Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post Reply
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Ds J »

Goeienaand Mense,

Einde laasweek was daar n pakkie vir my in die pos ... 'n Schmidt & Bender 6x42 wat alecjohnson gratis aangestuur het! Dankie Alec!

Stap twee is dus om die teleskoop te monteer, toe ek met n groot ontsteltenis vasstel dat die S&B teleskoop 'n 26mm (!!!) buis het.

My geweer is n 1968-model BRNO ZKK601 in 308, en my ringe is die standaard 25mm staaltipe van Thor.

Het enigiemand goeie raad met my penarie, of moet ek uit die staanspoor ander ringe aanskaf?

Ek ken n goeie draaier - kan ek die kans vat om hulle tot op 26mm te laat oopsny?
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by J le Roux »

.
Last edited by J le Roux on Tue Jun 16, 2020 6:57 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by jdpretorius »

Ds J, as jy vasbrand met die 25 mm ringe, kan Erhard van Thor jou nie dalk help nie ?....hulle het mos die masjiene. Anders, wat van 'n "lapping" kit ?
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by J le Roux »

More DsJ

Probeer normale 1 duim ringe. Dit mag dalk nodig wees om die ringe te lap, maar gewoonlik nie.

Indien jy sukkel sal ek graag die probleem hy jou oorvat, ek betaal sommer posgeld ook ;).
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
dennisinpe
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by dennisinpe »

Thor het 26mm studtipe ringe wat ek moes op settle vir 26mm Kahles.
Warne het slegs 25.4mm cz ringe.
As jy manier kan vind om dit te lap of ream gaan ek jou voorbeeld volg. Sal volg.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3612
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Fanta300 »

Ek lees op ‘n ander forum dat Optilock ringe werk in hierdie omstandighede.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Cbird »

More ek sou n 26mm shaft laat draai en die ringe probeer lap dan weet jy sommer hulle is reg, jy moet net geduldig wees met die proses.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Alwin »

Ds.J.

Die standaard 1" ringe is 25,4mm, dus moet jy net 0,6mm groter gaan, 0,3mm aan weerskante.
As jy 'n 1" pyp vat en 0,3mm dik skuurpapier daarom draai, dan kan jy die ringe uitskuur. Mens skuur net die kante, bo en onder is nie nodig nie (op horisontaal gesplete ringe soos Thor s'n).

Ek sal ook graag die lastige 26mm teleskoop oorneem! Het toevallig 'n stel monterings vir 26mm... ;D
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Ds J »

Hoe groot is die kans om skade te maak as ek dit "sommer self" doen?

Daar is goeie rede vir my vraag: onkundige mense het al genoeg skade aan gewere gemaak met "ek sal sommer self".
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13529
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Capt. Yoda »

Lap die ringe met n stuk 26mm bar tot hulle pas, soos Alwin se dit is maar 0.3mm per kant en heel moontlik nog minder agv toleransies van die vervaardiger.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Martin Marais »

Ds J
Die klein stukkie gereedskap wat motorwerktuigkundiges gebruik om brieksilinders mee te "Hone" werk baie mooi.

Groete.
User avatar
Schalk van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 341
Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Schalk van Wyk »

Jy kan meer as nodig materiaal weg vat en dan die ringe “pak”.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Schmidt & Bender met 26mm buis - hoe nou?

Post by Ds J »

Schalk van Wyk wrote: Fri Jun 19, 2020 7:32 pm Jy kan meer as nodig materiaal weg vat en dan die ringe “pak”.
Die Thor ringe is reeds redelik dun, maar van goeie staal. In totaal behoort 0.5mm goed genoeg te wees.
Post Reply