Ek het 'n paar honderd herlaaibare doppe by 'n sekeriteits firma gekry (.223) wat hulle met skiet oefeninge gebruik. Daar is heelwat PMP doppe. Hulle ken ek, maar dan is daar ook Sellier & Bellot (ek dink dit is die spelling) doppe. Het al met hul haelgeweer ammo geskiet maar ek weet nie of hulle doppe goed of sleg is nie.
Kan iemand wat hulle al gebruik het my dalk bietjie vertel waar in die range hulle sal inval wat kwaliteit betref? Ek het hulle nog nie geweeg of enige iets van die aard nie.
Julle hulp word waardeer!
Groete
BS



