Besonderse tyd saam vriende...
Posted: Sat Apr 20, 2019 12:44 pm
Goeie dag...
Hoop dit gaan goed met almal. Ek was bevoorreg om paar lekker dae saam Myburgh en nog 'n maat van my in die Kalahari te kon deurbring. Vir die hoeveelheid reën wat in dele geval het is die veld baie mooi en die wild besonders mooi. Ons het paar mooi diere geskiet en lekker tye was weer gedeel om die vuur...die Kalahari bly maar net besonders, eie in sy soort. 'n Baie goeie vriend van my het vir my gesê hy wil bitter graag 'n mooi kudu bul skiet en ek is dankbaar ek kon hom help daarmee...en natuurlik was my beste pel Myburgh aan my sy. Om die waarheid te sê ek voel hulpeloos sonder Myburgh in die veld.
Die oggend van die jag het aangebreek en met sonop was ons in die rooi tweespoor sandpad en die grond was lekker klam na die nag se paar druppels...ons het sommer net daar stilgehou en die kosblikke nader getrek. Die vorige nag se lewe was duidelik sigbaar in en om die sandpad...hier en daar was 'n waterplassie in die pad met spore wat aandui dat diere klaar vars reënwater geskep het deur die nag.
Op die plaas aangekom het ons als afgepak en gekyk of die gewere op kol is. My maat het 3 mooi varke geskiet en ek 'n mooi gemsbok...dit was dan die eerste keer wat ek die voorreg kon kry om met 'n 300WM te kon jag...ek het al baie opinies rondom die vuur gehoor van 'n 300WM, maar omdat ek net 'n .308 en .223 ken verkies ek om nie aan sulke gesprekke deel te neem nie. Ek het die vorige aand vir my pel gevra as die geleentheid hom voordoen of ek 'n gemsbok met sy geweer kan skiet...so was dit dan ook dat 'n alleen gemsbok opgeduik het...die bok het reguit na my staan en kyk , die afstand was nie baie vêr nie, ek het die bok reg van voor in die kuiltjie geskiet met 'n 180gr Accubond....die uitwerking was heel indrukwekkend en laat die middag het ek 'n groot bobbejaanmannietjie heelwat verder geskiet , ek dink 'n 300WM is 'n besonderse kaliber.
Laat middag het ons na 'n mooi kudubul gesoek en in die skadu van 'n Witgat het hierdie besonderse dier gestaan , effen skuins na ons gedraai. Ek kon sommer met die gewone oog sien dis heelwaarskynlik wat my pel wou skiet, hy het vir my aangedui dis die een wat hy al lank voor soek. Die skoot het geklap en die bok het sy horings agteroor gepluk en reg weg van ons deur die takke gebreek...toe die punt hom tref kon ek duidelik sien dis 'n raak hou, dis meer asof die bul met iets baie swaar voor die bors geslaan is...Myburgh het dadelik aangedui dat hy die bok so 40 meter verder sien struikel het, en dan ook sommer net daar geval het...perfekte hartskoot. My pel het nader gestap na sy bok toe en die tevredenheid en tog ook 'n groot mate van respek was duidelik sigbaar...
Hier is 'n paar fotos.
Groetnis