Geen lasers

Post Reply
User avatar
Steyn
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Aug 15, 2010 10:19 am

Geen lasers

Post by Steyn »

Kan van die ooms wat met green lasers jakkies geskiet het my asb meer vertel. Is dit effektief?        Steyn
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Geen lasers

Post by Vosman »

Steyn, ek verstaan dalk nie mooi nie.
Al wat ek weet van die green lasers is dat jy dit gebruik om die jakkie se leplek te merk na jy hom geskiet het met 'n geweer. ;D
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Geen lasers

Post by Freek »

Ek het 'n ND3 Laser getoets die naweek....  Nou nie iets waarroor ek te veel opgewonde kan raak nie.

Sig afstand en field of view is baie beperk,  maks 100-150m. Wat ek gevind het kan werk is om met handlig te soek en jakkals oog op te tel. Skakel handlig af en swaai oor na laser want nou weet jy mos uit watter rigting vlekkie vir jou bekruip. Ek kan nie dink dat mens effektief net met die laser gaan kan soek en die ogies optel nie. Identifikasie met die ND3 Laser is ook maar 'n waag en skat situasie, o? kan jy sien maar die jakkals of duiker/steenbok se lyf word nie so maklik met die ding onderskei nie - veral is die teiken aan die verkeerde kant van 100m staan.

My persoonlike opinie, hou maar eerder by die lig en dimmer.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Geen lasers

Post by Koos Barnard »

Dags?
Het nie die laser op jakkals getoets nie maar wel in die veld op wild. Het eers gedink dit sal goed werk maar na verskeie toetse agtergekom dis nie so nie. Sigafstand is beperk tot omtrent 150m. 'n Vriend het dit baie suksesvol op bosvark gebruik waar die afstand ongeveer 50m is. Varke knip nie 'n oog as die lig aangeskakel word nie. Ek voel die vervaardiger se claims is 'n bietjie optimisties en stem saam met Freek - hou maar by ligte en dimmer.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Geen lasers

Post by 243Songdaug »

Steyn

My persoonlike mening is ook dat hulle nie is wat hulle adverteer word om te wees nie.  Ek skiet al baie jare jakkals en ek is gladnie impressed met die lasers nie.

As jy jare se tyd het om in te zoom op die jakkals wat lekker doodstil staan en vir jou wag om klaar te zoom kan hy seker werk, maar die jakkalse hier in die Kuruman omgewing bly in 'n dig beoste area en dus is die tyd wat jy het om te skiet maar redelik beperk.

Het Saterdag aand 'n goeie voorbeeld gehad - ons het jakkals teikens opgesit met reflective tape vir ogies - die tape is in 3 x 3mm blokkies geknip en opgeplak.  Een ou met 'n laser het my sommer gou ingelig dat my reflective tape te klein is want hy sukkel om hulle in die scope te sien met die laser.  ek het ma net gelag en rustig my 170 Lightforce uitgehaal - en skielik was al die jakkalse se ogies duidelik sigbaar, selfs die outjie op 350m wat agter 'n bos geplaas is.

Laser sal goed werk om mee te point en die die mense in die dorp me te impress, ma in die veld is hy 'n no-go.
Dont tell me, show me......
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Geen lasers

Post by Kleinpiet »

Ek dink nie die manne kon dit beter gestel het nie stem saam met als behalwe afstand. 
Ek dink sal nie verder as 80 miskien 100m efektief wees nie.  "my scope nie so 'n duur een nie"
User avatar
Steyn
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Aug 15, 2010 10:19 am

Re: Geen lasers

Post by Steyn »

Baie dankie aan almal se insette. Waardeer. Groete.        Steyn
User avatar
Steyn
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Aug 15, 2010 10:19 am

Re: Geen lasers

Post by Steyn »

Dankie vir almal se opinies.                          Groete.                  Steyn.
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Geen lasers

Post by Arno Pienaar »

Naand manne.        Jamer ek vra so watter groote laser[voor] het julle getoets want ek was hier by n ou en syne is n 40mm voor en ek kom maklik n springhaas op 150m geidentifiseer het maar as julle hom getoets het vertaan ek.                    Groete Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Geen lasers

Post by Geno »

Pienaar,
150m is nie v?r genoeg nie mater. Ek like om jakkals te ID op 300m+. Dit gee my kans om rustig te raak terwyl hy inkom tot op skietafstand (+-100 tot 150m)

My 2 zim sente.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Geen lasers

Post by Arno Pienaar »

Geno.                Ek verstaan wat jy meen maar wat ek wil doen is om hom met die nagsig [verkyker] te soek en om dan oor te slaan na die laser toe
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Post Reply