Springbok jag met .300 WinMag

Post Reply
User avatar
BarkVallas
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sun Dec 11, 2011 8:52 am

Springbok jag met .300 WinMag

Post by BarkVallas »

Naandse al die wyse manne van die Boere Skietwereld (en die paar Spekskieters onder ons)

Soos paar van julle moontlik gesien het uit 'n vorige post van my, ek het 'n nuwe .300 WinMag en gaan in Januarie paar springbokke gaan omdop op die familie plaas in die karoo. Nou ek wil graag bietjie advies inwin:

Ek weet die .300 WM is effe groot vir Springbokke, maar my volgende kettie (mees waarskynlik 'n .243) le nog iewers in een of ander geweer winkel, so die .300 sal moet volstaan. As die afstand begin wyd raak en man nou nie meer 'n kopskoot kan slaan nie, watse gewig punt sal julle manne aanraai om hom op die knoppe te skiet? Ek bedoel so dat man darem nou nog bietjie biltong oorhou. Of sou julle reken ou moet lyfskote op 'n Springbok vermy met die .300?

Groete en lekker aand!
Bark
BarkVallas

Sako .300 WinMag Hunter 85
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Springbok jag met .300 WinMag

Post by Dawid »

BV, ek kannie fout sien as jy met die 300 kopskote skiet nie maar beslis nie op die knoppe nie dan glo ek gaan jy albei blaaie flardes ruk, net agter die blad, ja daar sal dit mooi werk.

Ek glo Blok is die aangewese persoon om raad by te kry hy`s mos n 300 man.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Springbok jag met .300 WinMag

Post by Monrique (SJ) »

Bark

Ek stem saam met vrind Dawid, vat maar vir springbok se kjind net agter die blad met n goeie koeel in die omgewing van 180gr sou ek reken!

Geniet dit


Groetnis
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Springbok jag met .300 WinMag

Post by ThinusS »

Bark

Soos Dawid s?, skiet eerder net agter die blad, dit gee jou 'n skoon longskoot en al wat jy kan verloor is ribbes.
Ek skiet heelwat springbokke met die .300 win mag ek gebruik 180 gr Barnes-TSX en Hornady Interlock, maar skiet meestal met die Hornadys (Barnes is duur as jy baie skiet) die Barnes TSX veroorsaak wel minder vleisskade.
Die afstand waarop jy skiet het ook 'n groot invloed, van 200 m af neem die vleisskade merkbaar af selfs met konvensionele koe?ls.

Groete
Thinus 
Danie Lombard .243

Re: Springbok jag met .300 WinMag

Post by Danie Lombard .243 »

Die tyd toe my .243 in was vir herloop moes ek my .300 WM gebruik hier op die plaas vir jakke, katte en springbokke. Het 165gr Sierra Game King gebruik teen by die 3400 fps. Glad nie 'n goeie idee gewees om 'n springbok op die lyf te skiet met die punt-kaliber kombinasie nie. Die springbok wat ek met die geskiet het was in flarde.

Op die jakke en katte het hul mooi gewerk. Kop skote op springbokke was 'n wenner maar nie vir lyf nie. Het toe vir 'n toets 155gr Sierra Match King gelaai vir 'n    op die lyf by springbokke skoot. Dit was 'n groot sukses gewees. Effe bloed swam skade, nie te erg nie.

Enige punt skiet vir springbok onderste bo, SOLANK dit 'n long skoot is.

Volgens my mors mens om 'n springbok 'n lyf skoot te gee, die goed is maar klein en as die skoot 'n knerts te hoog loop is daar bloed swam vleis skade aan die voor punte van die rug filette, so aan die voor punte. Tog is dit nie altyd moontlik om 'n springbok 'n brein skoot te gee nie. Met 'n lyf skoot is 'n springbok maar vol piep maar gee die ou 'n swak kop skoot soos bv. 'n bek skoot of laag deur die kakebeen en dit is 'n ander storie. 'n Bek kwes skoot op springbok kan jou besig hou.

Die vorige manne gee jou goeie raad, gebruik 'n harde punt vir long skote. Kyk ook gerus na Impala se 130gr punte in .30 kal.
User avatar
BarkVallas
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sun Dec 11, 2011 8:52 am

Re: Springbok jag met .300 WinMag

Post by BarkVallas »

Dankie menere - baie goeie raad wat julle verskaf het.

Nou die jackpot vraag - die Barnes TSX 180 gr - as 'n man net agter die blad gooi - hoe groot is die bloedswam?

Groetnis
BarkVallas

Sako .300 WinMag Hunter 85
Post Reply