Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

mapstieks
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sat Aug 24, 2019 10:51 am

Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by mapstieks »

Middag lede

Ek beplan om na lockdown my eerste jaggeweer te koop. Ek bly in die Vrystaat en het nog net suid van Bloemfontein gejag: springbok, blesbok, ribbok, rooibok en hartebees, maar altyd met vriende se geweer. Van .222, 7mm Magnum, 7x57, tot 30-06, waarvan die 222 heerlik op Springbokke gewerk het, en ek nie mal was oor die 30-06 nie. Verste afstand +/- 300m.

Aangesien ek waarskynlik nooit groter/gevaarliker as koedoe/waterbok/hartebees sal skiet nie, voel ek dat die 6.5 ideaal is. Ek het 'n seun van 9 wat ook sal skiet, en ek self skiet konstant netjies waar ek minder terugskop ervaar, vandaar die soeke na 'n ligter kaliber.

Begroting is tot R15k (teleskoop uitgesluit). Ek het reeds geteken vir 'n 2de handse 3-12X50 Zeiss Duralyt. My kortlysie, met motivering, is:

1. 6.5 SM. Ammunisie beter beskikbaar as CM. (In Bloemfontein in elk geval). Ek kan 'n Howa koop vir <R8k. Ek hou van die geskiedenis en reputasie van die kaliber, maar dit behoort seker nie veel gewig te dra in my besluit nie. Ek verstaan dat 'n 140gr koeël teen 2600/2700fps baie effektief is uit die kaliber se loop. Die SM kan blykbaar selfs swaarder gaan.

2. 308 Howa maar met 20" fluted heavy barrel en suppressor. Ek voel dat die 6.5 met 143gr koeëls baie naby gaan kom aan die 308 met 150gr. Prys hier is onder R9k.

3. 6.5 Creedmoor. My verstand en vriende wat dit reeds het, sê dis die een, maar ek skop daarteen want almal koop nou dit (Ek het so 'n persoonlikheidsdefek).

4. 260 Remington, maar gewere is skaars en duurder. So-ook met 7x57 en 7mm-08, wat dalk my eerste keuse sou wees as dit meer volop en bekostigbaar was .

5. 243 Enigste rede vir die lys, is prys en beskikbaarheid. In ons jaggroepie, is die 243 die een at die meeste vleis moet afsny, en dit is dalk te lig vir enigiets groter as rooibok. Voordeel is die heerlike plat trajek en amper geen terugskop.

Ek verstaan dat rakammunisie redelik beskikbaar is vir al bg (met uitsondering van dalk die 260R). Ek sal self laai, maar sal begin met goeie rakammunisie.

Ek sal 2de hands ook koop (as iemand van iets weet), maar is gewaarsku teen 308 en 6.5 CM wat dalk baie tyd op die baan spandeer het en reeds baie rondtes afgevuur het.

Enige insette is welkom ter stawing of tot die teendeel van my keuse.

Groete,
Andre
Isoleer is die beste geweer
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Armand Steenkamp »

Andre, ek het heelwat kalibers en ek het heelwat kalibers al verkoop ook. Ek het onderandere n Howa6.5x55. Ek het hom later laat ackley. Ek dink dit is n baie leker kaliber vir wat jy met hom wil maak. In my geval wou ek n effe warm 6.5 gehad het. Maar die 6.5x55 howa kan n 140gr pit teen 2700 en n 120gr pit teen 2900fps skiet wat lekker plat skiet in die ooptes.
As jy gaan herlaai kan jy na die creedmoor ook kyk, in die howas kry jy hom in n dukloop waar jou loop effe stywer is en veronderstel is om beter akkuraathyd te ge. Maar ek dink wel vir jou doel gaan die howa 6.5x55 perfek wees. Sit hom n lekker boyds kolf op en jy het n wenner.

Goetnis
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Supacow »

Goeie keuse. Die Sweed is basies n Europese 270
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
EdwinH
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue Apr 07, 2020 8:43 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by EdwinH »

Andre

Ek is nog baie nat agter die ore as dit by tegniese info kom met die verskillende gewere. Ek het met n .303 begin so 4 jaar terug en n baie goeie vriend van my het klomp verskillende kalibers. Ek het met sy howa 6.5 x 55 op die baan paar keer geskiet en wat n geweer.
Ek het toe einde 2018 vir my ook een gekoop. Lisensie middel 2019 gekry en man is ek gelukkig met die 6.5 x 55.
Ons is besig om te begin oefen vir langer afstande. Is nog in die begin fase. Oefen nou op 400m en ek moet se hy is doodelik akuraat.

