Ek het gister twee van my 4 vuurwapen lisensies hernu. Al die ou lisensies was geleentheids jag of geleentheids sportskiet gewees. Intussen het ek solank my toegewyde status aan die begin van die jaar gekry sodat ek nog n wapen of twee kan kry sou die geleentheid dit bied.
Ek het my hernuwing gedoen op die toegewyde status (endorssement van SA JAg en toegewyde status van hul) , maar toe se die DFO dit is n hernuwing van die geleentheids status en dus moes my stawende dokumentasie (briewe van boer etc wees) wat ek toe nie dadelik by my gehad het nie.
So lang storie kort: Was ek verkeerd om n geleentheids status lisensie te hernu onder toegewyde status?
Toegewyde of geleentheids lisensie?
- finch
- Sr. Member

- Posts: 458
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Toegewyde of geleentheids lisensie?
Nee, jou status het verander en selfs CFR weet dit. Ek kan nie sien hoe hulle kan weier nie. Jy is nie meer 'n geleentheidsjagter nie. Bel en praat met Petrus Swart by hoofkantoor of stuur hom 'n epos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Quicker
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Tue Jul 16, 2019 11:23 pm
Re: Toegewyde of geleentheids lisensie?
Ek het al dieselfde gesien gebeur met iemand by ons werk.
Het toegewyde status gekry en wou sy huidige pistool (S13) op S16 gooi en iets meer gepas/nuwer kry vir S13.
DFO het ook gese No-Go, S13 pistool moet eers van sy naam af en dan kan hy weer aansoek doen vir dieselfde pistool op S16.
Dit maak gladnie vir my sin nie...maar DFO het gese ‘stelsel’ laat dit nie toe nie.
Dis maar wat Ek al beleef het daar buite. Dis ook nou in die Republiek van díe Wes Kaap...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Het toegewyde status gekry en wou sy huidige pistool (S13) op S16 gooi en iets meer gepas/nuwer kry vir S13.
DFO het ook gese No-Go, S13 pistool moet eers van sy naam af en dan kan hy weer aansoek doen vir dieselfde pistool op S16.
Dit maak gladnie vir my sin nie...maar DFO het gese ‘stelsel’ laat dit nie toe nie.
Dis maar wat Ek al beleef het daar buite. Dis ook nou in die Republiek van díe Wes Kaap...
Sent from my iPhone using Tapatalk
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Toegewyde of geleentheids lisensie?
Stem saam. Finch jou DFO is verkeerd. Ek het die laaste jaar die bg 2 keer gedoen.tripodmvr wrote: Fri Aug 21, 2020 4:03 pm Nee, jou status het verander en selfs CFR weet dit. Ek kan nie sien hoe hulle kan weier nie. Jy is nie meer 'n geleentheidsjagter nie. Bel en praat met Petrus Swart by hoofkantoor of stuur hom 'n epos.
Beide was Art 15 wapens wat ek oorgesit het na A16 - Net my endossement en motivering hoekom nou A16. DFO en CFR het dit aanvaar. Let wel ek het en kon dit eers doen toe ek moes hernu. Andersins soos Quicker meld moes ek wapens van naam afhaal, so ent gewag vir hernuwing.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 458
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Toegewyde of geleentheids lisensie?
Ok so my fout was dan dat ek net hernuwing wou doen en ek moes eers moeite doen om van s15 na s16 oor te sit.
Die koel is elk geval nou deur die kerk. My hernuwing is in gedien, so sal maar oor twee jaar weer stoei wanneer volgende lisensie verval.
Die koel is elk geval nou deur die kerk. My hernuwing is in gedien, so sal maar oor twee jaar weer stoei wanneer volgende lisensie verval.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Toegewyde of geleentheids lisensie?
Leer ek nou iets nuut want ek het 2 wapens hernu maar nie na sport verander oor rede dat die DFO dalk net gaan omgekrap raak.
Sal vorentoe die wapens maar alles op sprot sit behalwe my S13, 9mm.
Sal vorentoe die wapens maar alles op sprot sit behalwe my S13, 9mm.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Toegewyde of geleentheids lisensie?
UPT DFO wou ook nie van my S15 na S16 aanvaar as hernuwing nie, wat ek toe doen is verandering in omstandighede, papiere ingevul en gewag, Nuwe lisensies baie later ontvang. Dalk help dit?