TRAIL KAMERA
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
TRAIL KAMERA
Ek wil graag weet of daar iemand is wat van "trail kamera's" gebruik maak om beweging van roofdiere te monitor te einde suksesvolle beheer toe te pas.
Ek sou graag wil weet of dit suksesvol is vir die doel en watter kamera's die beste waarde vir geld is.
Lukas

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas
Ek gebruik trail kameras (TK), maar hoofsaaklik by vleis (Bait) wat ek hang vir Luiperds, ek het al wel van die kameras by krippe opgesit om te sien wat alles daar kom water drink.
n Vriend van my het van die kameras geleen en by sy krippe opgesit, daar waar jakkalse kom drink het hy hulle gaan voorsit en nou al drie so geskiet.
Op die forums weet ek van Mac wat gebruik om die beweging van Rooikatte te monitor. Baie nuttige stukkkie tegnologie.
Ek gebruik Moultrie kameras, die met die "flash" in en het agtergekom dat dit GEEN effek op wild het nie. Die kameras is baie gebruikers vriendelik, en stoor fotos op SD kaarte wat maklik bekombaar is, en ook baie gebruikersvriendelik is. Deesdae het al wat laptop is al n SD kaart reader in. Net soos gewone digitale kameras het die TK ook verskillende grootte fotos wat hulle neem, ek gebruik kamers wat 4-5 MP fotos neem, hulle is heel goed genoeg met genoeg detail. Ek kan later n foto of twee opsit. Kyk ook na die flash range, 50-60 feet is good, anything less, NO good.
Van die nuwe TK het al n ingeboude screen waarop fotos sommer daar in die veld gekyk kan word. Hulle is bietjie duurder maar spaar baie moeites.
Die Cudeback modelle het die vinnigste reaksietyd, as die kamera vir n sekere tyd nie beweging optel nie, gaan dit in "sleepmode", as daar dan beweging is vat dit n paar sekondes om te ontwaak en n foto te neem. Die Cudeback modelle is BAIE duur en ook nie so gebruikersvriendelik soos die ander nie.
As jy nog iets wil weet, vra maar, ek sal probeer antw.
Mooi loop
Francois

Dankie, ek het so bietjie op die internet na die goed gekyk.
Vir my is dit bietjie duur maar ek dink dit kan dalk help om te weet wat op `n gegewe plek loop waar mens spore sien, maar nie seker is wat dit is. So ook as mens die tyd kan bepaal wat hy loop kan dit dalk baie help met nagjag.
Die reviews op die Moultry was nie altyd goed nie, veral wat batterye betref, as ek reg onthou.
Die met die flash in, is dit infrarooi. Gaan die Jakkals nie afgesit word deur die gewone flits.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas,
Ek kan niks meer doen as om FM se post te staaf, ek gebruik ook Moultree, en ek weet nie waar die batt. storie inkom nie, myne se batt. hou gemiddeld so maand, as hy nie te veel in daardie tyd werk nie,(Flash, wat IR is) dan kan dit tot 2 maande gaan. Een ding waarteen ek jou moet waarsku, hulle (Ons weet almal wie hulle is) het al 4 TC's by my gesteel, teen +/- R5000 raak dit nogal duur, ek het nou vir my 4 van die cheapie Cuddebacks bestel, kan hulle hier land vir omtrent R1600.
Jakkalse is nogal sku vir die goed, so weereens verwys ek na FM se post, plaas hulle ten minste 30 tot 50 voet van die teiken af, en nee, die flash pla hulle nie. Ek het twee Stealth TC's gebruik wat 'n wit flash het, en daar is geen verskil op die video mode op hom en die IR flash nie.
Skiet en verkoop 'n paar koedoes as jy moet om een of twee aan te skaf, maar vir my is die goed absoluut goud werd.
Cheers,

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: TRAIL KAMERA
Mac
Dit het vir my voorgekom of van die kameras groter batterye het of selfs eksterne batterye kan vat. Dit is dalk waaroor die klagte gegaan het. Ek raai nou ook maar.
Gebruik jy die kameras om beweging dop te hou met die doel om doeltreffend te beheer?
Ek is bly om te hoor dat die gewone flits nie `n verskil maak.
Waar koop jy.
Lukas
Dit het vir my voorgekom of van die kameras groter batterye het of selfs eksterne batterye kan vat. Dit is dalk waaroor die klagte gegaan het. Ek raai nou ook maar.
Gebruik jy die kameras om beweging dop te hou met die doel om doeltreffend te beheer?
Ek is bly om te hoor dat die gewone flits nie `n verskil maak.
Waar koop jy.
Lukas
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas
N paar fotos van my TK.

