Beste teleskoop?

Rcloete
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Sat Aug 29, 2020 5:20 pm

Beste teleskoop?

Post by Rcloete »

Hallo Manne

Is zeiss en Swarovski die beste kwaliteit teleskoop?
Of is dit net die naam?

Is daar goedkoper teleskope met die selfde kwaliteit?

Is daar iewers n lys of iemand wat teleskoop maake
In n kwaliteit groepering kan plaas?


Daar is nou so baie make op die mark.

Wil graag hoor wat se julle, google is misleidend en gee nie die antwoord nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Ds J »

Die heel belangrikste vraag: wat wil jy met die teleskoop doen?

n Baie algemene argument is dat n mens net soveel op die teleskoop moet uitgee as op die geweer. Ek verstaan die gedagte, maar dink dit is oordrewe. n Ervare skut sal baie meer met n vertroude 4x32 onder alledaagse jagtoestande regkry as n ongeoefende skut met sy 4-16x50.

Vir teikenskiet as sport, of langafstandskiet, is dit uiteraard van grootste belang om die beste te koop wat jy kan bekostig.

Die gewone name soos Leupold het nie verniet so n goeie naam nie - hulle het dit verdien in ons harde wereld.

Ek self is n aanhanger van Weaver, want "sommer net" en sentiment is in hierdie uitsonderlike geval goed genoeg.
Rcloete
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Sat Aug 29, 2020 5:20 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Rcloete »

Ek het n paar geweere met zeiss, leopold,trijicon en vortex op. Meeste is leopold.

My zeiss is defnitief die helderste.

Maar my eintlike ding waar oor ek wonder is of al die nuwwe maake op die mark net so goed is maar nog nie lank genoeg op die mark is om n naam te he nie of is hulle net slegter en waar le hulle in die rankings.

Soos
Vector
Rudolph
meopta
Sigtron
Redfield
Sig
Bushnell
Lynx

En dan hoe vergelyk die ou maake
Soos
Smit en bender
Leopold
Weaver
Khalis

Hier is n klomp maake
Vortex Optics
Leupold
Leapers (UTG)
Bushnell
Nikon
Simmons
Trijicon
Primary Arms
Nightforce Optics
Athlon Optics
Burris Optics
ATN
Sightmark
Barska
BSA
CVLIFE
Sig Sauer
Steiner Optics
Zeiss
Swarovski Optics
Hawke
Redfield
Mueller
Weaver
TRUGLO
NcSTAR
Konus
Meopta

Mors jy jou geld met sekere teleskope
Of is daar wat goed vergelyk met die beste maar nie die naam dra nie?

Of is dit soos die amerikaners se (jy kan enige teleskoop koop solank dit n swarofski is?)

Is daar enige iemand wat hulle uit 10 uit kan rangskik?
Wingnut
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun Jul 23, 2017 1:37 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Wingnut »

Moeilik om te rangskik.

Maar 4 scopes wat mense mis kyk en great is.
Sightron (Het een. Track soos n tank, goeie glas)
Meopta (op my 7x64, goeie glas. Solid, gaan lees hul storie)
Athlon (midas en Ares, kyk gerus na hom)
Element (gaan sterk deurkom)

Baie van daai brand is nice, maar verspreiders aan min kant.
Lynx
Bushnell (beide vrek goeie naverkope diens)

Maar die beste is om deur almal te kyk. Smaak verskil.
😅😉

(Baie happy met my Vortex viper gen2 ook)
Howa 6.5CM
Sako 7x64
Sako 223
CZ .22

Born to hunt, forced to work ++>: !!
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by OosKaapJagter »

Hierdie is soos 'n eksamenvraag waarin gesê word beskryf die heelal en noem twee voorbeelde.

Persoonlike smaak, aanwending, ens. speel alles 'n rol. Sommige ouens het baie geld en wil hê ander moet dit raaksien. Ander met net soveel geld gee nie 'n duit om wat ander dink nie. Diegene wat op 'n beperkte begroting werk soek uiteraard die beste waarde vir geld.

