar lekker
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Rollie vir jag?
Met my huidige laading skiet ek n 8” gong op 100m skoot vir skoot raak oor n sand sak.Klein Chris wrote:Rudi
Tot op wat se afstand kan jy gemaklik sien/skiet met die Burris Fastfire?
Ek wil die Fastfire op my 357 sit
Jammer vir die high jack
My 14 jarige Seun mis nie n 8” gong op 50m nie.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Rollie vir jag?
DankieRudi Fischer wrote: Wed Dec 08, 2021 7:23 amMet my huidige laading skiet ek n 8” gong op 100m skoot vir skoot raak oor n sand sak.Klein Chris wrote:Rudi
Tot op wat se afstand kan jy gemaklik sien/skiet met die Burris Fastfire?
Ek wil die Fastfire op my 357 sit
Jammer vir die high jack
My 14 jarige Seun mis nie n 8” gong op 50m nie.
Skiet bly maar lekker
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Rollie vir jag?
Rudi, hoe hanteer die Burris Fastfire die .44 se recoil tot dusver?
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."