Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vir die eerste keer in baie jare weer in Alldays gaan jag. Die plaas is so 2000 hektaar en het baie mooi wild. Ek het nog nooit so baie Koedoes gesien nie en ek glo die Mopanie veld lewer groot menere op. My Koedoe het al bietjie kondisie verloor as gevolg van die laat seisoen jag, maar ek is baie tevrede met hom. En toe skiet ek myself ‘n bietjie in die skuld in met my eerste Gemsbok wat net te lank gestaan het.
Mooi bokke daai, ek het nooit gedink ek sal n Gemsbok op n ander plek as in die Kalahari wil skiet nie maar die laaste tyd raak ek nogals erg lus vir een so in die bos
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Capt. Oblivious wrote:Mooi bokke daai, ek het nooit gedink ek sal n Gemsbok op n ander plek as in die Kalahari wil skiet nie maar die laaste tyd raak ek nogals erg lus vir een so in die bos
Ja dit was eintelik ‘n skok om die bok in die bosveld te sien, al die ander bokke smelt weg maar die Gemsbok staan uit in die Mopanie wêreld.