Ek verstaan dat die wat aan skietkompetisies deelneem die beste toerusting sal wil kry om 'n kompeterende voordeel te gee. Langafstand jagters kort ook ordentlike teleskope. Daar is konstante verstellings en goeie beeld van kardinale belang. Vir my as gewone jagter werk enige teleskoop, ongeag die naam, wat akkuraat kan instel en dan net weer ingestel hoef te word met nuwe ammunisie en ladings. My Zeiss lyk mooier en die beeld is meer helder as byvoorbeeld die een ou Tasco 6 X 40 wat ek het. Dit maak egter geen praktiese verskil watter een ek gebruik om mee te jag nie.

Dit is eers as jy die aanwending uitstippel dat sinvolle menings gegee kan word.
Tokkieland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Tokkieland »

Ek is besig om n 338 Lapua te laat bou. Baie opgewonde oor als maar tog nog onseker watter teleskoop die beste waarde vir geld sal inhou vir die laaaang skote op die range. Wil graag n paar opinies hoor van die manne wat meer skote onder die blad het met die kaliber. Enige idees? En kan ek vra hoekom jul die spesifieke teleskoop sal verkies?
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Francoisv »

Tokkieland wrote:Ek is besig om n 338 Lapua te laat bou. Baie opgewonde oor als maar tog nog onseker watter teleskoop die beste waarde vir geld sal inhou vir die laaaang skote op die range. Wil graag n paar opinies hoor van die manne wat meer skote onder die blad het met die kaliber. Enige idees? En kan ek vra hoekom jul die spesifieke teleskoop sal verkies?
Hallo Ian

Het jy nie on langs 'n S&B PM2 verkoop nie? Dan moet jy mos weet wat die beste is? ImageImage

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
Tokkieland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Tokkieland »

Ek het ja en met n 338 Lapua ook nog. Juis nou met die wat ek my volgende projek befonds. Nuwe Lapua is nou betaal met n langer 32” Krieger maar waarna toe nou? Wat kom naby n Pm2 sonder om die bank te breek? Ek moet somme maak. COVID het seer gemaak. 😜
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Arnold »

Tipies kry jy waarvoor jy betaal. Dit is nou ongelukkig so alhoewel daar sekerlik uitsonderings is. Elke vervaardiger het goedkoper en duurder reekse. So ek stem saam dat die vraag te wyd is.



Tokkieland, jou vraag is effe meer gefokus en as jy na PM2 klas scopes kyk is hierdie wat by my opkom ...

Nightforce ATACR 7-35x56
Vortex Razor HD Gen 2 4.5-27x56
Kahles 5-25x56 / 6-24x56
Swarovski X5 5-25x56
IOR Recon of dalk die Crusader

As jy kyk na iets wat bietjie meer budget vriendelik is sou ek die Delta Stryker aanbeveel.


User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Kallie Fernhout »

Tokkieland wrote: Mon Aug 31, 2020 8:43 pm Ek het ja en met n 338 Lapua ook nog. Juis nou met die wat ek my volgende projek befonds. Nuwe Lapua is nou betaal met n langer 32” Krieger maar waarna toe nou? Wat kom naby n Pm2 sonder om die bank te breek? Ek moet somme maak. COVID het seer gemaak. 😜
Ek het vir jou n PM indien jy belangstel. Wag net vir na ander scope dan sit ek hom in die mark.
Tokkieland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Tokkieland »

Dankie Arnold. Ek het nogal na n ATACR gekyk maar was dag te laat gewees. Reeds verkoop.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Francoisv »

Wat is jou begroting Tokkie?

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
Tokkieland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Tokkieland »

Kallie dankie. Laat weet as jy reg is. Sal graag kyk na hom.
Tokkieland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Tokkieland »

Francoisv wrote: Mon Aug 31, 2020 9:26 pm Wat is jou begroting Tokkie?

2 daughters. Plenty guns.
Probeer onder 30k bly. Nog nuut in die game. Ek moet maar saggies loop.
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Beste teleskoop?

Post by Ranger »

Delta Stryker
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Francoisv »

Ranger wrote:Delta Stryker
Dink die man en Arnold sit jou op regte pad.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Rem »

Delta stryker vir my ook

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Beste teleskoop?

