Page 1 of 1
Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 12:14 pm
by sako 30-06
Ek wil graag uitvind wat is die gewig verskil tussen n jong Waterbok Bul (Onder 15") en n Waterbok koei?
Die prys is amper dieselfde. Sal die koeie se vleis aansienlik beter wees of redelik dieselfde aangesien dit n jong bul is?
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 12:30 pm
by Capt. Yoda
Glo die jong bul sal gaaf wees en dan kan jy darem n foto vat met n ding met hornigs
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 12:38 pm
by jdpretorius
'n jong bul sal seker so tussen 90 & 120 kg wees (hang ook maar af van 'n paar goed), en vleis is baie lekker. Daar is vir my nie rerig 'n verskil in smaak t.o.v. koei vs bul nie.....dit hang ook af of jy hom reg hanteer tot hy in die koelkamer hang.
Om te se' een is sagter as 'n ander is moeilik. Ons skiet maar gewoonlik bulle omdat dit is wat die veld ons gee.
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 12:38 pm
by sako 30-06
Wat weeg n koei +/-?
Dit maak eintlik nie eers saak nie, die bulle is R500 goedkoper so hopelik loop n bul voor my in.
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 1:12 pm
by Capt. Yoda
Ek praat onder koreksie maar ek dink karkas is so 80kg tot 85kg en dalk nou en dan bq oor die 90kg. Is een van die beter vroulike diere om te skiet
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 3:13 pm
by Duif
Ons het die laaste paar jare al so 6 koeie geskiet en die gemiddelde gewig is so 90kg met die ligste 75kg en die swaarste een was laas jaar geskiet 123kg, maar jy kry nie sommer 'n koeie daardie grote nie.
D_Waterbok_123.2KG.jpg
Hierdie een was die 123kg en my dogter het hierdie een geskiet wat 89kg uitgeslag het.
Z_Waterbok_89.4KG.jpg
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 3:21 pm
by Plaashaas
Passop net vir n waterbok koeie wat maklik n 60kg vers is as hul alleen staan. Daai groot ore en hare laat hul groter lyk as hul alleen is.
Swaarste bul wat ek geskiet het was 143kg 31"
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 3:39 pm
by Wouter Roets
Sako
n Bul onder 15" duim gaan nog baie jonk wees so die vleis gaan verseker goed wees. Koeie se gewig is baie dieselfde as koedoe koeie sin, ek praat nie van daai goed van die Oos Kaap wat soos koedoe's lyk nie. So koei sal die roete wees om te gaan. Wees net by as dit kom by afslag tyd. Sorg dat daar drie manne die werk doen. Twee wat die vel vashou en sorg dat geen hare aan die vleis raak nie en een wat die slagwerk doen. Moet ook nie pens trek voor jy die vel afhaal nie. Haal eers die vel af en trek dan die pens. Sny ook dadelik die pote by die kniee af alvorens julle begin slag. Meeste mense is dit eens dat dit van die beter vleis daarbuite is. Terloops groot bulle kan maklik draai bo 180kg.
En voor ek vergeet gaan geniet die jag.
Wouter
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 3:50 pm
by Duif
Wouter Roets wrote:Sako
n Bul onder 15" duim gaan nog baie jonk wees so die vleis gaan verseker goed wees. Koeie se gewig is baie dieselfde as koedoe koeie sin, ek praat nie van daai goed van die Oos Kaap wat soos koedoe's lyk nie. So koei sal die roete wees om te gaan. Wees net by as dit kom by afslag tyd. Sorg dat daar drie manne die werk doen. Twee wat die vel vashou en sorg dat geen hare aan die vleis raak nie en een wat die slagwerk doen. Moet ook nie pens trek voor jy die vel afhaal nie. Haal eers die vel af en trek dan die pens. Sny ook dadelik die pote by die kniee af alvorens julle begin slag. Meeste mense is dit eens dat dit van die beter vleis daarbuite is. Terloops groot bulle kan maklik draai bo 180kg.
En voor ek vergeet gaan geniet die jag.
Wouter
+1
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed May 29, 2019 5:56 pm
by Frikkie Coetzee
Wouter Roets wrote: ek praat nie van daai goed van die Oos Kaap wat soos koedoe's lyk nie.
Jy soek vir bollie Wouter......
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Thu May 30, 2019 7:48 am
by Wouter Roets
Frikkie Coetzee wrote:Wouter Roets wrote: ek praat nie van daai goed van die Oos Kaap wat soos koedoe's lyk nie.
Jy soek vir bollie Wouter......
Frikkels ek wil net seker maak Sako verstaan dat die waterbok koeie nie 50kg uitslag nie.
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Thu May 30, 2019 9:42 am
by Capt. Yoda
hahahahaha lmga
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Thu May 30, 2019 10:03 am
by Kotze .204R
Ek wil graag hoor wat weeg n volwase bul omtrent ek beoog om volgende week 1 te soek in die Rooibokkraal area.
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Thu May 30, 2019 10:39 am
by Eduard Venter
Kotze .204R wrote:Ek wil graag hoor wat weeg n volwase bul omtrent ek beoog om volgende week 1 te soek in die Rooibokkraal area.
Ek het die week 'n bul geskiet wat 111kg uitgeslag het geen vet nie. Nou nie 'n monster nie maar 'n volwasse bul. Glo jy sal groter kry as daar baie waterbokke is.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Tue Jun 18, 2019 1:50 pm
by sako 30-06
Ek kon toe nie n Waterbok kry nie, maar kon darem die bulletjie kry.
30-06, 180gr Nosler Accubond, 255m.
Die koeel, het uitstkend gewerk.
Waterbok bul of Koei?
Posted: Tue Jun 18, 2019 1:52 pm
by Willeboer
Baie geluk op die mooi bul. Ek neem aan julle het bietjie gesweet om hom van daai koppie af te dra.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Tue Jun 18, 2019 2:05 pm
by sako 30-06
Willeboer wrote:Baie geluk op die mooi bul. Ek neem aan julle het bietjie gesweet om hom van daai koppie af te dra.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie dankie.
Dit was nie maklik nie, maar verseker die moeite werd.
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Tue Jun 18, 2019 3:16 pm
by Wouter Roets
Geluk Sako met n baie mooi bok!
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Tue Jun 18, 2019 7:12 pm
by ruaanb
mooi bul daai! geluk
Re: Waterbok bul of Koei?
Posted: Wed Jun 19, 2019 6:32 am
by DWB
Baie geluk met ñ mooi bul