Middag almal. Ek het n Zeiss 8x42 conquest hd verkyker wat geval het en toe het hy aan die voor kant in gebuig. Is daar iemand wat dit sal kan reg maak of moet ek dit na Zeiss toe stuur.
Groete SmitH
Verkyker val
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Verkyker val
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Verkyker val
Ek sou aanbeveel dat jy die verkyker na die agent/e neem vir herstelwerk. Miskien is daar steeds n waarborg ter sprake wat sal help.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Verkyker val
Vat hom na die agente toe. Zeiss fabriek se diens is puik, maar ek het geen onlangse ondervinding van die plaaslike agente nie.
Jy gaan ten minste verwag om vir die vervoer fabriek toe en terug te moet betaal. Al vra hulle jou moontlik ook geld vir die herstelwerk, sal die verkyker so goed soos nuut wees en steeds sy waarborg dra. Dis beslis die geld werd.
Jy gaan ten minste verwag om vir die vervoer fabriek toe en terug te moet betaal. Al vra hulle jou moontlik ook geld vir die herstelwerk, sal die verkyker so goed soos nuut wees en steeds sy waarborg dra. Dis beslis die geld werd.
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Verkyker val
Miskien doen hulle (Zeiss) dit gratis. Ek het n Steiner verkyker wat ek vir baie jare in die bakkie gehou het. As gevolg van die hitte het die rubber omhulsel later sag en taai geword. Ek het die verkyker na die agente (Inyati) geneem en hulle het dit Duitsland toe gestuur. Na omtrent 3 maande het ek dit terug gekry heeltemal nuut oorgedoen. Geen koste nie