Springbok en Jakkals scope
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Springbok en Jakkals scope
Goeie naand.
Ek is op soek na 'n telleskoop wat sal werk vir nagskiet maar ook vir dagskiet, nou en dan gonge. Ek skiet my eie ongediertes en ons doen baie voorsit jagte.
Ek skiet 'n custom 243 met 70gr Nosler Varmageddon teen 3400fps.
My budget is R15k. Ek soek verkieslik iets met afmik merkies.
Groete

- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Sightron Stac 2.5-17.5x56. Lekker illuminated red dot vir die aand en n fyn kruisdraad met af mik plek vir die springbok skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190628/666f633f4568ed0e96ed0b30cee1f660.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Springbok en Jakkals scope
Skiet self met S&B 2.5-10x56 Zenith FFP en ek het nog nie met iets beter geskiet in die aand, maar is buite budget.
Het PST GenII FFP op LR geweer en geniet hom baie, maar ook bietjie uit jou budget en is ook nie so duidelik soos die S&B in die aand.
Ek het wel deur buurman se 2 Athlon teleskope gekyk (R25k en R8,5k nie seker van model name) en ek kan dit heelhartig aanbeveel! Ek oorweeg sterk om PST te smous en Athlon toe te gaan.
https://www.youtube.com/watch?v=clC7AZm ... jRNphUeZyE

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Hoe vêr gaan daai gonge wees waarvan jy praat?geelslang wrote:Goeie naand.
Ek is op soek na 'n telleskoop wat sal werk vir nagskiet maar ook vir dagskiet, nou en dan gonge. Ek skiet my eie ongediertes en ons doen baie voorsit jagte.
Ek skiet 'n custom 243 met 70gr Nosler Varmageddon teen 3400fps.
My budget is R15k. Ek soek verkieslik iets met afmik merkies.
Groete
Met n vleisie...
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Tot so 500m en my budget kan darm rek na so R20k toe....
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Z5 swartworsie met BT en brh
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
+1. Draai sy vergroting af in die aandSupacow wrote:Z5 swartworsie met BT en brh
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Wat van n sightron 8-32x56 moa
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Z5 5-25 of 3.5-18geelslang wrote:Tot so 500m en my budget kan darm rek na so R20k toe....
Selfs die baba Z5 2.4-12x50 sal jou vêr vat met bitter nice optics.
Met n vleisie...
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Springbok en Jakkals scope
Ek soek na presies dieselfde teleskoop. Ek sien uit na meopta se nuwe reeks Optika 6 teleskope.
Meopta se glas is mooi in die nag en die teleskope gaan turrets hê waarmee jy kan dail vir daai gonge skiet, die 3-18x56 met bdc 3 kruishaar lyk na die wenner vir my.
Dit lyk of hulle binne jou prysklas ook sal wees.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Meopta se glas is mooi in die nag en die teleskope gaan turrets hê waarmee jy kan dail vir daai gonge skiet, die 3-18x56 met bdc 3 kruishaar lyk na die wenner vir my.
Dit lyk of hulle binne jou prysklas ook sal wees.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Sal die 4-14×56 SHV nie ook lekker werk nie?
Danie weet jy of hulle al in die land is?
Danie weet jy of hulle al in die land is?
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Springbok en Jakkals scope
Baie ouens skiet net nightforce scope jakkals en jag met hulle, maar die 5-20x56 shv wat ek gehad het se field of view was vir my n bietjie klein, dit wil vir my voorkom of die europese teleskope beter field of view en n groter eyebox het wat help om vinniger op die teiken te kom.
Ek het n bestelling in vir n meopta wat al net na huntex hier sou wees, maar ons wag nogsteeds. Blykbaar die verskaffer wat die invoer vertraag, ek is nie seker nie.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ek het n bestelling in vir n meopta wat al net na huntex hier sou wees, maar ons wag nogsteeds. Blykbaar die verskaffer wat die invoer vertraag, ek is nie seker nie.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Die swarovski z5 werk lekker in die nag as jy sy vergroting afdraai. Die BRX kruishaar is persoonlik vir my te besig vir nagskiet, maar is weer lekker vir gonge en lang skote op wild. Sy interne verstelling is wel min met die 25mm buis. Jy raak hom gewoond, maar gewone plex kruishaar is vir my die lekkerste vir nagskiet.
Jou budget is reg so jy het heelwat opsies. Ek sou paar van hulle in die winkel gaan toets het as ek jy was. Persoonlik dink ek dit is baie moeilik om one size fits all scope te kry as jakkalsjag in die mix gegooi word, maar soos genoem kan jy hom laat werk.
Jou budget is reg so jy het heelwat opsies. Ek sou paar van hulle in die winkel gaan toets het as ek jy was. Persoonlik dink ek dit is baie moeilik om one size fits all scope te kry as jakkalsjag in die mix gegooi word, maar soos genoem kan jy hom laat werk.
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Die Z5 klink vir my na die regte scope maar hy nie vreeslik "robust" nie. Of ek nou die gong skiet uit die vergelyking haal of nie ek dink die poel van teleskope vir die doel bly die selfde.
Dirk hoe is die PST 2 se glas in die aand?
Snaaks niemand het nog die Zeiss V4 genoem nie
Dirk hoe is die PST 2 se glas in die aand?
