watse scope.

Post Reply
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

watse scope.

Post by Francois Briedenhann »

More Manne.

My scope het gegroet nadat my geweer geval het...Ek kyk nou na een van die  Rudolph 1 scopes watser een sal die beste werk vir my Het n 243 skiet jakkelse en wild met hom hy moet +- 300m kan skiet.Groete FB

Hoor graag van julle manne.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: watse scope.

Post by tripodmvr »

Ek kom uit die ou skool en sou sommer ges? het 4 x 40.

Ek het redelik opgelees oor die Amerikaners en hul varminting. Dit wil voorkom of baie van hulle wat die vergrotings meer as 20x het maar vind dat weens "mirage" 14x tot 16x die grootste is wat prakties gebruik kan word. Dit maak 4-14 tot 4-16 'n goeie mikpunt. Met so kombinasie kan jy dus amper tot agter die berg skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: watse scope.

Post by pietjacobs »

Hi Francois,

My vrou het vir ons huweliks herdenking vir my die Rudolph 4-16x50 met TS recticle gekoop en ek kyk nie 'n dag terug nie. My groepe het verbeter en daai scope is so helder soos jy kan kry. Een van my vriende het 'n Swarovski dieselfde tyd gekoop en ek sal jou se jy moet wragtig mooi kyk om die verskil in helderheid te sien.

Ek sal net nie die TS recticle vat vir die jakkals jag nie. Bietjie dun vir die aand dink ek as jy moet vinnig skiet.

Sterkte
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: watse scope.

Post by LoveHenties »

Sjoe, daai vrou is goud werd.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: watse scope.

Post by Nuweseun »

LoveHenties wrote: Sjoe, daai vrou is goud werd.
Blikskottel, ekke stem!!
Hoop nie sy het 'n stofsuier gekry nie!! ;)
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: watse scope.

Post by 243Songdaug »

Verkoop liewer die geweer - wil vir my lyk het het 'n val manier aan hom.  Vallende siekte of so iets? As ek reg onthou is dit nie sy eerste oortreding hierdie nie?

Pa Francois is seker gladnie dik van die lag vir julle 2 nie?
Dont tell me, show me......
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: watse scope.

Post by Skolla »

Francois Briedenhann wrote: nadat my geweer geval het...
Toe ek in die weermag was en jy het jou geweer laat val moes jy kierts regop staan en dan val langs jou geweer sonder om met jou hande,arms of enige iets te keer.
Jy sou liewer jou kos of enige iets anders laat val behalwe jou geweer!
Jy het hom ook nerens neergesit waar iets of iemand hom kon omstamp nie!
Hy was altyd baie na aan jou! Verkieslik in jou hand!
As hulle jou geweer weg van jou af gekry het , was jy diep in die k@#.
;) :police:
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: watse scope.

Post by Francois Briedenhann »

Jaco

Ja dit is sy 2de keur maar die een was die hond wat hom om gehardloop het.Jy self weet ek kort n ander scope.Hy word darm einde die maand bestel.(4-16x50).

Groete FB
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: watse scope.

Post by 243Songdaug »

Arme hond! Gelukkig weet jou pa nognie dat jy eintlik lankal 'n nuwe scope gesoek het nie!

Goeie keuse vir 'n scope - jy het nog nie met KSV gepraat oor 'n Nicon nie?
Dont tell me, show me......
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: watse scope.

Post by Pvdw »

FB as ek jy was het ek enige scope gevat met sulke lekker duk rubber orals om die scope, amper soos die Robust sel fone wat mens kan koop ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: watse scope.

Post by BLOK »

Peet

Ek het nounet aan die selfde gedink, wonder of kan hy nie sy geweer en scope na een van die plekke vat wat Rinolining op bakkies sit nie, dink dit sal in n mate help ;) ;D ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: watse scope.

Post by Francois Briedenhann »

Hahaha manne en Ooms hier op die plaas gaan dit maar rof!!Jaco ja ek gaan maandag by ksv gaan loer hy het scope wa aan ek ook belang stel.

Groete FB
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: watse scope.

Post by Monrique (SJ) »

Sal se n 6.5-20x50 of 4.5-14x42 Burris is reg vir daai van jou.


Groetnis
User avatar
Romac
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jul 27, 2011 7:04 pm

Re: watse scope.

Post by Romac »

Dagse Vriende

Ek het ook so gewik en weeg oor watse scope ek moet koop vir my Winmag 300 en nadat ek met n vriend se 243 geskiet het wat n Lynx 2.5x 10x56IR geskiet het, was ek oortuig daarvan dat dit die scope vir my was. Ek het toe so deur die week vir my 2.5x10x 56IR gekoop en opgesit.

Ek het ook self my ammunisie begin laai en na verskillende ladings het ek toe die volgende gebruik:

1.  Nosler Partition 180gr punte met S365 kruit 66.50 grein en met CCI 200 primers en Remmington doppe (groepering op foto aan linkerkant)


2.  Nosler Accubond 180gr punte met S365 kruit 66.90 grein en met CCI 200 primers en Remmington doppe (groepering op foto aan regterkant)


Ek self het myself verbaas to ek met die 3 rontes Nosler Accubonds so akuraat skiet op 100m en dit moet ek ook se, dis te danke aan die nuwe Scope.


Groete :)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
300 Win Mag, 243, 12 Boor O/U
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: watse scope.

Post by KalahariKlong »

Romac, baie mooi gegooi daar en welkom hier by ons.

Francois, die 4.5-14 x 42 waarvan SJ praat loop baie mooi en sy groot boet die 6.5 - 20 ook.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
TASCO
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 05, 2011 3:07 pm

Re: watse scope.

Post by TASCO »

Francois,

Ek dink die Rudolph 4-16x50mm met die D1 of D2 kruishaar sal perfek werk vir jou .243 in die aand! Teen R3 900 is dit beslis die beste waarde vir geld! Ek gebruik myne met die D1 kruishaar ook op 'n .243 en hy werk fantasties met die jakkals skietery.

Die optics is besonders goed en jy sal nie 'n fout maak nie!

Tasco
Post Reply