Page 1 of 1
Win doppe
Posted: Wed Nov 16, 2011 4:02 pm
by PJS
Ek wil graag hoor of julle weet of daar 2 soorte Win doppe gemaak word wat beskikbaar is. Kan dit dalk wees dat die een se kwaliteit swakker is as die ander een? Ek vra, omdat ek vandag in terme van pryse 'n

GROOT verskil in prys gesien het. Is dit meer wins as kwaliteit? Of is ek agterdogtig oor 'n bargain?
Ek luister graag!
PJ
Re: Win doppe
Posted: Thu Nov 17, 2011 7:59 am
by PITSMIT
altapj
sover ek weet is daar net een soort dit klink vir my na n wins ding daai ek ken net een soort
ek weet met hulle ammo kry jy hulle failsafe ammo wat duurder is as die ander weet net nie of hulle nuwe doppe dalk ook in daai twee reekse kom nie
ons moet maar hoor wat se die ander vra die wapenwinkels sommer reguit daaroor as jy snuf in die neus het
vra hulle wat is die verskil dat die prys so verskil
groete
Re: Win doppe
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:37 am
by tripodmvr
Vriend van my het nuwe Win doppe in sy 308 gebruik en gevind dat hulle na 1 ste of 2 de herlaai by die nekke begin afbreek het. Wonder of swak besending nie maar na Afrika gestuur is nie?
Re: Win doppe
Posted: Thu Nov 17, 2011 8:37 am
by pietjacobs
altapj
Ek skiet ook Win doppe in my .270. Nou so rukkie terug toe moes ek weer so paar aankoop, toe kyk ek rond op die websites vir pryse. Nou die doppe kos gewoonlik so +-R300 vir 50, toe sien ek op die een website hulle vra R610 :o, is dit wat jy ook gesien het?
Ek het toe vir hulle 'n email geskryf en gevra of dit vir 100 is, ;D maar nooit 'n antwoord terug gekry.
Re: Win doppe
Posted: Thu Nov 17, 2011 10:12 am
by willem
Ek het ook die laaste tyd swak resultate met win doppe gehad .270 doppe was daar uit 300 seker 8 wat se nekke vervrommel en gevou was dat ek hulle moes weggooi ,die doppe het na 3 skote ook so gerek in web deel dat n primer begin uitval het.
Ek het die doppe gemeet en toe gesien dat hulle 3Diusendste van n duim onder size was ,met elke skoot rek die dop en dit is toe dat die primer pocket so gou pap geword het. Ek het die selfde swak kwaliteit beheer met 222 win doppe gekry.Ek is nou klaar met die gemors.
Willem
Re: Win doppe
Posted: Fri Nov 18, 2011 6:52 am
by PJS
manne
Dankie vir die raad en voorstelle. Ja, pietjacobs ek het ook sulke verskille gesien. Dit is presies hoekom ek vra. Ek weet Win is seker nie die beste doppe nie maar hulle doen die ding op probleemdiere, papier en jag. Sal maar net mooi kyk!
groete,