Snaaks niemand het nog die Zeiss V4 genoem nie
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Het 'n Swarovski Z3 4-12 x 50 met gewone plex kruishaar en ballistic turrets op 'n 223. Baie helder in die nag en die BT maak stel vir afstand in die nag maklik. Zero op 100, eerste ring se knoppie op 200 ens. tot 400. Skiet gemaklik gonge tot 400 met hom. Het nog nie verder gonge probeer nie maar ek glo nie dit sal 'n probleem wees om tot 600 meter gonge te klap nie.
Ek het ook teleskope met 24 en 25 x vergroting maar dink ons maak deesdae dalk te veel van vergroting. Tot op 600 meter sal 12 tot 20 x vergroting ook werk.
"Field of view" en helderheid in die nag is belangrik. Soos ek ouer word is 'n duidelike plex-kruishaar in die nag ook makliker op die oog
Ek het ook teleskope met 24 en 25 x vergroting maar dink ons maak deesdae dalk te veel van vergroting. Tot op 600 meter sal 12 tot 20 x vergroting ook werk.
"Field of view" en helderheid in die nag is belangrik. Soos ek ouer word is 'n duidelike plex-kruishaar in die nag ook makliker op die oog
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Ek skiet ook 'n Z3 op 1 van my jakkalsroere en stem 100% saam met jou. Die 25 vergroting is lekker as mens op lang afstande begin speel. Vir nagskiet en jag is daai Z3 bitter lekker
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Sien gereeld Z3's ge-adverteer vir rondom R14 000. Dit is baie goeie waarde vie geld.Dink dit is manne wat groter vergroting teleskope wil koop. Dalk dink hulle dit sal kompenseer vir swak skietwerk.Malan123 wrote:Ek skiet ook 'n Z3 op 1 van my jakkalsroere en stem 100% saam met jou. Die 25 vergroting is lekker as mens op lang afstande begin speel. Vir nagskiet en jag is daai Z3 bitter lekker
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Ek het self 'n Leupold LRP wat tans diens doen op my 30-06. Ek skiet baie selde op meer as 14x. Dink die Z3 sal ook goed werk. Hier is juis 'n paar z3's en 5'e wat die rondte doen. Dit raak net moeilik in die dag as 'n bok hier 300+ staan en jy moet begin afmik vir wind en afstand met 'n plex kruis. As jy een van die twee kan makliker maak en meer sekuur kan toepas as net afmik sonder 'n mikpunt sal dit nonnodige voute uitskakel....
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
ballistic turret werk mooi vir dit. Ek het die 4W reticle wat help vir wind. Roer is gezero op 200m. Ballistic turret loop dan mooi op 300m 400m en 500m vir elevation. Maak net seker oor jou elevation turret wanneer jy die volgende dag gaan skiet........geelslang wrote:Ek het self 'n Leupold LRP wat tans diens doen op my 30-06. Ek skiet baie selde op meer as 14x. Dink die Z3 sal ook goed werk. Hier is juis 'n paar z3's en 5'e wat die rondte doen. Dit raak net moeilik in die dag as 'n bok hier 300+ staan en jy moet begin afmik vir wind en afstand met 'n plex kruis. As jy een van die twee kan makliker maak en meer sekuur kan toepas as net afmik sonder 'n mikpunt sal dit nonnodige voute uitskakel....
Last edited by Malan123 on Sun Jun 30, 2019 11:49 am, edited 1 time in total.
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Die afmik strepies werk baie lekker vir bekende afstande. Maak net seker jou geweer se lading werk op n sekere vergroting om te 'true' met die strepies. Wat ek bedoel is dat hulle naby aan 100, 200, 300, ens is op n leke vergroting. Die 2nd focal teleskope verskil die afstande soos jy vergroting verander. Maar hier help n ballistiese app baie, soos bv strelok.
Mooi dag
Mooi dag
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
22/250 met leopold varmint kruishaar en 40gn BT @ 4210 loop soos stroop. Zero op 200, volgende strepie is 299m, volgende een is 406m op 20 vergroting. Nagskiet draai ek af na 10 vergroting en skiet gladnie verder as 220m. Selfs met NF NXS draai ek af na 11 vergroting wanneer ons ape in die aand skiet. Te veel ‘distortion’ op groter vergroting. My 2c
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
Ek het toe besluit op 'n Zeiss V4. Ek moet nog net met my 243 se ladingontwikkeling klaar maak dan kan ek hom begin gebruik. Oes oor 'n week klomp bokke, dag en nag en dan kom gee ek terugvoer.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Springbok en Jakkals scope
wat is 'n 2de handse Z6 werd? 2-12x50 met A400-300 kruis?
moet eintelik myne laat gaan om my besigheid uit te brei. maar kry dit nie oor my hart.
gedink om hom met die klein shv te vervang een of ander tyd
moet eintelik myne laat gaan om my besigheid uit te brei. maar kry dit nie oor my hart.
gedink om hom met die klein shv te vervang een of ander tyd
HOU HOM DAAI DIKTE
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Springbok en Jakkals scope
Ek het nou een met turrets gekoop vir R20kcassie_calvinia wrote:wat is 'n 2de handse Z6 werd? 2-12x50 met A400-300 kruis?
moet eintelik myne laat gaan om my besigheid uit te brei. maar kry dit nie oor my hart.
gedink om hom met die klein shv te vervang een of ander tyd
Sent from my iPhone using Tapatalk