Norma bondstrike

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Norma bondstrike

Post by Gideon Burger »

Middag Manne

Glo dit gaan goed met almal.

Graag wil ek hoor of iemand al met die bogenoemde rondte gaan jag het. Van wat ek op lees is dit gemik vir die langer skote daar buite. Ek wil hoor of dit in die bos gaan werk met die volgende punte:

1.Hoe verskil die rondte teenoor die normale Oryx. Is dit nou maar net Oryx met n BT?
2.Hoe sal hy werk in die bos as mens dit moet vergelyk met die Accubond en Oryx.
3. Wat is die gewig retensie as iemand dalk een herwin het?

Baie dankie

Groete
Gideon Burger
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Norma bondstrike

Post by Koos Barnard »

Dag Gideon
Die Bondstrike is sagter as die Oryx. Ek het met dit gejag en dit is beslis bedoel vir langer skote waar die Oryx meer gewig behou op korter afstande. Ek dink ek het dit in wetpacks ook geskiet en sal die data gaan soek en terugvoer kom gee.
Mooi loop
User avatar
Gideon Burger
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Gideon Burger »

Koos Barnard wrote: Tue Aug 25, 2020 3:15 pm Dag Gideon
Die Bondstrike is sagter as die Oryx. Ek het met dit gejag en dit is beslis bedoel vir langer skote waar die Oryx meer gewig behou op korter afstande. Ek dink ek het dit in wetpacks ook geskiet en sal die data gaan soek en terugvoer kom gee.
Mooi loop

Baie Dankie Koos
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Arnold »

Ek volg so bietjie op om te hoor of daar al meer ouens met die koeels geskiet het en wat julle ondervinding was.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Norma bondstrike

Post by tripodmvr »

Hoekom kyk jy nie na SBC vir die bos nie? Reeds genoeg fotos en getuienis van hul effektiwiteit en dit is plaaslik beskikbaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1184
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Norma bondstrike

Post by heywillie »

Arnold wrote: Sun Sep 07, 2025 11:59 am Ek volg so bietjie op om te hoor of daar al meer ouens met die koeels geskiet het en wat julle ondervinding was.
As ek daai punt so kyk, lyk hy maar baie vir my na 'n ELDX of GameChanger.
Ek glo jy kan dus dieselfde werksverrigting van die Bondstrike as die twee bogenoemdes verwag.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Jacques1988
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Jacques1988 »

Ek het met hulle al gejag - 180gr vir my 300wsm
Ek sou sê hulle is harder as eldx maar baie sagter as n Accubond/interbond - Basies die Accubond LR se maaitjie.

Die Oryx is baie baie beter geskik vir Bosveld - SBC is nog beter!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Arnold »

Ek verstaan die Bondstrike is 'n bonded kooel maar ook dat hy sagter as die tipiese bonded koeels is. Daarom behoort hy beter bymekaar te bly as die ELDX of GamChanger.

Aangaande die Accubond LR, hoor ek dat party ouens maar sukkel met akkuraatheid en opgegee het om verder te sukkel met die koeels.

Ons is regtig bevoorreg om SBC nou tot ons beskikking te he.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Arnold »

Ek kyk sommer bietjie deur my vorige plasings en sal graag hoor of daar iemand is wat intussen met die Norma Bondstrikes gejag het en wat hulle ervaring was.

Daar wag so paar 143gr Bondstrikes in 6.5mm vir 'n PRC wat ek onlangs bekom het. Hierdie geweer sal moontlik oorneem as my "go to" jaggeweer en dan die 30-06 wat steeds vir die korter afstande (bos) gebruik gaan word.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Norma bondstrike

Post by Frederik »

Laasjaar met vriend van my se 300wm 180gr Bondstrike geskiet op 230 meter op blouwildebees quartering on geen groot been gevang en rib met die exit het 14kg se vleis verloor. Beslis sagter as wat ek gedink het maar vroeer die oggend lag lag gonge laat lui op 500meter akuraat maar gemaak vir langer skote. Spoed as ek reg onthou naby 2900fps

Maar bees is dood en baie vinnig ook so hy het gewerk.
Vriend se bees was op 280 meter skouer in en net agter skouer vasgesteek het het 17kg se vleis verloor.

Na die episode gaan hy die 200gr Bondstrike probeer.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Arnold »

Baie dankie Frederik, dit is BAIE goed om te weet!

