Raad/opinies oor 375
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Raad/opinies oor 375
Ek en paar skietvriende het paar maande gelede tong in die kies begin praat om eendag saam n buffeljag aan te pak.
Gesprek was baie meer van n dromery, as die begin van 'n plan, maar soos die dinge maar gaan het dit nou al gedraai by rondkyk vir gepaste gewere.
Redelik seker oor kaliber, staan .375 se kant toe, maar is oop vir afvies. Tans beskikbaar rondom my is CZ 550 Safari Magnun en Winchester m70 Safari Express in H&H, Ruger African in 375Ruger. Almal nuut hier by R30k rond. Al drie "control feed" aksies, op die oog af bied Winchester en Ruger bietjie meer kosmeties( barrel bands/swart voorgreep, Ruger het ook skroefdraad en tromprem).
Ander opsie is om my .308("nuwe" Musgrave met VZ24 aksie) te omskep in 375 (of dalk iets soos 404Jeff). Weet nie wat die aksie sal toelaat nie. Internet opinies lyk of beide moontlik is. Kyk seker na R20-25k vir al die werk, plus CFR se nonsens so kan nie rerig sien dat ek die pad sal stap nie.
Is daar iets spesifiek tussen die CZ/Winchester en Ruger wat een bo ander laat uitstaan/uitsak of is dit maar persoonlike voorkeure?
Sien Humansdorp het 'n Zastava in 375H&H. Heelwat goedkoper as die res. Hoe vergelyk hulle met die ander name? Als goed en wel om bietjie geld te spaar maar wil nie met n geweer sit wat nie die werk kan doen nie.
Sal verseker na tweedehandse gewere ook kyk, al die groot kalibers op Jaracal het redelik vinnig verkoop die laaste ruk. Hopelik kom daar weer n paar verby.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Gian, ek is nou nie 'n kundige op groot kalibers nie - inteendeel ek weet niks van hulle nie, maar ek het hierdie raak gesien so rukkie terug wat jy ook dalk kan oorweeg?
https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 28400.html
https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 28400.html
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Dankie Malan,Malan123 wrote:Gian, ek is nou nie 'n kundige op groot kalibers nie - inteendeel ek weet niks van hulle nie, maar ek het hierdie raak gesien so rukkie terug wat jy ook dalk kan oorweeg?
https://www.gunafrica.co.za/classifieds ... 28400.html
Weet ook baie min van die groter kalibers. Ek is groot Howa aanhanger, maar wil verkieslik n "control feed" aksie hê.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Raad/opinies oor 375
Tussen die drie wat jy genoem het al ek die Winchester vat kosmeties lyk hy beter as die cz en uit die boks of jy regtig niks te doen nie.
Die 375 ruger ook nie so slegte een nie solank hy ordentilke kolf het maar komponente en patrone baie meer redelik beskikbaar in 375 H&H.
Die 375 ruger ook nie so slegte een nie solank hy ordentilke kolf het maar komponente en patrone baie meer redelik beskikbaar in 375 H&H.
- Boerboel
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Ek het die Zastava 375, dis die K98 aksie. ek skiet 300gr VRG3 sub MOA.
Nog nie 'n dag se moeilikheid gehad nie. Seker myne so 3 jaar.
Al wat ek gedoen het, was om myne te laat Lap toe dit nog nuut was, iemand het gese dis makliker as 'n barrel break in.
Nog nie 'n dag se moeilikheid gehad nie. Seker myne so 3 jaar.
Al wat ek gedoen het, was om myne te laat Lap toe dit nog nuut was, iemand het gese dis makliker as 'n barrel break in.
IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Ek het al paar groot kalibers gehad, 416Rig 458 WM en lott van hulle het ek nog net my 375 oor, ek kon nie bekostig om met die groteres goed te kan oefen nie, my 375 is ek 80% mee vertroud (die 20% leer ek nou met vlakte skiet) oopvisier tot op 100m is niks veilig nie die kaliber staan nie terug nie, as ek op buffel moet backup sal ek beslis my 458 lott kies want ek kon 2 skote gou op teiken sit, hoewel teen die tyd wat die twede skoot sou loop uit my 458, was die derde rondte al in die kamer met my 375, Ek wil ook baie graag nog my buffel jag, sal maar sien as ek eendag gelukkig is. my koeël keuse sal 300gr kriek wees teen sowat 2400fps met backup rondtes 300gr Impalas (ek het al 'n eland koei op sowat 80m agter in geskiet en by borsbeen uit) so glo hul het goeie penetrasie en stopkrag.
PS dis my 375 wat op die gemsbok le
PS dis my 375 wat op die gemsbok le
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Die 375 het al 'n lang geskiedenis en die een klagte was dat koeëls opgebreek het weens die hoër spoed (wat wel 'n bate is vir 'n platter trajek). Die' "gebrek" is nou aangespreek met die groot reeks gebonde en monolitiese koeëls. Penetrasie is daardeur ook aansienlik verbeter en teoreties dui dit op skote vanuit enige hoek wat nog die vitale areas sal bereik.
Kyk ook na die kolwe op die gewere. Die tradisionele CZ kolwe help nie met terugslag en opwip van die loop nie en sal dus stadiger opvolgskote tot gevolg hê. 'n Reguit kolf is hier aan te bevele. Onthou net dat 'n 375 redelik mak is as jy staan en skiet. Moet jy egter oor 'n bank skiet dan is beskerming van jou skouer tot bevordering van beter skote sonder pyn. Dit verhoed dan skopskuheid (flinch).

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Gian_dp jy is besig om vir jouself 'n lekker geweer te kry en probleme te versorg
(Nie om grootpraterig voor te kom nie, maar ek het beide 'n Brno(CZ) en Winchester) Lasgenoemde in 375 en ander in 458 Express. Dit is so dat die Winchester is beter afgerond. Die Brno/Cz's is weer goeie werks gewere. Klomp manne koop juis lg vir die rede en dan vat hul die wapens na wapensmid en bou ongelooflike mooi gewere. Maar dit is 'n duur storie.
Jy is reeds op die regte pad met jou control feed. Maak net seker die Winchester is wel control feed en nie push feed nie.
Ruger kaliber is ook goed en prestasie is beter. Die H&H is ouer en het meer geskiedenis en die Ruger is nuut. Ek wil amper se dit is soos 'n 6.5x55 teenoor 'n 6.5 cr maar dan gaan die Ruger manne my bykom
In my opinie bly weg van 'n roer met silencers ens. in hierdie klas van kalibers (tensy dalk vir mediese redes). Maar each to their own seker maar....
Net om 'n spanner in te gooi ,wat jy darem ook noem, kyk na 404 en 416. Beide is ook baie veelsydig en jy sal verbaas wees hoe baie jy wel met so kaliber sal jag. Die 375 is meer as voldoende vir daai een buffeljag, maar iets groter is altyd lekkerder!

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Raad/opinies oor 375
More Gian
Daar is niks fout met jou kaliber keuse nie. Balisties het die Ruger rondte n voordeel bo die H&H weergawe maar met die 23 duim loop van die Ruger geweer teenoor die 24 en 25 duim lope van die Winchester en CZ gewere kan n mens dit weglaat. Die Ruger is die beter dops ontwerp by verre, maar weereens is dit nie geval waar die H&H n kopseer is nie. Grootste voordeel is dat jy met standaard aksie sit met die Ruger en met n Magnum aksie op die H&H. Short stroking veral met iemand wat nie gewoond is aan die Magnum aksies is iets om wel oor te dink.
Die Ruger geweer bied so bietjie meer opsies met sy threaded barrel want jy kan n silenser ook gebruik. Ek weet hierdie is sacrilege in die oog van enige puris, maar daar is n magdom mense wat hulle 375'e so gebruik vir algemene jag. Hierdie maak eintlik baie sin, want ewe skielik word die geweer n baie goeie all rounder en nie net n enkel doelige geweer nie. Te veel mense se groot roere staan in die kluis en stof opaar vir die eenvoudige rede dat mense nie daarvan hou om hulle te skiet nie so hierdie is ook iets om aan te dink.
