S13 met toegewyde status

Post Reply
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

S13 met toegewyde status

Post by RevA »

Hi,

Ek wil graag uitvind of iemand dalk vir my kan sê of mens as jy meer as 4 vuurwapens het, maar slegs 3 is S15, die ander is S16 (toegewyde sportskiet en toegewyde jag) keur hulle dan nog dit goed indien mens vir 'n vuurwapen sou aansoek doen op 'n S13 lisensie?

Ek wil vir my 'n 7.65mm kry, maar gaan nie regtig tyd kry om dit by skietdae ens te gebruik as ek my ander S16 vuurwapens gebruik nie, dit sal waarskynlik net in die holster aan my sy wees. Ek weet ek kan so daarvoor aansoek doen, maar ek wil nie 'n boodskap kry dat die nie goedgekeur is omdat ek x aantal vuurwapens het en net vir nuwes met toegewyde status mag aansoek doen nie.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by tripodmvr »

Ek verstaan nie mooi nie. Jy het toegewyde status en dit het jou moeite, tyd en geld gekos. Waarom nog dink oor S15? Ek het juis nou by ons DFO navraag gedoen. Sodra jy toegewyde status het word dit op jou profiel aangebring en alle verdere aansoeke word as S16 gedoen. Die S13 geld nog vir selfverdediging, maar motiveer dit vir sportskiet. Jy kan dit vir selfverdediging gebruik synde dit 'n wettige gebruik van die vuurwapen is. Dit is ook makliker om onder S16 te motiveer vir 'n ander vuurwapen. Jy het nie briewe en ander bewyse nodig om saam met jou motivering in te dien nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by RevA »

tripodmvr wrote: Thu Mar 26, 2020 10:04 pm Ek verstaan nie mooi nie. Jy het toegewyde status en dit het jou moeite, tyd en geld gekos. Waarom nog dink oor S15? Ek het juis nou by ons DFO navraag gedoen. Sodra jy toegewyde status het word dit op jou profiel aangebring en alle verdere aansoeke word as S16 gedoen. Die S13 geld nog vir selfverdediging, maar motiveer dit vir sportskiet. Jy kan dit vir selfverdediging gebruik synde dit 'n wettige gebruik van die vuurwapen is. Dit is ook makliker om onder S16 te motiveer vir 'n ander vuurwapen. Jy het nie briewe en ander bewyse nodig om saam met jou motivering in te dien nie.
Baie dankie.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: S13 met toegewyde status

Post by Toxxyc »

En heroorweeg groot asseblief 'n 7.65mm pistool baie sterk. Dis 'n baie swak klein rondtetjie, ammunisie is duur, en goeie ammunisie vir dra is hoendertande. 9mm Parabellum is waar die "goue lyntjies" almal bymekaar uitkom. Moderne pistole is baie naby aan die ouer 7.65mm pistole se grootte, so wegsteek is nie 'n probleem nie. Ky gerus na iets soos die Sig Sauer P365, CZ P10M, Glock 43, Ruger LC9/LC9s, ens.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by OosKaapJagter »

Ek stem saam met Toxxyc. Ek help 'n vriend om vir sy 7.65mm te herlaai. Die komponente, spesifiek koeëlpunte, is tans so skaars soos hoendertande. Fabrieksammunisie sal waarskynlik ook skaarser word en is reeds duurder as 9mmP.

Dit is nie nodig om die kaliber te onderskat nie. Die vermaning is meer oor die toekomstige verkryging van ammunisie vir 'n kaliber wat besig is om uit die mode te gaan.
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by RevA »

OosKaapJagter wrote: Fri Mar 27, 2020 8:03 am Ek stem saam met Toxxyc. Ek help 'n vriend om vir sy 7.65mm te herlaai. Die komponente, spesifiek koeëlpunte, is tans so skaars soos hoendertande. Fabrieksammunisie sal waarskynlik ook skaarser word en is reeds duurder as 9mmP.

