Besonderse tyd saam vriende...
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Besonderse tyd saam vriende...
Goeie dag...
Hoop dit gaan goed met almal. Ek was bevoorreg om paar lekker dae saam Myburgh en nog 'n maat van my in die Kalahari te kon deurbring. Vir die hoeveelheid reën wat in dele geval het is die veld baie mooi en die wild besonders mooi. Ons het paar mooi diere geskiet en lekker tye was weer gedeel om die vuur...die Kalahari bly maar net besonders, eie in sy soort. 'n Baie goeie vriend van my het vir my gesê hy wil bitter graag 'n mooi kudu bul skiet en ek is dankbaar ek kon hom help daarmee...en natuurlik was my beste pel Myburgh aan my sy. Om die waarheid te sê ek voel hulpeloos sonder Myburgh in die veld.
Die oggend van die jag het aangebreek en met sonop was ons in die rooi tweespoor sandpad en die grond was lekker klam na die nag se paar druppels...ons het sommer net daar stilgehou en die kosblikke nader getrek. Die vorige nag se lewe was duidelik sigbaar in en om die sandpad...hier en daar was 'n waterplassie in die pad met spore wat aandui dat diere klaar vars reënwater geskep het deur die nag.
Op die plaas aangekom het ons als afgepak en gekyk of die gewere op kol is. My maat het 3 mooi varke geskiet en ek 'n mooi gemsbok...dit was dan die eerste keer wat ek die voorreg kon kry om met 'n 300WM te kon jag...ek het al baie opinies rondom die vuur gehoor van 'n 300WM, maar omdat ek net 'n .308 en .223 ken verkies ek om nie aan sulke gesprekke deel te neem nie. Ek het die vorige aand vir my pel gevra as die geleentheid hom voordoen of ek 'n gemsbok met sy geweer kan skiet...so was dit dan ook dat 'n alleen gemsbok opgeduik het...die bok het reguit na my staan en kyk , die afstand was nie baie vêr nie, ek het die bok reg van voor in die kuiltjie geskiet met 'n 180gr Accubond....die uitwerking was heel indrukwekkend en laat die middag het ek 'n groot bobbejaanmannietjie heelwat verder geskiet , ek dink 'n 300WM is 'n besonderse kaliber.
Laat middag het ons na 'n mooi kudubul gesoek en in die skadu van 'n Witgat het hierdie besonderse dier gestaan , effen skuins na ons gedraai. Ek kon sommer met die gewone oog sien dis heelwaarskynlik wat my pel wou skiet, hy het vir my aangedui dis die een wat hy al lank voor soek. Die skoot het geklap en die bok het sy horings agteroor gepluk en reg weg van ons deur die takke gebreek...toe die punt hom tref kon ek duidelik sien dis 'n raak hou, dis meer asof die bul met iets baie swaar voor die bors geslaan is...Myburgh het dadelik aangedui dat hy die bok so 40 meter verder sien struikel het, en dan ook sommer net daar geval het...perfekte hartskoot. My pel het nader gestap na sy bok toe en die tevredenheid en tog ook 'n groot mate van respek was duidelik sigbaar...
Hier is 'n paar fotos.
Groetnis

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ben Remington on Sat Apr 20, 2019 1:09 pm, edited 1 time in total.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
......

.......

........

-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Netjies Ben. Prag fotos en diere.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Pragtig
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Ben jy maak nie mooi nie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Daardie is 'n besonderse kudu.
Ek sien die rooibok bid dat jy hom nie moet skiet nie.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 890
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Baie mooi. Ons is darm maar bevoorreg om hier in die kalahari te lewe.
Dankie vir die deel.
Dankie vir die deel.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Baie geluk,
Baie mooi fotos soos altyd.
Baie mooi fotos soos altyd.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Pragtige foto's, Ben. Julle ervaringe word altyd hier opgeslurp. Doen so voort!
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Baie geluk met die mooi diere. Pragtige foto's. Ja die Kalahari is altyd mooi.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Wat 'n koedoe!!!! Het jy die horings gemeet?
Wat kos die skerpioene daar?
Wat kos die skerpioene daar?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Wat 'n pragtige reeks fotos en wat 'n uitstappie. Dankie vir dat jy dit met ons deel.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Ben soos altyd stel jy nie teleur nie!
Ek mag dit al voorheen genoem het, maar wat 'n voorreg om op so gereelde basis saam jou seun en vriende op so wyse uit te kom en jag!
Ek dink jy het die lewens style waaroor meeste van ons net kan droom! Die dag as jy finaal jou kop neerlê glo ek dit sal met tevredenheid in jou hart wees.
Dit, is vir my, waaroor jag gaan.
Sent from my SM-G975F using Tapatalk

375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Geluk Ben! Mooi bokke mooi fotos soos altyd.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- finch
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Besonderse tyd saam vriende...
Ek wil graag weet hoe hou mens daai boog stil as daai eland in jou rigting loop...
Mooi fotos dankie vir die deel. Glo jy sal darem nog n paar dae later van daai rooi Kalahari sand uit jou ore en tussen jou tone uitgrawe.