Page 1 of 1

Twee broers kom jag saam

Posted: Fri Jul 24, 2020 4:58 am
by Gerhard
Ek het gister die geleentheid gehaad om met twee broers blesbok op die voet te jag.

Ons moes bietjie werk om skoot te kry maar dinge het mooi uit gewerk en hulle skote het mooi geloop...

https://youtu.be/rPmkK3QhSAA


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Fri Jul 24, 2020 9:30 am
by win270
Netjies geskiet. Ek sit en trek die skoot al af hier op my stoel, maar die manne mik nog, lyk dit my. ;D

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Fri Jul 24, 2020 9:42 am
by andre007
Mooi geskiet. Hier by ons is die Blessies nie so mak nie ;-)

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Fri Jul 24, 2020 7:10 pm
by Gerhard
Dankie vir die opmerkings...

Doen my asb groot guns en gaan comment op die videos,
Dit help baie met die algoritme om die videos meer te versprei.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Fri Jul 24, 2020 9:00 pm
by tripodmvr
win270 wrote: Fri Jul 24, 2020 9:30 am Netjies geskiet. Ek sit en trek die skoot al af hier op my stoel, maar die manne mik nog, lyk dit my. ;D
Ek is ook een wat relatief vinnig aanlê en skiet. Nes jy probeer ek ook help snellertrek.

Gaan kyk na Geno se videos en jy kry nie tyd om angstig te word nie.

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Sat Jul 25, 2020 12:58 am
by Gerhard
Onthou dis di jong manne se tweede of derde bok.

Dan gee jy hulle genoeg tyd om alles dood seker te maak in plaas van vinnig skiet en kwes omdat daar druk is om gou te moet skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Sat Jul 25, 2020 6:55 am
by Apie
Gerhard wrote:Onthou dis di jong manne se tweede of derde bok.

Dan gee jy hulle genoeg tyd om alles dood seker te maak in plaas van vinnig skiet en kwes omdat daar druk is om gou te moet skiet.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Gerhard

Jou manier van werk met die jong en onervare jagters staan uit.

Daar is niks wat jag bederf soos ‘n 1ste jag kwesbok nie.

Hou so aan!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Sat Jul 25, 2020 8:04 am
by win270
Absoluut geen kritiek teen die wyse waarop Gerhard die jagters hanteer nie, om die waarheid te sê, baie lofwaardig.

Vinniger skiet is maar net in my geaardheid en ja, die vaardigheid word aangeleer oor tyd heen.

Re: Twee broers kom jag saam

Posted: Sat Jul 25, 2020 7:13 pm
by Gerhard
Baie dankie vir die opmerkings manne, dis vir my voorreg om met jong jagters in die veld te kan werk en te probeer om n goeie jag fondasie te le vir elke jagter...


Sent from my iPhone using Tapatalk