243 AI
-
Herold
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu May 14, 2020 9:13 pm
243 AI
Goeie naand baie dankie vir die aanvaar, ek skiet n 243 ai remington 700 ek het n nuwe loop op gesit 1-10 twist 22 duim ek skiet op die oomblik 75gr v max punte met S361 kruit met n lading van 50.2 grein kruit. Ek pak nou n nuwe projek vir my aan en wil graag by julle hoor vir inligting ek gaan oor na VihtaVuori N550 ek wil met magnum primers bly skiet (CCI250) ek gebruik Norma doppe en skakel oor na 87gr vmax punte toe. Waarmee kan ek begin op my ladings met die warm primers wat veilig sal wees en resultate kan kry ek wil graag 3300 fps skiet.
Groete Herold
Groete Herold
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 AI
Die warmer slagdop kan miskien selfs die teenoorgestelde effek hê as wat jy verwag. Ek dink as jy so 3 skote met 40gr skiet kan dit genoeg inligting gee om 'n akkurate lading te ontwerp. Ek weet nie hoeveel kennis jy oor Quick Load en OBT het nie, maar dit help om gou by akkurate nodes uit te kom.
Ek dink jy is baie optimisties om by 3300vps met die 87gr Vmax in die 22 dui loop te kan skiet. Kom ons kyk wat met 40gr gebeur.
Ek dink jy is baie optimisties om by 3300vps met die 87gr Vmax in die 22 dui loop te kan skiet. Kom ons kyk wat met 40gr gebeur.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Herold
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu May 14, 2020 9:13 pm
Re: 243 AI
Goeie middag ek het toe op die ou einde cci 200 gelaai ek gaan eerder vas staan op my 75gr vmaxe ek het vandag gaan ladings skiet, met 44 gr 44.5 gr 45 gr. 45.5 gr en 46 gr my COL is 69mm my TPL maak ek 68mm nie een van hulle wou eers n bietjie werk nie ek skiet op 200m ek soek iemamd met quick load ek het dit nie en weet nie hoe dit werk nie maar hoor bitter goeie resultate
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 AI
Sê net waarmee jy die spoed gemeet het. Chrony op 5m van loop se punt of MS of Labradar.
Kaliber ------------
Koeel --------------
Koeel gewig ---------
Maak Dop -----------
H2o dop -----------
Slagdop -------------
TPL soos geskiet -------------
Magasyn kas Lengte ----------
Loop Lengte soos gemeet --------
Kruit ---------
Lading 1 Spoed --------
Lading2 Spoed -------
Kaliber ------------
Koeel --------------
Koeel gewig ---------
Maak Dop -----------
H2o dop -----------
Slagdop -------------
TPL soos geskiet -------------
Magasyn kas Lengte ----------
Loop Lengte soos gemeet --------
Kruit ---------
Lading 1 Spoed --------
Lading2 Spoed -------
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Herold
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu May 14, 2020 9:13 pm
Re: 243 AI
243 AI Remington 700 VLS
Loop lengte is 22.4409 inches
75 gr vmax Hornady
Doppe Norma
Kamer lengte is 69mm
Geskiet vandag op 68mm (1mm Jump)
Volume in H20 is 5 gram dit werk yt op 77.16 gr en 5 ml
Spoed kon ek nie vat nie die chronograph het gesukkel vandag een van my vriende het een wat ek maandag sal gebruik.
Baie dankie
VihtaVuori N550
Primers CCI 200

En n 1-10 twist loop baie dankie
-
Herold
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu May 14, 2020 9:13 pm
Re: 243 AI
(Hy is 4 ml askies ek het verkeerd gemeet nou weer seker gemaak 61.729 grein)
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 AI
Die volume deur QL verskaf is 57gr. Weeg jou gevuurde dop, vul met water gelyk met bek en weeg weer.
Ek wil aanbeveel dat jy die TPL 67mm maak. Die nek het dan beter greep op die koeël en kan dit ook beter belyn. Met 55gr koeëls skiet ek op 65mm.
Stel die chrony 5m weg van die loop se punt op.
Skiet jou groepe op 100m. Die wind het dan geen of baie min effek. Na jy jou lading ontwikkel het kan jy toets op 200 en selfs 300 as die wind stil is.
Ek wil aanbeveel dat jy die TPL 67mm maak. Die nek het dan beter greep op die koeël en kan dit ook beter belyn. Met 55gr koeëls skiet ek op 65mm.
Stel die chrony 5m weg van die loop se punt op.
Skiet jou groepe op 100m. Die wind het dan geen of baie min effek. Na jy jou lading ontwikkel het kan jy toets op 200 en selfs 300 as die wind stil is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Herold
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu May 14, 2020 9:13 pm
Re: 243 AI
My doppie gevuur is 11 gram as ek hom vul met water dan is hy 15 gram ek tel ook af op n inspuiting se aanwysers en dit bly 4ml ek sal n naald op sit en dan so kyk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 243 AI
Het jy nie 'n skaal wat in grein weeg nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Herold
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Thu May 14, 2020 9:13 pm
Re: 243 AI
As ek my dop weeg in grein en dan water by voeg werk hy presies yt op (57grein) ek laai met n layman pro 1000 skaal, daardie program was hele mal reg dop gewig is 172.5 en met water werk hy yt 229.5