Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het verlede week 'n pakkie 7 mm, 165 gr Sierra Gamechanger koele by my groot vriend, Chris van Niekerk, gekry. Pragtige goed en ek is seker hulle gaan net sulke mooi resultate lewer. Ek brand om hulle te gaan toets op die skietbaan.
Wil graag weet of iemand al met hulle geskiet het?
Dit wil vir my egter voorkom of hulle bietjie vleisskade gaan voorsaak, behalwe as jy natuurlik daaraan gewoond is om kopskote te skiet.
Mellies,hou nie van sulke insinuasies t.o.v. wat my beursie betref nie.
(Grappie)
Alle koele is deesdae duur. In die jagveld gebruik jy selde meer as 10, want die wildspryse beperk jou jaglus tot 'n groot mate en in die toekoms sal ek maar altyd sorg dat twee bokke oormekaar is om twee met een skoot te skiet.
PWV wrote: Mon Jan 27, 2020 8:49 am
Mellies,hou nie van sulke insinuasies t.o.v. wat my beursie betref nie.
(Grappie)
Alle koele is deesdae duur. In die jagveld gebruik jy selde meer as 10, want die wildspryse beperk jou jaglus tot 'n groot mate en in die toekoms sal ek maar altyd sorg dat twee bokke oormekaar is om twee met een skoot te skiet.
My vraag was, wie het ondervinding van die koele?
Skuus oom. Nie besef oom is nie platsak soos baie van ons nie.
Savage het n klompie uit die VSA gekry met hulle bekendstelling. Hy moet kom terugvoering gee.
Mellies ekt die 90gr modelle gehad. Het baie mooi geskiet. Ongelukkig het ek nooit met hulle gejag nie. Het net n jakkals en een rooibok geskiet en die res op papier en gonge. Die rooibok was n kop skoot en die jakkals was n pens skoot op so 400m. Kon nie uit die twee gevalle sê hoe vleis skade in die algemeen sou wees nie.