Win doppe

Post Reply
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Win doppe

Post by PJS »

Ek wil graag hoor of julle weet of daar 2 soorte Win doppe gemaak word wat beskikbaar is. Kan dit dalk wees dat die een se kwaliteit swakker is as die ander een? Ek vra, omdat ek vandag in terme van pryse 'n  :o GROOT verskil in prys gesien het. Is dit meer wins as kwaliteit? Of is ek agterdogtig oor 'n bargain?
Ek luister graag!
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Win doppe

Post by PITSMIT »

altapj

sover ek weet is daar net een soort  dit klink vir my na n wins ding daai  ek ken net een soort

ek weet met hulle ammo kry jy hulle failsafe ammo wat duurder is as die ander weet net nie of hulle nuwe doppe dalk ook in daai twee reekse kom nie

ons moet maar hoor wat se die ander  vra die wapenwinkels sommer reguit daaroor as jy snuf in die neus het

vra hulle wat is die verskil dat die prys so verskil

groete
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Win doppe

Post by tripodmvr »

Vriend van my het nuwe Win doppe in sy 308 gebruik en gevind dat hulle na 1 ste of 2 de herlaai by die nekke begin afbreek het. Wonder of swak besending nie maar na Afrika gestuur is nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Win doppe

Post by pietjacobs »

altapj

Ek skiet ook Win doppe in my .270. Nou so rukkie terug toe moes ek weer so paar aankoop, toe kyk ek rond op die websites vir pryse. Nou die doppe kos gewoonlik so +-R300 vir 50, toe sien ek op die een website hulle vra R610  :o, is dit wat jy ook gesien het?

Ek het toe vir hulle 'n email geskryf en gevra of dit vir 100 is,  ;D maar nooit 'n antwoord terug gekry.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
willem

Re: Win doppe

Post by willem »

Ek het ook die laaste tyd swak resultate met win doppe gehad .270 doppe was daar uit 300 seker 8 wat se nekke vervrommel en gevou was dat ek hulle moes weggooi ,die doppe het na 3 skote ook so gerek in web deel dat n primer begin uitval het.

Ek het die doppe gemeet en toe gesien dat hulle 3Diusendste van n duim onder size was ,met elke skoot rek die dop en dit is toe dat die primer pocket so gou pap geword het. Ek het die selfde swak kwaliteit beheer met 222 win doppe gekry.Ek is nou klaar met die gemors.

Willem
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Win doppe

Post by PJS »

manne

Dankie vir die raad en voorstelle. Ja, pietjacobs ek het ook sulke verskille gesien. Dit is presies hoekom ek vra. Ek weet Win is seker nie die beste doppe nie maar hulle doen die ding op probleemdiere, papier en jag. Sal maar net mooi kyk!
groete,
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Post Reply