En dan n paar wat nie so algemeen voorkom nie.

As ek moet voorstel, flash van so 50-60 voet, kamera groote van so 3-4 Mpixils, jy het nie rerig al die grand goed soos ingeboude screen en, en ... nodig nie, sou ook se hou by die bekende make, Moultree, cuddeback en stealthcam.
Hoop jy kom reg, die drie wat nou nog in SA is was op special vir US$ 60.00, en n klient van n pel het hulle gebring, so hulle kos my nie eers R500.00 nie, as jy nie te haastig is nie, kan jy goedkoper wegkom.
Mooi loop
Francois
N paar fotos van my TK.

En dan n paar wat nie so algemeen voorkom nie.

My moultree's gebruik n 6 V battery, amper soos alarm battery, net kleiner, en ek het n klein solar pannel wat ek ook opkoppel, dan hou die battery omtrent vir altyd. Gewone D-cell batterye is wat my Cuddeback gebruik en op duracells, 6 va hulle kom ek n maand lank klaar. Die kameras kan stel hoe lank uit mekaar uit fotos moet geneem word, en ook hoeveel moet met een trigger geneem word. Pasop om die tye kort na mekaar te stel, jy gaan eindig met n 100 fotos van dieselle trop gemsbokke of so...Die reviews op die Moultry was nie altyd goed nie, veral wat batterye betref, as ek reg onthou.
Die Cuddeback fotos sal jy sien is S/W in die nag, hy het n infarooi flash, die moultree fotos is kleur in die nag, dit het n gewone wit lig flash. Ek kan ook net met Mac saamstem, dit hinder gladnie die diere nie, het n stel fotos waar die kat n uur en n half in die boom was, met fotos (2) wat elke 5 min geneem is, dit het hom glad nie gepla nie.Die met die flash in, is dit infrarooi. Gaan die Jakkals nie afgesit word deur die gewone flits.
Myne direk by Cabelas bestel, daar is nou weer drie van my in SA wat ek net n lift voor moet reel, baie, baie handige "tools" om te he, Cabelas het ook gedurig op special, ek kyk maar uit vir daai, gewoonlik die ouer modelle, maar niks mee verkeerd.Waar koop jy.
As ek moet voorstel, flash van so 50-60 voet, kamera groote van so 3-4 Mpixils, jy het nie rerig al die grand goed soos ingeboude screen en, en ... nodig nie, sou ook se hou by die bekende make, Moultree, cuddeback en stealthcam.
Hoop jy kom reg, die drie wat nou nog in SA is was op special vir US$ 60.00, en n klient van n pel het hulle gebring, so hulle kos my nie eers R500.00 nie, as jy nie te haastig is nie, kan jy goedkoper wegkom.
Mooi loop
Francois
- namhunt
- Sr. Member

