Page 1 of 1
Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 11:36 am
by Hugov
Ek was gelukkig genoeg gewees om hierdie mooi tier van 6kg te vang in die kasane kanaal terwyl ek op wittebrood was

die vroutjie was by die spa......
[img width=560 height=373]
http://i867.photobucket.com/albums/ab23 ... G_0696.jpg[/img]
[img width=560 height=373]
http://i867.photobucket.com/albums/ab23 ... G_0700.jpg[/img]
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 11:41 am
by Gerhard
Baie nice...
Daai is nog op my bucket list van goed om te doen...
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 11:50 am
by G-force
Baie mooi.Was dit by Island View Lodge?
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 11:53 am
by DWB
Baie geluk met die huwelik en die vis!!!!!
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 11:57 am
by Hugov
Dankie manne!
G-Force dit was by Impalila Island lodge, die manne rate nogals die plek as dit kom by visvang,die dag voor ons daar aangekom het was daar n groep van 8 amerikaanse hengelaars wat die tigers en bream gelooi het.
Cheers H
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 12:14 pm
by VdWalt
Hugov wrote:
Ek was gelukkig genoeg gewees om hierdie mooi tier van 6kg te vang in die kasane kanaal terwyl ek op wittebrood was

die vroutjie was by die spa......
Dis nou 'n man kan reel!!
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 3:42 pm
by Jaco Doep
Nice one !
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 4:26 pm
by baboonstalker
Nou hoe het jy verduidelik het jou visvang klere per ongeluk in jou honeymoon tas beland????
My vrou sal net daar optelsommetjies maak en ek sal sumier aangekla word van "voorbedagde rade", strafbaar met stilstuipe en weerhouding van ander klein plesiertjies
Mooi vangs (die vis, het nog nie die mevrou gesien nie)
voorspoed en mag julle elke jaar van nou af saam "honeymoon" hou.
P
PS. Watter een op die foto is jy, Tiger?
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Mon Nov 28, 2011 6:46 pm
by Biker
mmmm Toe ek op daai maan was het ek nie aan hengel gedink nie

Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Wed Nov 30, 2011 5:23 pm
by Piet Breedt
Kyk, n vrou wat jou toelaat om te hengel op jul honeymoon, is definitief n vrou duisend. Jy moet mooi kyk na haar. Hulle is bitter skaars.
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Wed Nov 30, 2011 5:27 pm
by baboonstalker
Dit is so Piet, Ander manne verbeel hulle weer hulle is terug op honeymoon as hulle so saam met hulle wederhelfdes in die sytakke hengel. (ek hoor maar so en het self GEEN ondervinding)
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 12:25 pm
by Hugov
Piet Breedt wrote:
Kyk, n vrou wat jou toelaat om te hengel op jul honeymoon, is definitief n vrou duisend. Jy moet mooi kyk na haar. Hulle is bitter skaars.
Feite daai Oom Piet sy is n wenner!
Cheers H
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 2:14 pm
by baboonstalker
Feite daai Oom Piet sy is n wenner!
of in vistermanstaal, "sys 'n keeper"
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 2:57 pm
by Hugov
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 4:11 pm
by douw
Geluk Hugo!! Dis nou met die trou en vangs.
Groetnis
Douw
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 4:43 pm
by SV MAD (Henk)
Daai is 'n merske vis!
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 5:03 pm
by Nuweseun
Kerel, geluk met die troue, maar BAIE geluk met daai vis!!!! Dit sal my amper maak trou as ek ook sulkes kan vang!

Dis 'n bielie!!!
Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Thu Dec 01, 2011 8:51 pm
by theedge
Dit is beslis een vir die boek Geluk met die huwelik en die moii tier. Ja en die geleentheid hoop nie dit was die laaste strop wat nou geknoooooop is nie

Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Fri Dec 02, 2011 7:46 am
by Spanner
Hugo ! Ag nee man, jy moet jou prioriteite reg kry jong ! :o
Jy is op HONNEYMOON k?rel, daar sal altyd later tyd wees om te gaan visvang...
Smee die yster terwyl dit warm is , jy moet pap skep as dit pap reen, ens , ens.
Jy moet konsentreer maat, konsentreer ... visvang kan wag !
(grap net) nice vis daai. Ek is baie jaloers ! Splinternuwe vroutjie en 'n groot vis daarby.
Dit laat my dink aan die grap :
Laaitjie vra sy pa " Pa, wat is verloof ?"
Pa: "Dis soos as ek vir jou 'n fiets koop vir Kersfees, en dit al vroeg in November vir jou gee. Dan mag jy nog nie op hom ry nie, maar jy mag solank net met sy klokkie speel ..."

Re: Honeymoon Tiger!
Posted: Fri Dec 02, 2011 7:50 am
by Beretta
Spanner
Trieng trieng

vashou pappa gaan jaag
Beretta