Al drie daai gewere sal jy moet bed so dit is iets om in gedate te hou met jou budget. Jy sal ook n ander skopkussing moet opsit op die Ruger. n Barrelband is nie net daar vir estetiese redes nie en die feit dat jou geweer se kroon 4-5 duim laer sit is n helse voordeel in die bos. Persoonlik glo ek dat die gebruik van jou safety n absolute voordeel is met gevaarlike diere jag en hier dink ek ook die Ruger het nie gelyke nie. Die Winshester kom wel naby in die departement.
Gian al drie gewere is uitstekende keuses en meskien aan die einde van die dag gaan jy die gelukkigste wees met die een wat die hardste met jou praat.
Groetnis
Wouter

- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Wout ek kan saam stem oor al drie make. Ek dink drie is ewe goed dis maar net persoonlike keuse watter een jy kies. Gaan kyk na elkeen en betas hulle met jou hande. Dan sal jy weet watter ene is vir jou.
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Raad/opinies oor 375
Ek sou glad nie oorweeg om jou 308 na `n 375 of 404 om te skakel nie. Die werk wat gedoen moet word gaan gou jou begroting opvreet omdat die standaard M98 oopgemaak gaan moet word, gemaak voer gaan moet word, en waarskynlik nog `n nuwe magasynkas ook gaan moet kry.
Kyk eerder na `n produksiegeweer wat die werk sal doen. My keuse sal die Winchester wees tussen die drie wat jy genoem het. Hulle is op standaard-lengte M70 aksies gebou met `n langer magasynkas en hulle werk net so uit die fabriek uit baie goed.
Kyk eerder na `n produksiegeweer wat die werk sal doen. My keuse sal die Winchester wees tussen die drie wat jy genoem het. Hulle is op standaard-lengte M70 aksies gebou met `n langer magasynkas en hulle werk net so uit die fabriek uit baie goed.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Dankie vir almal se raad. Gaan bietjie rondry en almal bekyk.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Ek is verlief op my Ruger Alaskan .375 Ruger. Ek besef jy kry nou nie meer die model nie, maar die balans van die geweer en sy SS loop en taai afwerking werk vrek goed in die bos. Ek sal hom graag wou ruil vir dieselfde geweer in .416 Ruger kaliber. Die korter Ruger dop hanteer bietjie makliker en herlaai maklik. Die Ruger aksie wil net so bietjie mee gewerk word dat hy gladder raak.
Ek kyk nou maar na die Guidegun in .416 Ruger.
Ek kyk nou maar na die Guidegun in .416 Ruger.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Jy kry nie n 7mm in n Guide gun nie!tau wrote: Tue Jan 21, 2020 4:23 pm Ek is verlief op my Ruger Alaskan .375 Ruger. Ek besef jy kry nou nie meer die model nie, maar die balans van die geweer en sy SS loop en taai afwerking werk vrek goed in die bos. Ek sal hom graag wou ruil vir dieselfde geweer in .416 Ruger kaliber. Die korter Ruger dop hanteer bietjie makliker en herlaai maklik. Die Ruger aksie wil net so bietjie mee gewerk word dat hy gladder raak.
Ek kyk nou maar na die Guidegun in .416 Ruger.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Ek het die Winchester gekies in 375H&H. Baie tevrede. Skiet alles met 270gr TSX @ 2625fps.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Maar jy kry die M77 tacticalGerhardu wrote: Tue Jan 21, 2020 4:34 pmJy kry nie n 7mm in n Guide gun nie!tau wrote: Tue Jan 21, 2020 4:23 pm Ek is verlief op my Ruger Alaskan .375 Ruger. Ek besef jy kry nou nie meer die model nie, maar die balans van die geweer en sy SS loop en taai afwerking werk vrek goed in die bos. Ek sal hom graag wou ruil vir dieselfde geweer in .416 Ruger kaliber. Die korter Ruger dop hanteer bietjie makliker en herlaai maklik. Die Ruger aksie wil net so bietjie mee gewerk word dat hy gladder raak.