Dit is nie nodig om die kaliber te onderskat nie. Die vermaning is meer oor die toekomstige verkryging van ammunisie vir 'n kaliber wat besig is om uit die mode te gaan.
Ek hoor wat jul sê. 9mm sal waarskynlik wel heeltyd in my kluis bly soos my .22lr revolver wat net met skietdae uitgehaal word.
Enige raad oor 'n soortgelyke kaliber. wat A) kleiner as 'n 9mm is B) relatief min skop?
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: S13 met toegewyde status

Post by Toxxyc »

Jy misgis die rondte waarin die pistool gekamer is met die grootte. 9mmP is die ammunisie wat hy skiet. Die patrone. Niks te doen met die pistool se fisiese grootte nie. Jy soek 'n klein pistool? Ruger LC9. Beretta Nano. Glock 43. Opsies is daar. Almal in 9mmP.

Daar is niks soortgelyk aan 9mmP nie. Dis hoekom almal hom koop. Hy word gesien as die "minimum vereiste" as dit kom by krag. Met moderne tegnologie haal hy groter rondtes soos .40 S&W en selfs .45 ACP in as dit kom by werksverrrigting, maar hy is nogsteeds klein en lig genoeg om meer rondtes in die magasyn te kry.

Watter 7.65mm pistool oorweeg jy? Want ek kan jou amper belowe daar is 'n 9mmP pistool op die mark wat dieselfde (of bitter naby) eksterne dimensies sal hê.
Silwer
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Thu May 14, 2015 11:30 am

Re: S13 met toegewyde status

Post by Silwer »

Goeie raad wat Toxxyc gee. Pistole in 7.65 is gewoonlik ouer ontwerpe met 7-8 rondte magasyne. Deesdae se kompakte 9mm's, soos wat bo genoem is vergelyk goed in grootte en het selfs beter magasyn kapasiteit. My vriend het 'n CZ m70 en kla oor die prys en beskikbaarheid van ammunisie. 9mm se skop is nie kwaai nie, my vrou is gemaklik om met my g19 te skiet. Die kleiner 9mm pistole het weel meer skop, maar is steeds maklik hanteerbaar.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by RevA »

Meeste van die compact 9mm's en sub compacts sit nie vir my gemaklik in my hand met recoil nie. Ek is heeltemal bewus van die verskil tussen kaliber en groote van fisiese wapen, ek het bv 'n lekker swaar 357 magnum wat relatief min skop vir die slaankrag. Ek wil 'n kaliber he wat in 'n fisies klein geweer nie ongemaklik skop nie, ek sit met gewrigte wat soms lol, elke dan en wat harde skop is nie 'n krisis nie, maar op die wapen wat ek met my dra wil ek 'n paar magasyne kan uitskiet voor dit ongemaklik raak in 'n compact. Ek is mal oor die Glock 43, maar ek kan nie lank met die wapen skiet nie.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by tripodmvr »

Rev, as jy herlaai kan jy die oefen patrone aflaai sodat die aksie nog betroubaar doppe uitskiet. Dit behoort die terugslag te verminder. Jou dra ammunisie kan dan weer meer oemf hê.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by RevA »

tripodmvr wrote: Fri Mar 27, 2020 10:56 am Rev, as jy herlaai kan jy die oefen patrone aflaai sodat die aksie nog betroubaar doppe uitskiet. Dit behoort die terugslag te verminder. Jou dra ammunisie kan dan weer meer oemf hê.
Ek het nie daaraan gedink nie (9mm ammo is so goedkoop) Ek herlaai basies alles anders (behalwe die 12G en ook net omdat ek nog nie 'n betroubare bron van shot het nie). Ek sal wanneer die lockdown verby is weer bietjie gaan kyk na compact en subcompacts vir iets wat gemaklik sit in die hand.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: S13 met toegewyde status

Post by Toxxyc »

Wat is dit wat pla in die hand? Is dit die totale skopaksie van die pistool, met ander woorde, die hele "ruk", of is dit iets anders (soos muzzle flip)? As dit die algehele terugskop is, is daar dalk nie te veel salf aan te smeer nie, behalwe dalk ligter handladings vir speel. Vir dra sal ek dan 'n swaarder koeëls aanbeveel met 'n vinniger brandende kruit om die snelheid op te kry. Die aanvoelbare terugskop is dan gewoonlik merkbaar minder.