Post by Sarelss »

Hierdie is soos 'n eksamenvraag waarin gesê word beskryf die heelal en noem twee voorbeelde.

HAHAHHAHAHHA, die is vrek funny.
snerpent snaaks
ss
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Beste teleskoop?

Post by Eugene »

Rcloete, jy gaan nogal 'n klomp verskillende antwoorde kry. Baie mense is geneig om te glo dat die prys van die teleskoop, gekoppel word aan die kwaliteit daarvan en dat net die duurste teleskope, die moeite werd is. Ander ouens kom weer bitter goed reg met 'n bitter goedkoop teleskoop en gaan weier om te glo dat enige iets meer as dit, werklik nodig is. Dan is daar diegene wat elke kort-kort kyk na "What the Pro's use" en vergeet hulle word meestal geborg...

Die belangrikste ding om te onthou (en ek het dit self eers onlangs besef, nadat ek een van die groot ondersteuners van goedkoper teleskope was), is dat byvoorbeeld 'n Nightforce en Scope X, die dag wat jy dit uit die boks haal en monteer, dalk altwee dieselfde beeld gaan hê. Maar wat gaan na 5 of 10 jaar gebeur na die teleskoop gereeld gebruik is in reen, wind, son en stof? Dis dan wanneer jy begin besef waarom sekere teleskope duurder as ander is. Natuurlik betaal mens ook maar vir die naam en hopelik is die naam gekoppel aan 'n goeie waarborg en na-verkope diens.

Ek dink die belangrikste oorweging vir 'n LA teleskoop, is betroubare en konstante verstellings en daarna helder beeld in moeilike kondisies.

Van die "top end" teleskope waarmee ek al persoonlik te doene gehad het, blyk Nightforce en Khales die beste (of mees algemeenste) te wees vir jou doel. Swarovski het nie in die verlede werklik 'n goeie LA teleskoop gehad nie, alhoewel hulle normale teleskope absoluut wonderlik was. Ek weet nie of dit intussen verander het nie. Dieselfde met Zeiss. Ek is nie 'n Vortex aanhanger nie en kan ook nie werklik 'n goeie rede daarvoor gee nie, behalwe persoonlike voorkeur.

Wat goedkoper opsies aanbetref, kan ek verseker Sightron aanbeveel en die S3 het homself al oor die laaste 5-7 jaar behoorlik bewys. Niemand gaan ooeehh en aahhh as jy jou geweer uit die sak haal nie, maar jy gaan heeldag tref waar jy stel en jy gaan kan sien waar jy mik. Ek het tans 'n Delta Stryker vir ELR skote, maar het dit minder as 'n jaar en alhoewel ek dink dis absoluut waarde vir geld, is dit waarskynlik nog te vroeg om werklik te weet.

Ek het net hierbo name genoem waarvan ek persoonlike ondervinding het en nie net google kennis nie...

Sterkte met jou besluit en onthou, wat ook al jy op besluit, moet nie net mooi lyk en die regte etiket en sticker op hê nie, dit moet ook prakties vir jou werk.
Aim small, miss small
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Gawie(13mm) »

Hierdie artikel is nou wel in Ingels en effens lank, maar redelik volledig indien jy 'n wonder hoe, waarmee en hoekom jy 'n bepaalde teleskoop moet kies.
https://opticsthoughts.com/?page_id=122
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13529
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Capt. Yoda »

Met die rand en ons wat alles droog moet vat lyk dit my of ons een van die dae nie meer vreeslik baie scopes onder 30K gaan sien nie, ek sou loer vir n mooi opgepasde Nightforce BR.
Dit is nou nie die coolste tacktical scope van 2020 se PRS "what the pros use" nie maar dit is n goeie soliede scope vir LR skiet wat jou ver sal vat met die regte ringe en of rail

As jy bq meer wil betaal is die Delta n goeie koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Beste teleskoop?