- Posts: 387
- Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm
Re: TRAIL KAMERA
Francois
Waar in SA. Miskien kan ek jou help met lift.
Groete
Daan
Waar in SA. Miskien kan ek jou help met lift.
Groete
Daan
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas,
Myne kom met kliente in, maar die meeste boogskiet winkels hou hulle ook aan, en as jy direk uit die VSA bestel, passop vir die 100% duty wat hulle jou by die poskantoor kap, en dan nog 14% by. Een TC wat ek al baie probleme mee opgetel het was Bushnell, ek het 2 gekoop, en binne 2 weke al twee terug gestuur. Hou by Stealth, Cuddeback of Moultree en jy sal nie verkeerd gaan nie.
Soos JB se, jou flits afstand is 10 keer belangriker as die duidelikheid van die foto, 2 tot 4 Mp is voldoende.
Ek stel hokke en ysters op heelwat plase, en gebruik die kameras om die katte se roetes te bepaal. stell hulle in die kloofies en lope, dan sodra ek die roete bepaal, stel ek in daardie plek. werk soos 'n bom, en jy hoef nie 20 hokke op 'n moggetroffe wyse te stel nie. Ek het al jakalse opgeneem, maar hulle spore is so maklik om te kry dat ek maar eerder die kameras vir die katte gebruik.
Voorspoed, en laat weet maar as ek verder kan help.
Mac
Myne kom met kliente in, maar die meeste boogskiet winkels hou hulle ook aan, en as jy direk uit die VSA bestel, passop vir die 100% duty wat hulle jou by die poskantoor kap, en dan nog 14% by. Een TC wat ek al baie probleme mee opgetel het was Bushnell, ek het 2 gekoop, en binne 2 weke al twee terug gestuur. Hou by Stealth, Cuddeback of Moultree en jy sal nie verkeerd gaan nie.
Soos JB se, jou flits afstand is 10 keer belangriker as die duidelikheid van die foto, 2 tot 4 Mp is voldoende.
Ek stel hokke en ysters op heelwat plase, en gebruik die kameras om die katte se roetes te bepaal. stell hulle in die kloofies en lope, dan sodra ek die roete bepaal, stel ek in daardie plek. werk soos 'n bom, en jy hoef nie 20 hokke op 'n moggetroffe wyse te stel nie. Ek het al jakalse opgeneem, maar hulle spore is so maklik om te kry dat ek maar eerder die kameras vir die katte gebruik.
Voorspoed, en laat weet maar as ek verder kan help.
Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: TRAIL KAMERA
Dankie vir al die goeie inligting en foto's.
Ek sal bietjie die goed dophou en kyk wat ek kan kry. Ek wil dit vir katte gebruik asook jakkals.
Ek reken dit kan help as mens weet watter tyd die beweging is as jy in die nag wil jag, maw aand of oggend vroeg. Of is ek verkeerd?
Lukas
Ek sal bietjie die goed dophou en kyk wat ek kan kry. Ek wil dit vir katte gebruik asook jakkals.
Ek reken dit kan help as mens weet watter tyd die beweging is as jy in die nag wil jag, maw aand of oggend vroeg. Of is ek verkeerd?
Lukas
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas,
Jy is reg, die goed gee omtrent almal vir jou tyd, temp. barometrise lesings ens. So jy sal definitief 'n tyds patroon kan bepaal vir 'n gebied.
Mac
Jy is reg, die goed gee omtrent almal vir jou tyd, temp. barometrise lesings ens. So jy sal definitief 'n tyds patroon kan bepaal vir 'n gebied.
Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: TRAIL KAMERA
Francois
Mooi foto van gemsbokke. Dit lyk my ook die springbokke in suidwes eet uit voerbakke ook. Seker die dat hulle groter is.
Mac
Lyk my jy het ook heelwat ondervinding van die kameras.
As julle weer bestel laat weet miskien kan ons n bestelling opmaak en goedkoper kry.
Freddie