Ek het ook n knaaldemper op myne gesit en ek moet jou sê jou seun sal lekker met hom skiet. Recoil is minimaal.

Ek dink nie jy sal spuit wees nie.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Lategan1 »

Andre,

‘Maar ek dink wel vir jou doel gaan die howa 6.5x55 perfek wees. Sit hom n lekker boyds kolf op en jy het n wenner.’ Armand se kommentaar.

Ditto. Jy gaan baie opinies kry, maar hiermee met standaard gewere, kalibers en rak ammunisie as basis.

Jy het meeste van die goeie redes self genoem, terugskop - seun wil skiet - wild keuse - vleisskade en die oorwegende area waar jy jag. Ek jag met feiltlik al die kaibers wat jy hier meld. Het begin met .308 en .243. en tot swaar en magnum kalibers. My beste prooi vir die pot is die wat my skouer die minste pla. Ek is ‘n groterige man, geen huiwering met terugpraat kalbers nie, maar in die veld sit ons weinig in ‘n ideale posisie.

My 2c.
As jy ‘n .30 wil koop, gaan vir .308;
As 7x57 jou keuse is in die vlaktes, moet jy die regte kruishaar hê en hom goed ken;
As jy gaan v d 6.5x55mm, ek deel toevallig jou sentiment hier, soek rak ammo tussen ongeveer 139-143gr wat die akuraatste skiet uit jou geweer en hou daarby. Die .260 kan ook goeie keuse wees. (kort aksie soos .308) Ek sal tussen die twee besluit met in ag neming van beskikbaarheid van die grein wat jy wil skiet.

Wanneer jy eendag herlaai is die keuses oop vir jou, die 125gr partition @ 2900 bes moontlik die een van die betere keuse in die vlaktes vir jag. Met 140gr dalk net tot kudu koeie, hier is dalk jou grootste uitdaging tussen .260 of 6.5x55.

Indien jy Howa 6.5x55 gaan, bevestig net of loop 1:8 of 1:9 is. Die 1:9 in 6.5x55 skiet feitlik dieselfde maks grein as die .260. Jy benodig 1:8 as jy 150-160 gr wil skiet.

Geniet dit.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Lategan1 »

O ja, die 20” loop maak nie vir my sin nie.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by bobby »

i'd rather get the tikka t3 rifle in 6,5x55 , picking a calibre or rifle is like picking a wife , get the one you want or you never going to be happy 8)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Armand Steenkamp »

Ok so n paar jaar terug sou ek nou baie met Bobby verskil het. Ek besit 4Howas. Ek het n Tikka ook. As jy die Tikka kan bekostig koop hom. Dit is n bitterlike lekker geweer. Als voel net reg. As jy nie die tikka kan bekostig nie kan jy die howa met n geruste hart bat. Al Howa se 6.5x55 gewere kom met 1in8twist uit so jy kan die heel swaar koeels soos die 150gr en 160gr pitte ook stabiliseer. Dan kan jy met n geruste hart koedoes in bos wereld aanvat
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Capt. Yoda »

Vir jou eerste geweer koop dam iets met n mooi stuk houd op, jy kan later n sniper word en n Needmoor met n swart of camo kolf koop. 6.5x55 of 7-08 is die 2 wat ek na sou kyk en in jou prysklas sal jy nie somer verkeerd gaan met n 6.5x55 Tikka nie en jy sal verseker na hierie covid storie n paar bargains raak loop, as jy dalk n bq mooier plank op die geweer soek kan jy bq rond krap vir n cz ook met n mooi stuk houd. Hulle aksies is dalk nie so glad soos n Tikka nie maar dit is n klasieke mooi jag geweer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Lategan1 »

Jy het goeie raad gekry. Beslis is die 7.08 ook ‘n uitstekende byvoeging tot jou lys.

Raad wat ek nooit gekry het nie, maar baie later eers en ook raak gelees het, is die goue vraag t.o.v. watter geweer, besluit hieroor.

Wil jy ‘n een geweer man wees?(beware of the one gun man)
Wil jy twee gewere besit?
Of dalk drie?

Daarvolgens deel jy jou verkose kalibers in en koop volgens jou plan asook begroting vir tipe wild wat jy wil jag. Dit spaar jou baie twyfel en voorkom verkeerde besluite.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by RevA »

Hi,

Ek het met 'n 6.5x55 begin ook in Bloemfontein gekoop. Dit is 'n heerlike kaliber vir jou doeleindes. Ek het al Blouwildebees en Waterbok met die geweer geskiet, op korter afstande( 200 of minder) is die kaliber heeltemal instaat om enige iets onder 'n groot kudu plat te trek.
As jy ammo koop, hou ingedagte dat jy nie noodwendig in die boendoes ammo kry nie. So as jy iewers gaan jag wat ver is, vat ekstra ammo saam.
Indien jy gaan herlaai kan die kaliber ongelooflik mee gespeel word, daar is enige iets van 90grein tot 160 grein bullets beskikbaar.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
mapstieks
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sat Aug 24, 2019 10:51 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by mapstieks »

Lategan1 wrote: Mon Apr 13, 2020 10:48 pm .. Beslis is die 7.08 ook ‘n uitstekende byvoeging tot jou lys.

Wil jy ‘n een geweer man wees?(beware of the one gun man)
Dankie Lategan.

Ek sal nie 'n een geweer man bly nie, maar ek sal definitief nie 'n 2de binne die afsienbare toekoms koop nie. Soos ek nou voel, sal my 2de geweer 'n 308 wees, daarom sal ek nie begin met 'n 7mm08 nie (te naby aan beide 6.5 en 308), of dink ek verkeerd?

En wat die 20" 308 betref - dit is net 'n pragtige ding, lyk steeds gebalanseerd met 'n demper op.
Isoleer is die beste geweer
mapstieks
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sat Aug 24, 2019 10:51 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by mapstieks »

Capt. Oblivious wrote: Mon Apr 13, 2020 9:42 pm Vir jou eerste geweer koop dam iets met n mooi stuk houd op, jy kan later n sniper word en n Needmoor met n swart of camo kolf koop. 6.5x55 of 7-08 is die 2 wat ek na sou kyk en in jou prysklas sal jy nie somer verkeerd gaan met n 6.5x55 Tikka nie en jy sal verseker na hierie covid storie n paar bargains raak loop, as jy dalk n bq mooier plank op die geweer soek kan jy bq rond krap vir n cz ook met n mooi stuk houd. Hulle aksies is dalk nie so glad soos n Tikka nie maar dit is n klasieke mooi jag geweer
Dit klink na 'n wyse man se raad. Ek is bietjie bekommerd oor enige nuwe voorraad se prys wat in die nuwe seisoen inkom. Die rand is reeds laer as 'n gedropde Corsa Lite in Heidedal. Miskien moet mens nie te lank wag om te koop nie.
Isoleer is die beste geweer
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Lamtjop »

Andre ek sal ook n tikka aanbeveel, maar dalk n ander opsie is n Haenel jaeger ,kloppers het nou die dag 1 gehad vir so rondom R10 000 ook in 6.5x55 dit is n duitse geweer met baie gladde aksie. Gaan Google hom gerus. Dan was hier n sauer s202 in 6.5x55 2de hands dis nou wel meer as jou budget maar dis n bitter mooi geweer en hulle skiet net so mooi. Groete
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Lamtjop »

Skoon vergeet van n Cz 557
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Vissie »

Die 6.5x55 is ‘n fantastiese kaliber keuse vir jou doel. Ek sou hom net nie in ‘n dikloop weergawe vat nie. Dikloop gewere dra nie baie lekker in die veld nie. En selfs met ‘n dun-loop, sal die geweer nog beter as jy wees in die veld. Klein groepies oor ‘n skietbank tel nie vir veel in praktiese toepassings nie.

Koop hom net eerste keer reg in ‘n Tikka. Jy gaan hom nog baie jare koester en jou seun sal hom nog geniet na jou. Doen bietjie extra moeite, al kos dit bietjie meer, een koop ‘n beter afgeronde geweer as ‘n Howa. (Niks fout met Howa nie, maar hy gee my nie hartkloppings soos Tikka’s, Sauer’s of soortgelyk nie.

Ek sou baie gemaklik in jou skoene ook ‘n .260Rem aanvaar. Daar is baie tyd om koeëls te bekom terwyl jy wag vir die lisensie. As jy die geweer koop, bestel sommer by jou lokale winkel. Die dag as jou kaartjie kom tel jy dit sommer saam op oppad skietbaan toe.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Lategan1 »

‘Ek sal nie 'n een geweer man bly nie, maar ek sal definitief nie 'n 2de binne die afsienbare toekoms koop nie. Soos ek nou voel, sal my 2de geweer 'n 308 wees, daarom sal ek nie begin met 'n 7mm08 nie (te naby aan beide 6.5 en 308), of dink ek verkeerd?’

