Wildsvleis gesoek
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Wildsvleis gesoek
More manne,
Na 'n onsuksesvolle naweek aan die einde van die jagseisoen het ek met leë hande tuis gekom. Ek is egter nogsteeds op soek na wildsvleis. Ek wil graag in Pretoria 'n bietjie vleis aankoop, as iemand het. Ek is op soek na karkas, dalk vol bokke soos Rooibokke, of dalk selfs iets soos 'n halwe blouwildebees of koedoe. Ek is bereid om die huidige karkasprys te betaal vir die heel stukke, hoef nie verwerk te wees nie. Ek kyk na so R28 to R30 per kg. Op soek na so 50kg.
Indien die vleis reeds verwerk is sal ek ook nie nee sê vir nat biltonge nie. Ek sal self droog. Nat biltong kan vars of gevries wees, ek gee nie om nie. Ons kan gesels oor die pys.
Droeë biltong is nie verkieslik nie, maar ek sal dit vat. So R180 tot R200 per kg?
Ek is op soek daarna om so 20kg se droeë biltong aan die einde van die dag aan haak te hê. Ek is redelik dringend op soek, indien enigiemand sal kan help sal ek dit vreeslik waardeer!

- Parker
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Re: Wildsvleis gesoek
So Toxxyc jy wil R1400 tot R1500 vir n halwe Blouwildebees betaal wat gejag word vir R4000 tot R4500? Ek vra maar net.
Stoot lood!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wildsvleis gesoek
Ek is onderhandelbaar. Ek moet ook byvoeg blouwildebeeste is nie noodwendig so duur nie. Ek wou die naweek een jag teen R3,000, maar die wind en afstand met die wild-geskiete bokke teen die einde van die seisoen het dit nie moontlik gemaak nie.Parker wrote:So Toxxyc jy wil R1400 tot R1500 vir n halwe Blouwildebees betaal wat gejag word vir R4000 tot R4500? Ek vra maar net.
Ek weet ook ouens wat afskiet (cull) betaal aansienlik minder per karkas, so hulle kan maklik 'n winsie ook maak. Ek probeer glad nie ouens bevark hierso nie, ek gaan op pryse wat ek hier rond ook maar gekry het (karkasgewig) op horingwild, so ek probeer maar. Ek is baie bereid om aan te pas indien nodig
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wildsvleis gesoek
Parker wrote:So Toxxyc jy wil R1400 tot R1500 vir n halwe Blouwildebees betaal wat gejag word vir R4000 tot R4500? Ek vra maar net.
Daar is baie mamnne wat wild verkoop na n naweek se jag vir R23 tot R28 per kg, dit is die going rate en ek dink nie daar is iets fout met die aanbod wat hy maak nie. Om R30 per kg te kry is n bitter goeie prys vir n karkas
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Wildsvleis gesoek
Gaan gesels gerus met Robbie en Elize by Die Wildshoekie: 082 297-8380, 084 703-1095
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wildsvleis gesoek
Ja Robbie gaan nie karkas verkoop vir R30 n kg nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wildsvleis gesoek
Jy het sopas my dag gemaak meneer, duisend drankies!win270 wrote:Gaan gesels gerus met Robbie en Elize by Die Wildshoekie: 082 297-8380, 084 703-1095
- Parker
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Re: Wildsvleis gesoek
Nou sien jy my punt?Capt. Oblivious wrote:Ja Robbie gaan nie karkas verkoop vir R30 n kg nie
Stoot lood!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wildsvleis gesoek
Karkas teen R30 per kg, as dit rooibok is, is so R750 as dit middelslag rooibok is. Dis die going rate vir ouens wat afskiet. Ek is bewus dis nie baie nie, maar as ek na die wildshoekie se pryse op vleis soos rump en sirloin kyk (R95 per kg) kan ek maklik biltong maak, 50% gewig droog en teen ongeveer R200 per kg biltong hang. Dis glad nie sleg nie. Ek het maar net gedink ek kan dalk iemand se uitgawes bietjie help doodmaak as hulle terugkom van 'n jagtog af en al wat per ongeluk oor die pad geloop het is iets soos 'n eland of BWB en hulle het nie eintlik begroot of plek daarvoor nie.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wildsvleis gesoek
Maar ja, ek sien jou punt geheel en al. Ek het maar net gevra, nie geweet ek gaan so sensitiewe puntjie tref nie. Ek vra om verskoning.Parker wrote:Nou sien jy my punt?Capt. Oblivious wrote:Ja Robbie gaan nie karkas verkoop vir R30 n kg nie
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: Wildsvleis gesoek
Ek sal moontlik einde September vir jou Gemsbok of Rooihartbees kan gee teen R28/kg. Laat weet as jy nie reg kom nie.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wildsvleis gesoek
Ek laat weet jou. As ek nie reg kom nie sal ek 'n bietjie by jou vat ja, Gemsbok klink soos 'n plan vir biltong en ek weet Rooihartbees is lekker om wors en mince mee te maak, so kom ons kyk!FrancoisW wrote:Ek sal moontlik einde September vir jou Gemsbok of Rooihartbees kan gee teen R28/kg. Laat weet as jy nie reg kom nie.