yol bolsun
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: TRAIL KAMERA
Almal
Hieronder deel uit n mail wat ek vir meerkat gestuur het vandag.
Laat hoor wie belangstel en ek sal vir ons n prys probeer bedwing.
Mooi loop
Francois
Hieronder deel uit n mail wat ek vir meerkat gestuur het vandag.
Ek glo ons sal daai US$ 99.99 model hier kan land vir so R1500.00, as daar manne is wat sou belangstel, laat weet dan kyk ek hoeveel belangstelling daar is en vra n quote by Cabelas op die shipping. UPS is BAIE duur maar die enigste shipping method wat gewaarborg is, die pakkie is dan ook binne 5 werksdae by jou. Gewone pos kan tot 8 weke neem, en daar is GEEN waarborg dat die pakkie by jou gaan uitkom nie.Kyk hier, dis dieselle as wat ek nou gekry het, maklik om te operate en jy sal aan die fotos op die forum sien dis glad nie sleg fotos nie.
http://www.cabelas.com/cabelas/en/templates/product/standard-item.jsp?_DARGS=/cabelas/en/common/catalog/item-link.jsp_A&_DAV=catfeatel&id=0046650417898a&navCount=0&podId=0046650&parentId=cat20098&masterpathid=&navAction=push&catalogCode=UK&rid=&parentType=index&indexId=cat601233
Jy kan ook na die ander make kyk
http://www.cabelas.com/cabelas/en/templates/index/index-display.jsp?id=cat20098&navAction=jump&cmCat=catfeatel
Die groot probleem met die goete is maar die shipping en inport, dit verdubbel gewoonlik die prys, as jy n pel het wat jag, laat van sy kliente hom inbring, dis n moerse ou omslommernis, maar spaar darem n paar RR.
Laat hoor wie belangstel en ek sal vir ons n prys probeer bedwing.
Mooi loop
Francois
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: TRAIL KAMERA
Ek het een van die d40`s gekoop op ebay. Prys was $89+26 posgeld. Sal kyk wat die poskantoor maak. Het al baie goed ingekry en nog nooit dubbeld belasting betaal. Gewontlik is dit net die BTW wat betaalbaar is.
Lukas
Lukas
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: TRAIL KAMERA
LMB
As die poskantoor reg tewerk gaan, sal jy invoer moet betaal, by my is dit 15%, op die waarde v/d pakkie, en dan VAT op die invoer bedrag. Maklike som by my is dan 16.5% op die waarde v/d pakkie.
Mac praat van 100% invoer, ek is seker dit was n fout, duurste invoer wat ek van weet is 75% op "OPTICS" Kameras, brille, teleskope, ens. Maar invoer persentasies mag verskil van land tot land.
Shipping by jou is gewone pos glo ek, US$ 26.00. UPS se kleinste prys is vir n pakkie 1kg en onder, en wissel van US$ 150-200, afhangend van waar in die states dit gepos word. n Foxpro wat per gewone pos aan my gestuur was het amper ses mnde later eers by my uitgekom nadat dit, weet nie waar orals in die wereld gaan draai het nie, daai skrik was vir my groot genoeg, waar ek kan gebruik ek maar UPS. Groot problem met gewone pos is daar is glad nie tracking beskikbaar nadat die pakkie weg is uit die USA nie.
Laat weet ons hoe lank jy moes wag voor jou pakkie hier was, en wat die poskantoor jou laat invoer betaal het. Wat darem al n keer of twee hier by my gebeur het is dat die "dame" by die poskantoor die $ teken vir n NAM dollar teken aansien, en het ek darem so bietjie ligter afgekom.

