Ek plaas hierdie vanaf 'n epos wat ek ontvang het vir die manne wat dalk belangstel, wens ek was nader aan die kaap!
HERLAAIKURSUS NAWEEK ? 25-27 NOVEMBER
As gevolg van verskeie versoeke die afgelope jaar het Hendrik van Rensburg, van Safari & Outdoor, besluit om ?n gevorderde kursus aan te bied in die herlaai van geweer ammunisie. Dit sal hoofsaaklik ?n praktiese kursus wees waar die klem op lading ontwikkeling gel? sal word.
Die kursus vind plaas by IBHADI GAME LODGE, Touwsrivier distrik.
Kursusgangers bring hul eie gewere en relefante herlaaitoerusting saam en gaan deur al die praktiese herlaaifases. Die gelaaide ammunisie word dan getoets op die 400m skietbaan, tot die skut tevrede is met die akkuraatheid.
KOSTE BELOOP R1 200 PER PERSOON EN DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN:
? 2 AANDE VERBLYF EN ALLE ETES WORD VOORSIEN
? SATERDAG ? HERLAAIKURSUS VANAF 8 UUR VM.
? TEIKENS VIR DIE SKIETBAAN
? VERVOER OP DIE PLAAS
? SONDAG ? LEKKER BRUNCH
WAT JY MOET SAAMBRING
? GEWEER EN HERLAAIKOMPONENTE
? DRINKGOED
? ENIGE SPESIALE TOERUSTING WAT JY MAG NODIG H?
? SKRYFBLOK EN PEN
Registrasie moet so vinnig as moontlik gedoen word by:
Lizette ? 086 111 4330 / 084 952 1735 - lizette@safariandoutdoor.co.za
Ek hoop nie daar is iemand wat kwaad gaan wees omdat ek net dalk nie mag gepost het nie, maar ek glo dam nie, dit mos 'n advertensie!
Groete
Danie