Dit klink minder na 'n bonded koeël en meer soos 'n gewone cup en core.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Norma bondstrike

Post by Frederik »

Hy lyk tog gebond en het beter bymekaar gehou as Interlock, nooit geweeg of foto geneem pel van my se hy het nie meer die koeel wat hy herwin het nie.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Riaan Kriel »

Ek het so 3 jaar terug 2 pakkies 180gr Bondstikes gekoop om te toets in die 300WSM. Baie maklik 'n lading gekry wat baie mooi groepeer en konstant skiet. Ek het sederdien 2 swartwildebeeste, 2 rooibokke, 3 springbokke, 1 jong vlakvark en 6 koedoes met dit geskiet.

Die vlakvarkie het in die paadjie weggehardloop en was direk van agter gekiet op ongeveer 160-180m... Die vleisskade was rof om te sien. Die vlakvarkie het gat-oor-kop geslaan en net daar gelê.

1 Koedoekoei was net agter die blad geskiet op ongeveer 280m. Koeël is regdeur en daar was maar die normale vleisskade wat ek ook met Nosler Partitions gekry het. Sy het 1 keer in die rondte gedraai en begin wegstap, nie meer as 10-15 treë gegee en geval.

Al die ander bokke was kopskote en het net daar geval. Die skade was redelik groot op die meeste en het my laat wonder oor die "Bonded" deel. Maar aan die ander kant het die koeëls baie goed gedoen vir die gebruik op kopskote.

Ek kon geen koeël herwin nie en kan dus nie enige opinie gee oor gewig retensie of vervorming nie. Maar vir akkuraatheid en hoe dit presteer met kopskote werk die kombinasie mooi vir die 300WSM
Guillaume
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Thu Aug 29, 2019 8:54 am

Re: Norma bondstrike

Post by Guillaume »

Ek gebruik die 180gr punte in my 300WSM en vriend van my dieselfde in sy 300 WM.
Groepeer baie maklik, ons kon altwee maklik ladings ontwikkel.

Elkeen van ons het al 'n kameelperd laat val met hulle, vleis verkoop so kon nie punte herwin nie.
Ek het ook BWB koei op 120m geskiet, agter die blad en punt regdeur. BWB binne 20m geval.

Tot dusver baie tevrede

Groete
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Norma bondstrike

Post by Koos Barnard »

Die Norma Bondstrike is beslis 'n bonded koeël. Aangeheg 'n foto van toe ek die koeëls getoets het in wetpacks vanaf 50m. Sien die byskrif, die Bondstrike-koeëls is aan die regterkant. Ek het beide die Oryx en Bondstrike 180gr-koeëls voor 53gr URP gelaai en uit my .30-06 geskiet. Die Oryx se spoed was 2521vps en die Bondstrike 2549vps. Beide is op 50m in dieselfde wetpack geskiet (ek het gesorg dat die skote ver genoeg uit mekaar is sodat die "wondkanale" mekaar nie beïnvloed nie). Die Oryx het 31cm diep penetreer en die Bondstrike 28cm. Gewigretensie was 96% vir die Oryx en 70% vir die Bondstrike. 'n Fabriekslading gelaai met 180gr Bondstrike het 2629vps gemeet en ook in die wetpack geskiet. Dit het 24.3cm gepenetreer. Gewigretensie was 69%.

Ek het die toets herhaal met die handladings van 53gr URP-kruit. Die Oryx het toe 32cm penetreer en 94% gewig behou en die Bondstrike 29cm en 74% gewig.

Ek het 'n hartbeesbul op 185m geskiet op die blad met die Bondstrike. Die koeël is deur die hart en anderkant uit en die bul het skaars 10m gehardloop na die skoot. Nadat ek die pens uitgehaal het, het ek die borsholte oopgesny om te sien waar die koeël deur is en gesien dis deur die hart. Die koeël het ook die verste bladbeen gebreek. Die hartbees is egter gehaal en weggeneem slaghuis toe sonder dat ek die vleisskade kon besigtig. Ek het ook 'n swartspringbok op 93m geskiet skuins van voor en dié het in sy spore neergesak. Die koeël is agter die verste blad uit. Ook hierdie bok is in die veld gehaal en slaghuis toe geneem sonder dat ek die vleisskade kon bepaal. Die bokke is geskiet op Mynhard Herholdt se plaas in die Noord-Kaap en ek het nie die vleis geneem nie, daarom het ek nie die bokke weer gesien nie.

Ek het beide die Oryx en Bondstrike in die lengte deurgesaag en die Oryx se mantel is beslis dikker. Dit het ook bietjie moeiliker gesaag as die Bondstrike-koeël.
Mooi loop
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13523
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Norma bondstrike

Post by Capt. Yoda »

Daai lyk glad nie sleg nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply