S&W Mod 27 grepe

Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

S&W Mod 27 grepe

Post by wlm »

Ek is bevoorreg om een van die puik rewolwers te besit. Ek het al lankal gepraat om sy bene bietjie te rek na verder as 50 meter.
Het so 'n tydjie terug 'n klomp ammunisie goedkoop te koop. Die gogga het ons nou behoorlik gebyt. Ongelukkig het ons al 3 skopgrawe vir hande en byt die snellerbeuel ons middelvingers se kneukels ook.
Die rewolwer het die smal handgrepe op en nie die "target grips" nie.
Watter grepe beveel die manne wat weet aan?
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: S&W Mod 27 grepe

Post by ThinusS »

Ek het die grepe op my en my vrou se .357's, 'n S&W 686 en 'n S&W mod 19, met Pachmayer grepe vervang. Ek is nie seker hoe die grepe sal werk vir groot hande nie maar die grepe vul die gaping tussen die snellerbeuel en die greepraam wat baie help vir die byt op die middelvinger.

Image
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: S&W Mod 27 grepe

Post by Askari »

ThinusS wrote: Tue Mar 31, 2020 10:46 am Ek het die grepe op my en my vrou se .357's, 'n S&W 686 en 'n S&W mod 19, met Pachmayer grepe vervang. Ek is nie seker hoe die grepe sal werk vir groot hande nie maar die grepe vul die gaping tussen die snellerbeuel en die greepraam wat baie help vir die byt op die middelvinger.

Image
Thinus, ek is opsoek na oorspronklike grepe vir my 686. PM my as jy dalk joune wil verkoop.

Danie
Gooi lood!!!!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: S&W Mod 27 grepe

Post by Alwin »

My persoonlike voorkeur op rewolwers is Hogue se rubber grepe. Die mod 27 het 'n "N" raamgrootte. Spesifiseer so as jy bestel. My laaste stel Hogue grepe het ek by Guns&Bows bestel. Kyk solank hulle webwerf totdat die koeriers weer kan werk.
Post Reply