Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Vir wat is hier so min posts op die boog jag afdeling? Ek is ongeveer elke 2de uur op jaracal met die selfoon net om te kyk of daar al weer iets by "boog jag" is! Lees graag die ander afdelings maar die boog jag gogga het lelik gebyt! Hehe ! Sal graag meer wil sien ! Soos ek s? , dit is maar net n vraag.
Jaco
Ja ek woon in Kathu, was daardie dag saam Francios by die skiet baan toe jy die dop uit sy geweer gehaal het, ek het al gehoor van die boog klub en ken so 2 manne wat aan hom behoort maar nog nie self met die voorsitter gepraat nie, sal vroeg volgende jaar as hulle weer oop maak aan sluit!
Herra, die manne rus nou. Jy sal sien, almal begin weer oefen in die nuwe jaar vir die jag seisoen, en dan is daar in die jag seisoen al die nice stories. Elke maandag omtrent post iemand.
Ek is baie bly jy is hier, want ons is maar paar min manne.
Is daar enige iets waarmee ons kan help? Jy kan my gerus kontak by nul 8 twee, vier vyf 7 vyf 8 dubbel 9.
SV
Dankie ek is bly om hier te wees, mense soos Gerhard het my al reeds baie gehelp maar sal skree as daar iets is, maar moet vir jou s? , daardie is seker die snaakste manier wat ek al ooit gesien het hoe iemand n nommer skryf!