Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post Reply
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by Hennie Oelofse »

Goeie dag manne,

Het iemand dalk n lys van wapen handelaars in Gauteng?

Ek het twee weke terug n pistool gekoop by n handelaar in Johannesburg(ek gaan eerder nie name noem nie), maar die vuurwapen se 350 vorm is nog nie afgehandel nie. Basies is die vuurwapen nie op die handelaar se naam nie so ek kan nie my lisensie aansoek by Lyttleton DFO inhandig nie, hulle weier as die 10.5 vorm nie wys dis op die handelaar se naam nie. Ek het nou al gespook om hierdie wapen op die handelaar se naam te kry, maar kom net nie reg nie. Ek het my jagters vereniging geskakel om raad te vra, hulle het gese ek moet die koop kanselleer omdat dit gewoonlik tot 3 maande kan vat. Ek het vandag die koop gekanseleer.

Ek is opsoek na n CZ P07 of CZ P10c verkieslik in FDE kleur, maar sukkel vreeslik om van hulle in die hande te kry.

Is hier dalk iemand om die forum met n handelaar lys van Gauteng? Ek wil bietjie rondbel vir pryse.

Groete,

Hennie Oelofse
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by win270 »

Hennie, daar is natuurlik talle handelaars . . .

Begin by die soektog deur op vlg GOOGLE link te click . . .

https://www.google.com/search?q=gauteng ... e&ie=UTF-8
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by Plaashaas »

Die 350 probleem is egter aan heel moontlik aan CFR se kant. Nie noodwendig die handelaar nie want ek weet van baie wat met dieselfde probleem sukkel of gesukkel het.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by Fanta300 »

Die SAP is in die proses om die verwerking van SAP350 forms na die handelaar af te delegeer. As alles in plek is behoort dit dan maks 72 uur te neem om ‘n wapen op handelaars voorraad te hê.

Kom ons hoop dit werk uit.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by jankraay »

Fanta300 wrote:Die SAP is in die proses om die verwerking van SAP350 forms na die handelaar af te delegeer. As alles in plek is behoort dit dan maks 72 uur te neem om ‘n wapen op handelaars voorraad te hê.

Kom ons hoop dit werk uit.
Ek sal Oom Fantie more kan se of dit al werk. My GS/Handelaar het dit gister gedoen en ek praat more weer met hom.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Hennie Oelofse
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri May 09, 2014 12:31 pm

Re: Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by Hennie Oelofse »

Dankie dat julle laat weet, dit sal great wees as hierdie 350 ding bespoedig kan word. Ek het gehoor dit is n algemene probleem. My handelaar het egter vesuim om vir my te sê dat die 350 tot 3 maande kan vat en dat die wapen wat ek gekoop het minder as n week terug in die land ingekom het.

Eers nadat ek my speelgoed uit my kooi gegooi het na die tweede week van sukkel omdat ek al twee keer vir amper n uur by Lyttleton DFO in die tou gaan staan het en nie my aansoek kon ingee nie het die handelaar oop kaarte met my gespeel. Hy het die dag nadat ek die wapen gekoop het eers die 350 vorm CFR toe gestuur.

Ek is bly om te noem dat ek reggekom het met n pragtige P10c FDE by n ander handelaar.

Goete.
CZ P-10c
CZ 200s PCP
.22 CZ
7x57 BRNO
9.3x62 CZ 550 Lux
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Wapen Handelaar Lys Gauteng

Post by 470rigby »

Fanta300 wrote:Die SAP is in die proses om die verwerking van SAP350 forms na die handelaar af te delegeer. As alles in plek is behoort dit dan maks 72 uur te neem om ‘n wapen op handelaars voorraad te hê.

Kom ons hoop dit werk uit.
Die kanse dat dit gaan werk is na my opinie nie groot nie, daar is te veel foute op die SAPS se IT stelsel. Maar kom ons kyk….
Post Reply