Ek moes ook al een maal `n paar maande wag, maar dit was omdat die pakkie verkeerd geadresseer was.
Dit vat gewoontlik so 3 weke, maar ek het al ondervind dat `n pakkie op `n Saterdag in die UK gepos was en die Donderdag het ek my pakkie gehad.
Die oomblik as die pakkie die land inkom kry ek die SA tracking nr. Dan kry ek darem gewoontlik die pakkie.
Sal laat weet as ek die pakkie kry.
Wat betref die reg werk van die poskantoor, as die pakkie reg GEMERK is, betaal jy nie eens BTW, laat ek dit liewers so stel dat ek al verskeie kere nie btw betaal het nie.
Lukas
Dit vat gewoontlik so 3 weke, maar ek het al ondervind dat `n pakkie op `n Saterdag in die UK gepos was en die Donderdag het ek my pakkie gehad.
Die oomblik as die pakkie die land inkom kry ek die SA tracking nr. Dan kry ek darem gewoontlik die pakkie.
Sal laat weet as ek die pakkie kry.
Wat betref die reg werk van die poskantoor, as die pakkie reg GEMERK is, betaal jy nie eens BTW, laat ek dit liewers so stel dat ek al verskeie kere nie btw betaal het nie.
Lukas
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: TRAIL KAMERA
FM,
Die 100% was nie 'n fout nie, net lawwigheid aan my kant, (Moes 'n smiley bygesit het) maar as jy die dag die pakkie gaan afhaal, en jy het 'n prys in jou kop, en vind jy dat dit veel meer is as wat jy gedink het, skrik jy nogal. Toe se ek maar 100% want dit voel maar partykeer so. Terloops, to my leupold hier aangekom het na herstel werk, wou hulle my 75% kap op die "insured value", toe kos dit mooi verduidelik, gelukkig was daar 'n brief van die manne daai kant om te se die herstel was verniet.
Mac.
Die 100% was nie 'n fout nie, net lawwigheid aan my kant, (Moes 'n smiley bygesit het) maar as jy die dag die pakkie gaan afhaal, en jy het 'n prys in jou kop, en vind jy dat dit veel meer is as wat jy gedink het, skrik jy nogal. Toe se ek maar 100% want dit voel maar partykeer so. Terloops, to my leupold hier aangekom het na herstel werk, wou hulle my 75% kap op die "insured value", toe kos dit mooi verduidelik, gelukkig was daar 'n brief van die manne daai kant om te se die herstel was verniet.
Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: TRAIL KAMERA
Francois,
Thanks,
Mac.
As daar wel belangstelling is, laat weet my, dalk val ek ook in vir een of twee, Cabelas het hoeka 'n 20%(Genuine hierdie keer) discount offer op alle bestellings oor 100USD.99.99 model hier kan land vir so R1500.00, as daar manne is wat sou belangstel, laat weet
Thanks,
Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Avibus
Re: TRAIL KAMERA
Manne
Ek stel ook belang in een van die kameras. Is die goed darem "durarble" en is die verskaffer betroubaar . Jammer ek is 'n leek op die gebied, maar hierdie tegnologie besef ek is van onskatbare waarde, een wil maar net 'n "calculated tisk" neem.
Die afgelope tyd het ek begin lees oor die kameras en ek dink dit kan die visuele bestuur van 'n man se grond vergemaklik as jy weet waar willie wouter in die nag rond sluip.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: TRAIL KAMERA
Hier is ouens in SA wat kan voorsien - volgens web adresse ?
http://www.wantitall.co.za/Moultrie-Game-Spy-I-60-Infrared-Flash-Game-Camera-with-Built-In-Viewer__B0010ER8JG
http://www.wantitall.co.za/Moultrie-GameSpy-I40-IR-Digital-Game-Camera-Combo-w-free-1GB-SD-Memory-Card__B002D2XAUU

Last edited by Yalair on Thu Dec 03, 2009 4:00 pm, edited 1 time in total.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: TRAIL KAMERA
Ek het toe darem vandag my kamera gekry. Moes toe R189 by die poskantoor betaal. Moet nou nog memory kaart ook kry
Lukas
Lukas
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas
Laat weet bietjie oor die kwaliteit van foto's en die model.
Sien die reviews veskil soos dag en nag
Het jy idee wat memory kaart vir die kameras kos?
Lyk my een van die dae kan daar 'n foto gallery wees van die tyd met laaste maal.
Knou goggas af
MEERKAT
Laat weet bietjie oor die kwaliteit van foto's en die model.
Sien die reviews veskil soos dag en nag
Het jy idee wat memory kaart vir die kameras kos?
Lyk my een van die dae kan daar 'n foto gallery wees van die tyd met laaste maal.
Knou goggas af
MEERKAT
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: TRAIL KAMERA
Meerkat
Ek sal laat weet van die fotos. Sal sommer die naweek op die honde toets. Ek het die kwaliteit op die laagste gestel vir eers. Die kamera is die Moultry d40. Ek het op maar op die manne van die forum, se aanbeveling gegaan en die goedkoopste wat ek kon kry met redelike kwaliteit gevat.
Ek het `n vermoede die memory kaart is so rondom R200+. Ek het `n kleintjie vandag by die kinders gekry om mee te begin.

Woensdag het ek die Kamera by 'n Krip opgestel. Ons het so 1 km daarvandaan 'n spoor gesien in 'n voetpad wat in die rigting beweeg.
Ons kon geen spoor by die krip kry nie. Het vandag die fotos gekry en nog steeds geen spoor opgemerk.

Lukas
Ons kon geen spoor by die krip kry nie. Het vandag die fotos gekry en nog steeds geen spoor opgemerk.

Lukas
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: TRAIL KAMERA
Lukas
Briljant, nou weet jy jou jakkals suip vroe aan EN vroeg oggend............
Mooi looop

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: TRAIL KAMERA
............................as daai kamera nou net met 'n roer toegerus was.......................
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.