Jy het reeds die antwoord. Met die twee langs mekaar -308/6.5- kan jy en jou seun baie jare saam jag! Ja, die twee is relatief naby mekaar, die 308 gee jou wel die geleentheid om dalk nou en dan iets swaarder te jag. Jou keuse oor hoe jy jou paar sien, relatief naby mekaar of verder van mekaar vir ander goeie redes.

Jy het ook jou antwoord volgens die ander manne se goeie insette, nou net Tikka of nie!!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
mapstieks
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sat Aug 24, 2019 10:51 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by mapstieks »


Vissie wrote:Die 6.5x55 is ‘n fantastiese kaliber keuse vir jou doel. Ek sou hom net nie in ‘n dikloop weergawe vat nie.

Ek sou baie gemaklik in jou skoene ook ‘n .260Rem aanvaar.
Dankie Vissie. Dit is die 308 wat ek in kort, dik, fluted loop sou oorweeg, met 'n demper. Die 6.5 vat ek in standaard, en sonder demper.

Ek hou baie van die 260, maar online sien ek nie veel van hulle beskikbaar nie.


Sent from my CLT-L29 using Tapatalk

Isoleer is die beste geweer
mapstieks
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sat Aug 24, 2019 10:51 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by mapstieks »


Lamtjop wrote: n ander opsie is n Haenel jaeger ,kloppers het nou die dag 1 gehad vir so rondom R10 000 ook in 6.5x55 dit is n duitse geweer met baie gladde aksie.

Dan was hier n sauer s202 in 6.5x55 2de hands dis nou wel meer as jou budget maar dis n bitter mooi geweer en hulle skiet net so mooi. Groete
Dankie

Die Haenel is nog beskikbaar, ek ken die maak glad nie. Ek sal definitief dit oorweeg as dit beter as die Howa is. Ek moet byvoeg - My groot vriend loop met 'n Howa Varmint 243 en hy skiet fantasties, net te swaar vir my smaak.

Ek het nou na die Sauer gekyk, maar vermoed ek gaan nie vriende maak as ek 'n aanbod binne my begroting maak nie.



Sent from my CLT-L29 using Tapatalk

Isoleer is die beste geweer
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Dale SH »

That Haenel looks like a good quality rifle at a competitive price.
Looks to have the semi straight pull action like the Sauer.
Could be a nice smooth action.
I see they also list the barrel as semi weight so in between thin and bull barrel.

I am a 6.5x55 fan and it is my go to rifle for most small and medium plains game up to Kudu.
Loaded with a 120 grain Barnes TTSX or 140 grain Federal Fusion, it has killed all the animals i can afford to shoot very effectively.
Put a suppressor on it and your son will shoot it very comfortably.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Gian_dP »

Tikka gaan jou so +-R7000 meer as Howa kos(jaggeweer in houtkolf).
Vir dit kry jy gladder aksie en beter sneller. Vir onder R1000 kan jy Howa sneller/aksie selfde as Tikka kry.
Beide het baie toebehore beskikbaar in SA.

Ek sou persoonlik die Howa vat en res op teleskoop/ammo/herlaaigoed gebruik
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Armand Steenkamp »

Gian_dP wrote: Tue Apr 14, 2020 11:30 am Tikka gaan jou so +-R7000 meer as Howa kos(jaggeweer in houtkolf).
Vir dit kry jy gladder aksie en beter sneller. Vir onder R1000 kan jy Howa sneller/aksie selfde as Tikka kry.
Beide het baie toebehore beskikbaar in SA.

Ek sou persoonlik die Howa vat en res op teleskoop/ammo/herlaaigoed gebruik
Ongelukkig nie beter sneller nie. My Howa Hact se snellers is al 4 beter as my tikka varmint sin. Ek het hulle virniet by die huis gewerk.

Groetnis
Silwer
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Silwer »

Ek sien hier word 'n 6.5x55 howa en 6.5 creedmoor howa op die forum geadverteer. Kyk dalk daarna?

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Armand Steenkamp »

Mapstieks soos silver se! Hier is presies wat jy soek nou geadviteer.
Silwer
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am

Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer

Post by Silwer »

Ek het begin met 'n howa en het maar altyd 'n sako/tikka begeer. Ek het toe onlangs 'n sako a7 gekoop (eintlik maar 'n kruising tussen sako en tikka) die vakmanskap is beter as die howa, maar die howa staan nie terug wanneer dit by akkuraatheid kom nie. Inteendeel dit is die akkuraatste geweer in my kluis. Vir 'n jaggeweer wat dalk 'n paar stampe langs die pad kry, is 'n howa 'n goeie keuse.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

Post Reply