Goeie more kêrels
Eerstens, mag jul n baie geseende Hemelsvaart dag ervaar vandag!
Dan, ek benodig so bietjie hulp met die volgende roer. Ek het hom aan n pel verkoop en probeer nou vir hom 'n gesonde lading kry.
Rifle: Musgrave K98
Calibre: .270AI
Bullet: 130gr Nosler BT
Case: Nosler
Case capacity: 73.9gr
Max TPL: 85.8mm
Propellant & batch: IMR4350
Primer: CCI 200
Barrel length: 613mm
Twist rate: 1-10
Propellant gr: 53gr
TPL: 84mm
Speed 1: 2891
Speed 2: 2898
Speed 3: 2899
Average: 2896
Die groepie wat boonste drie geskiet het was net-net onder 'n duim, met 'n vertikale verspreiding.
By voorbaat dankie aan die slim manne, ek wag by die radio.
Dirk van Heerden
270AI Hulp gevra
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
270AI Hulp gevra
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: 270AI Hulp gevra
100m teiken
Chrony 5m voor kroon
Geskiet met demper

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 270AI Hulp gevra
Daardie lading is prakties op die hoogste node bereikbaar en het dit sommer gewys op die teiken. Die volgende hoër node is oor maks druk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: 270AI Hulp gevra
Dankie Oom 3Beentripodmvr wrote: Thu May 21, 2020 9:24 am Daardie lading is prakties op die hoogste node bereikbaar en het dit sommer gewys op die teiken. Die volgende hoër node is oor maks druk.
Sou oom voorstel ek speel nou net met seating diepte om groepie kleiner te kry, of los ek hom so vir 'n jag geweer?
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 270AI Hulp gevra
Mens kan sekerlik speel met TPL, maar dit kan ook skiettegniek wees. Ek sou eers die ladings met 0,2gr op en afwaarts verstel en sien watter effek dit het alvorens ek die TPL sou verstel. QL is naby met sy voorspellings, maar prakties toon gewere soms geringe afwykings.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: 270AI Hulp gevra
Dankie Oomtripodmvr wrote: Thu May 21, 2020 11:30 am Mens kan sekerlik speel met TPL, maar dit kan ook skiettegniek wees. Ek sou eers die ladings met 0,2gr op en afwaarts verstel en sien watter effek dit het alvorens ek die TPL sou verstel. QL is naby met sy voorspellings, maar prakties toon gewere soms geringe afwykings.
Het toe besluit om die rondtes net so te laai, aangesien my vriend se skietvernuf en die 6x40 teleskoop nie die moeite om 'n beter lading as 1MOA te ontwikkel regverdig nie.
Dankie vir die insig en advies
Dirk
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 270AI Hulp gevra
Ek stem. Ons is nou al so gewoond aan al die super-dooper telskope. Vir 'n 6x is dit goed geskiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br