Ek kyk nou maar na die Guidegun in .416 Ruger.![]()
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3613
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Ek het ‘n Zastava 375 H&H met knaldemper en teleskoop vir jou as jy sou belangstel. R12000. PM jou nr dan stuur ek fotos en meer inligting
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
MDP
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jan 18, 2020 9:07 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Ek het tot vroeer die week met dieselfde vraag gesit Gian_dP. Ek was veral geskeur tussen die Winchester Mod 70 en die CZ 550. Ek het na ‘n hele paar gaan kyk en gevoel die Winchester is beter afgewerk uit die boks uit (kosmeties ja, maar ook ‘meganies’ - hy’t ‘n fantastiese gladde slot). Ek het gelukkig genoeg op ‘n basies ongebruikte model afgekom vroeer hierdie week by Classic Arms - onder R20k - en hom dadelik gekoop.
-
MDP
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Sat Jan 18, 2020 9:07 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Terloops, ek sien nou die CZ 550 .375 H&H is op die oomblik op special by Safari & Outdoor vir R25 295
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Dit lyk of ek my geweer gevind het. Ruger Hawkeye African in 375Ruger.
Wag nou net vir lockdown om verby te gaan dat ek die deal kan finaliseer.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Wag nou net vir lockdown om verby te gaan dat ek die deal kan finaliseer.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Raad/opinies oor 375
Well done!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Geluk!!! Kyk net na kolf van die eerstes het did houtkolwe gekraak.Gian_dP wrote:Dit lyk of ek my geweer gevind het. Ruger Hawkeye African in 375Ruger.
Wag nou net vir lockdown om verby te gaan dat ek die deal kan finaliseer.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Baie geluk Gian! Mag hy oneindige plesier verskaf.
Hierdie model met die twee crossbolts het nie die probleem van kraak wat die eerstes gehad het nie. Ek sal jou wel aanraai om die hele aksie te pak wat altyd n goeie idiee is met gewere wat heelwat recoil het. As ek so loer na die foto lyk dit of daar mooi hout skuil onder daai vernis laag. Hierdie is n baie lekker projek om daai vernis af te skuur en daai hout te begin olie. Ek het vir al my gewere met houtkolwe groter as 7mm Rem Mag kwikstawe ingesit en Pachmayr Decelarator pads. Die gewere is lig en die kwikstawe verbeter ook hulle belans sonder dat die geweer enigsins te swaar raak. Met die kwikstawe tesame met die Pachmayr is hy n droom om te skiet. Geniet hom!

willemw
- Full Member

- Posts: 172
- Joined: Mon Nov 16, 2015 9:31 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Hi stem saam met Wouter die kwikbuis maak hom defnitief makker. My 375R is op n ligte Model 98 Musgrave gebou en en die kwikbuis maak n groot verskil.
Ek sien Boerboel verwys na sy Zastava 375 H&H waarmee hy baie tevrede is. Ons het by VGK in voorraad vir R14 800.
Dan het ons ook n Ruger M77 Hawkeye Afr 23 in voorraad vir R21 050.
Groetnis en sterkte vir lockdown.
Ek sien Boerboel verwys na sy Zastava 375 H&H waarmee hy baie tevrede is. Ons het by VGK in voorraad vir R14 800.
Dan het ons ook n Ruger M77 Hawkeye Afr 23 in voorraad vir R21 050.
Groetnis en sterkte vir lockdown.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Raad/opinies oor 375
Na 'n BAIE lang wag is my lisensie uiteindelik goedgekeur! Hopelik kom kaartjie gou dat ek kan hom aan die skiet kan kry.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308