Post by Eugene »

Capt. Oblivious wrote: Fri Sep 04, 2020 8:34 am Met die rand en ons wat alles droog moet vat lyk dit my of ons een van die dae nie meer vreeslik baie scopes onder 30K gaan sien nie, ek sou loer vir n mooi opgepasde Nightforce BR.
Dit is nou nie die coolste tacktical scope van 2020 se PRS "what the pros use" nie maar dit is n goeie soliede scope vir LR skiet wat jou ver sal vat met die regte ringe en of rail

As jy bq meer wil betaal is die Delta n goeie koop
Ek was bang om dit voor te stel, want dis nie 'n gewilde teleskoop nie. Ek het 2 van hulle en is geweldig impressed met wat mens kry vir die prys wat jy betaal. Glas is van die beste in sy prysklas en die verstellings op die turrets is 1/8moa per click en super betroubaar. Nadele is die 6 moa per omwenteling op die turrets en die interne elevasie, maar dit kan oorkom word met 'n 20-40moa rail. Ek sal net voorstel om met die 8-32 model te gaan.
Aim small, miss small
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Morkel »

Doc Potgieter het my vertel 10 jaar terug n goeie scope is duur, en terwyl jy as alle daagse skut nooit rerig die verskil sal SIEN tussen scopes nie kom n top class scope tot sy reg, wa jy mirage kan sien en as die son gesak het. Dis hier wa die puppies nie hulle bene hoog genoeg kan lig nie. So as jy in helder son 365 dae n jaar gaan skiet moeni bele in duur scope! Leipold daai middel vani pad scope.
In n scope betaal jy vir wat jy kry. Dit was 10 jaar gelede.
Vandag is jou keuses soveel meer en kan jy soveel meer kry vir jou sent as jy jou navorsing doen. Ek persoonlik glo dat vandag daar baie meer kennis is en uitstekende masjiene om top gehalte komponente te maak vir n scope! Wat egter nog n “ art “ is, is die glas en is daar sover my kennis minder as n handvol wat dit goed maak.
En dan is daar bemarking en wie gebruik wat - rerig manne my beskeie opinie.
N PM2 is steeds die gold standard en hoe oud is daai scope nie.
Laat ek dit anders stel
Elke scope in my kluis sal ek kan verkoop vir meer as wat ek nuut vir hulle betaal het.
Doen jou huiswerk - skiet jy 20- skote n jaar dan gaan daai Rudolf ( cappy se favorite) grt werk vir jou, ma sou hy breek gaan jy weer betaal.
Skiet jy steeds jou 20 skote en met n bietjie meer/beter scope soos Leipold
Hy gaan jy baie gelukig wees met n hoer prys natuurlik
Ek is moeg gesukkel, as ek kyk oor die afgelope 100 jaar in ons passie dan is dit duidelik dat kwaliteit kom nie van looks af nie maar beproef ini jagveld.
So ek het bele in S&B, Swarovski, Vortex Razor, en March.
Ek het ook gekyk na die nuwe Kahles maar gevoel wat ek het gee vir my wat die Kahles sou gee.
Vir my was die nuwe DS ( swarovski ) n game changer wat tegnologi “ embrace” wat vandag beskikbaar is en het seker een van die eerstes ini land gehad.
My eerste scope was n S&B 1-6x42IL gekoop in 2007 steeds n grt scope vandag nog.
Ek “ like” my March scopes, (3 ) gee jou baie meer as soortgelyke scopes. Wens net ek het ook die 5-50x56 gekoop.
So in afsluiting ek het bele in scopes wat op daai staduim in die “ top end” geval het maar vandag kompeteer hulle nog steeds in hulle klas as top end en het my nogi n dag se probleem gegee nie. Ek ondersteun die beginsel koop vir n leeftyd en jag met vertoue. Onthou net one size do not fit all shooting disciplines.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Tokkieland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Fri Aug 14, 2020 11:08 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by Tokkieland »

Weet iemand dalk wie verkoop die Delta Strykers in SA?
phyllox
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun Mar 04, 2018 5:05 pm

Re: Beste teleskoop?

Post by phyllox »

Jy kan vir Paul Luff by Powder Keg kontak.

Ook vir Herme by CMH Precision.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply