Page 1 of 1
Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Mon Jun 08, 2020 8:39 pm
by JDKey
Naand,
Het laasweek bietjie gaan skiet met my 30-06 om die nuwe scope te zero.
Skiet toe drie skote met S & B gekoopte ammo (150gr)
Wou die skoon loop “foul” en wou nie my barnes onnodig uitskiet nie.
Toe ek die derde skoot skiet toe trek die rook behoorlik uit my kamer voor ek die slot oopmaak.
Met die uithaal van die dop sien ek toe die gat in die primer. Die vorige twee doppe se primers was ook baie plat met verdere inspeksie.
Ek het daarna nog drie skote met my selfgelaaide rontes geskiet sonder enige druk tekens. (Barnes 180gr)
Wat kon gebeur het? Druk?
Olie in slot na die skoonmaak?

Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Mon Jun 08, 2020 8:50 pm
by tripodmvr
Ek het dieselfde met PMP 55gr FMJ in my Howa gekry. Druk was hoër synde spoed met 80vps meer was as my herlaaide ammunisie.
Dit word ook veroorsaak deur 'n swak slagpenveer. Maak maar jou slot skoon.
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Mon Jun 08, 2020 8:54 pm
by Capt. Yoda
Kan die headspace van die dop ook wees, skouer is “te ver” terug nou druk die primer uit agter toe as alles uit sit en pierce dan.
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Mon Jun 08, 2020 8:59 pm
by Vissie
Ek het dieselfde ervaar met my 6.5 Grendel op ladings wat nie naastenby maksimum druk was nie.
Industrie maat het my vertel dat S&B primers bekend daarvoor is om “sag” te wees. Al die somme oorgemaak met CCI primers en die probleem het verdwyn.
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Mon Jun 08, 2020 9:06 pm
by JDKey
Nou die volgende vraag is kan dit skade veroorsaak?
Nie dat ek verder met hulle gaan skiet nie...
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Mon Jun 08, 2020 9:28 pm
by Capt. Yoda
Ja dit kan jou boltface kraters in brand
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Tue Jun 09, 2020 8:18 am
by Armand Steenkamp
Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 08, 2020 8:54 pm
Kan die headspace van die dop ook wees, skouer is “te ver” terug nou druk die primer uit agter toe as alles uit sit en pierce dan.
Ek is 100% saam met kaptein op die een. Daai doppe is bietjie klein. Doppe se skouers is bietjie te ver terug.
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Tue Jun 09, 2020 9:04 am
by wynis
Jean. Jy trek jou sneller te hard my maat!
Op ‘n ander noot. Die ander patrone het perfek gewerk. Ek dink ook die probleem lê met die S&B ammo.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Tue Jun 09, 2020 9:45 am
by JDKey
wynis wrote: Tue Jun 09, 2020 9:04 am
Jean. Jy trek jou sneller te hard my maat!
Op ‘n ander noot. Die ander patrone het perfek gewerk. Ek dink ook die probleem lê met die S&B ammo.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy wil nie dalk n paar S & B rontes hê nie?
Nou moet ons net die teleskoop op die 243 donderdag uitsorteer. Dan is ons reg vir die jag...
Re: Gat in primer: fabrieks ammo
Posted: Tue Jun 09, 2020 9:58 am
by wynis
JDKey wrote:wynis wrote: Tue Jun 09, 2020 9:04 am
Jean. Jy trek jou sneller te hard my maat!
Op ‘n ander noot. Die ander patrone het perfek gewerk. Ek dink ook die probleem lê met die S&B ammo.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy wil nie dalk n paar S & B rontes hê nie?
Nou moet ons net die teleskoop op die 243 donderdag uitsorteer. Dan is ons reg vir die jag...
Ja ons kan seker probeer om in my 7X57 inwurg

Sien Donderdag
Sent from my iPhone using Tapatalk