Goeie more almal
Enigeiemand al ondervinding met die nuwe reeks Vector teleskope.
Brothers Arms se video gister op vleisboek gesien en vlugtig met Rudie gesels. Hou nogal van besigheid doen met hierdie mense as ek hulle hier n pluimpie mag gee !!
Ek oorweeg n Taurus en soos ek verstaan is hierdie lense en algehele funksionering van die teleskope uitsonderlike waarde vir geld.
Sal waardeer as daar n paar reviews en ervarings gedeel kan word
Baie dankies
Vector teleskope
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Vector teleskope
Cyclops het nou al 'n hele paar van Vector getoets. Gaan kyk na die toetse wat hy gedoen het.
https://www.youtube.com/watch?v=PC9vheiacEU

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Vector teleskope
Die scope se kol in die middel van die kruis word so groot op 18x dat jy n 2 duim kol toe maak op 200m. Nie n scope vir fyn skiet volgens my. Weet nie hoekom hulle n kol moet gebruik op n ffp scope.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Vector teleskope
Ek het 'n Tourex 6-24 FFP by Geno gekry.
Die kruishaar is nou weer baie fyn en ook redelik besig. Maar na 'n paar keer se skiet is hy regtig gemaklik om mee te werk.
En met 60 skote op die 300 met koëels van 136gr tot 234gr hou hy sover goed.
Dit sal seker nie almal se koppie tee wees nie, maar van my kant af het ek nie klagtes nie.
Kriek

-
6.5/284Norma
- Hero Member

- Posts: 1728
- Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am
Re: Vector teleskope
Het gister 'n vriend van my probeer help met sy Vector Taurus.
Die links-regs verstelling werk glad nie. Kan die knop tot op sy maksimum albei kante toe draai en die kruisdraad beweeg niks.
Seker 'n "once-off" maar steeds kommerwekkend,

I'd rather be hunting!
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Vector teleskope
Ek het 'n Tac Vektor teleskoop wat ek by 'n mede-Jaracaller gekoop het. Oor die algemeen lyk en werk hy baie goed. Geen klagtes oor die teleskoop self nie.
Ek het 'n verskeidenheid van teleskope van verskillende fabrikate. Verskeie van hulle het al probleme gegee. Die helfte van my Lynx en Leupold teleskope was al terug fabriek toe vir herstelwerk. Hulle is terug en werk soos nuwes. Daar is fabrikate soos Vortex en Swarovski wat nog beter naverkoopdiens bied.
Dan is daar die fabrikate wat 'n wonderlike waarborg adverteer, maar dis slegs op papier. As jy die dag 'n probleem het, dan begin die stories en verwysings na die fynskrif. Ek gaan nie name noem nie, kyk maar die forum deur vir al die besprekings.
As jou telekoop in Sjina gemaak is, dink ek nie jy gaan enige waarborg van die fabriek af kry nie. Kyk of jou plaaslike agent die teleskoop (op sy kostes) gaan vervang sonder stories. Daar is 'n groot verskil tussen 'n gladdebek verkoopsman se stories en behoorlike naverkoopdiens.
Ek het onlangs 'n teleskoop gekoop wat ek weet geen naverkoopdiens het nie. Vir die prys wat ek betaal het, is ek bereid om die ding weg te gooi wanneer hy die dag begin lol. Besluit maar of jy bereid is om dit te doen voor jy koop.