Wit bles op steenbok

Post Reply
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Wit bles op steenbok

Post by wlm »

Het 'n steenbok tussen Fraserburg en Williston langs die pad gewaar met 'n groot wit bles agter sy nek af oor die skouers.
Ek het nog nooit van so-iets gehoor nie. Ek redeneer dat dit nie 'n vel-af plek soos in 'n besering nie, want 'n steenbok het mos 'n swart vel.
Laat weet bietjie of julle al so-iets gesien het.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Wit bles op steenbok

Post by 243Songdaug »

Het dit ook al hier by ons - op die nek en hoog opi blad. Maar die kolle was maar kleinerig -  so in die regting van 20 to 30mm.

Hulle is nie volop nie.
Dont tell me, show me......
Post Reply