Het laasweek bietjie gaan skiet met my 30-06 om die nuwe scope te zero.
Skiet toe drie skote met S & B gekoopte ammo (150gr)
Wou die skoon loop “foul” en wou nie my barnes onnodig uitskiet nie.
Toe ek die derde skoot skiet toe trek die rook behoorlik uit my kamer voor ek die slot oopmaak.
Met die uithaal van die dop sien ek toe die gat in die primer. Die vorige twee doppe se primers was ook baie plat met verdere inspeksie.
Ek het daarna nog drie skote met my selfgelaaide rontes geskiet sonder enige druk tekens. (Barnes 180gr)
Wat kon gebeur het? Druk?
Olie in slot na die skoonmaak?