Indien dit iets is soos muzzle flip, soek 'n pistool met 'n baie lae bore axis. Sekere vervaardigers is "beter" daarmee as ander, en as jy 'n pistool kan kry met 'n lae bore axis behoort dit ook te help. Onthou 'n microcompact is nie gemaak om mee IPSC te skiet nie. Jy gaan met hom oefen, en jy gaan nie met hom speel nie. Dis nie 'n kompetisiepistool nie en jy gaan ook nie kompetisies met hom wen nie. Hy het net een doel, en een doel alleenlik.
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by RevA »

Toxxyc wrote: Fri Mar 27, 2020 11:19 am Wat is dit wat pla in die hand? Is dit die totale skopaksie van die pistool, met ander woorde, die hele "ruk", of is dit iets anders (soos muzzle flip)? As dit die algehele terugskop is, is daar dalk nie te veel salf aan te smeer nie, behalwe dalk ligter handladings vir speel. Vir dra sal ek dan 'n swaarder koeëls aanbeveel met 'n vinniger brandende kruit om die snelheid op te kry. Die aanvoelbare terugskop is dan gewoonlik merkbaar minder.

Indien dit iets is soos muzzle flip, soek 'n pistool met 'n baie lae bore axis. Sekere vervaardigers is "beter" daarmee as ander, en as jy 'n pistool kan kry met 'n lae bore axis behoort dit ook te help. Onthou 'n microcompact is nie gemaak om mee IPSC te skiet nie. Jy gaan met hom oefen, en jy gaan nie met hom speel nie. Dis nie 'n kompetisiepistool nie en jy gaan ook nie kompetisies met hom wen nie. Hy het net een doel, en een doel alleenlik.
Muzzle flip is die groot ding. EK sal bietjie kyk na lae bore axis
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: S13 met toegewyde status

Post by Toxxyc »

Swaar koeëls wat die loop stadiger verlaat help ook BAIE met muzzle flip. Die slide beweeg wel stadiger (maar jy gaan moet baie goed skiet voor jy dit regtig in nommers begin sien), en dit maak die aanvoelbare skop minder. Die grootste probleem gaan wees om die trompsnelheid van die swaarder koeël op te kry, sodat die koeël sy ontwerpte werk kan verrig, maar dit gaan jy ongelukkig nie weet to jy nie self toets, of iemand kan opspoor wat dit al getoets het nie. Vermy enige ammunisie wat goed ophet soos "+P" of "+P+". Daardie goed skop net nog meer.
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: S13 met toegewyde status

Post by RevA »

Toxxyc wrote: Fri Mar 27, 2020 1:15 pm Swaar koeëls wat die loop stadiger verlaat help ook BAIE met muzzle flip. Die slide beweeg wel stadiger (maar jy gaan moet baie goed skiet voor jy dit regtig in nommers begin sien), en dit maak die aanvoelbare skop minder. Die grootste probleem gaan wees om die trompsnelheid van die swaarder koeël op te kry, sodat die koeël sy ontwerpte werk kan verrig, maar dit gaan jy ongelukkig nie weet to jy nie self toets, of iemand kan opspoor wat dit al getoets het nie. Vermy enige ammunisie wat goed ophet soos "+P" of "+P+". Daardie goed skop net nog meer.
Baie dankie, nou het ek iets om na uit te sien na die lockdown verby is.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Post Reply