CMH Barrel CLean
Posted: Mon Mar 18, 2019 11:01 am
Yes masekinnes!
So jaar of wat terug staan ek en Herme en gesels oor carbon en hoe n pyn dit is om die goed uit n loop te hou. Op die staduim was almal op die Iosso trein en het ons lekker gespeel maar hy se toe vir my ons moet net bq vas hou hulle is besig met n produk wat hulle glo die hele gesukkel met Carbon en veral die aan pak van die harde laag carbon in die keel gaan verander.
So het die tyd verby gegaan en toe ewe skielik begin ek in donker hoeke en in sagte stemme hoor van n nuwe produk wat n paar ouens met groot sukses gebruik in die carbon oorlog.
Jan Kraay het my die eerste fotos gestuur van patches wat lyk of hulle in Marmite gedruk is en net toe ek dink dit is te goed om waar te wees bel Herme my en se daar is n kit oppad ek moet kyk wat ek dink en hom laat weet.
Nou die produk is een ding maar n goed deurdinkte kit is n heel ander ding en met die kit kan n mens sien alles is goed getoets en elke ding het n werk.
https://i.ibb.co/cCcSf6q/58759-CDD-5-C30-40-AD-97-F1-65259-B147-DEE.jpg
Die kit bestaan uit die volgende.
https://i.ibb.co/fXzLvc1/479-F9421-C8-C1-4-BC7-9-F54-7-E66-C3-C62-CDB.jpg
VFG intensive felt pellets, is n groen felt pellet wat lekker werk vir skrop.
CMH stuur so 1 kaliber groter pellet om seker te maak hy sit lekker stuif maar mens kan deur hoe stuif jy die pellet op die adaptor sit nogals bepaal hoe stuif hy in die loop moet in gaan.
VFG "standard" felt pellets.
VFG adaptor sodat jy daai felt pellets voor op jou rod kan in skroef
n Bot Sweets vir die coper en dan n bot met CMH se carbon remover in.
Basies hoe jy hom gebruik is so...
Stoot 3 nie oor stuif patches vol carbon cleaner deur jou loop. Jy sal sien so by die 2de patch begin die swart sous so voor by jou loop uit te loop.
My geweer het hier net 27 skote deur die loop gehad so hy was nie mal vuil nie maar die vol dop N160 los gewoonik genoeg carbon agter.
Die was die eerste 3 nat patches wat ek deur gedruk het
https://i.ibb.co/4R6yn5b/FC7-FE0-E7-82-A5-4835-8527-E52-F1-E6-ED9-E9.jpg
Direk daar na skroef jy jou VFG adaptor op jou rod op en draai n groen VFG pellet op.
https://i.ibb.co/n83zWHn/C2780-E60-18-E3-4216-A1-E6-0-A8410-AE807-B.jpg
Maak hom lekker nat met jou carbon remover en nou werk jy bq daai keel area en die eerste 6 duim van jou loop vir so 20 strokes, ek druk dan die pellet deur die loop tot voor uit, skoef die adaptror af, trek rod terug en skroef weer die adaptor met daai selfde felt op en druk hom weer deur en rinse and repeat. Ek druk hom so 3 keer heel deur die loop met so druppel carbon remover elke keer voor op die felt.
Patch die hele spul uit met skoon patches
Hier is die 4 patches wat ek droog deur die loop gedruk het
https://i.ibb.co/RTcy7MW/813507-A3-1-D1-F-497-D-8-A99-8277591-F65-EA.jpg
Hier na het ek weer die hele proces met die carbon remover herhaal om seker te maak da is niks oor nie en onder is die 2 droe patches wat ek na dit deur gedruk het.
https://i.ibb.co/RYrYy4V/6-A6-C1389-2-CDF-4-C74-8-B9-C-A905-E6-AEFB50.jpg
Hier druk ek dan so 2 patches met kroil deur die loop en patch dit uit om seker te maak daar is niks carbon remover oor in die loop voor ons die sweets gryp nie.
Druk nou 3 patches met sweets op deur jou loop, ek sukkel glad nie met coper in my lope nie maar mens kan sien daar was bq in die loop.
Na jou 3 nat patches deur is skroef jy weer jou VFG adaptor op jou rod en sit n gewone (wit) vfg felt op die rod, maak hom nat met sweets en werk jou hele loop. Jy kan hom maar goed op en af werk want hoe meer jy die sweets "agitate" hoe beter werk dit, hy raak lekker duk en "skuimerig" as hy lekker werk.
https://i.ibb.co/Qnwt6V0/EE0-DFF2-A-F0-EA-4100-831-B-D202-AE5791-F3.jpg
Nou patch ons die spul uit en jy is klaar, yes I sh@t you not!
https://i.ibb.co/s57RM6x/A4-FF5890-6-A24-454-B-A05-A-215-F1000924-C.jpg
Ek het na dit die loop lekker vol Boretech se C4 gedruk en dit vir so uur laat staan om te kyk of daar dalk ietsie weg kruip maar die nat en droe patches na die tyd het spier wit uit gekom.
https://i.ibb.co/jzpkhCH/93-E09-EAC-6-DAB-46-D7-93-B0-1-A2-CCE629923.jpg
Na dit het ek Bortech se chameleon gel op n lekker groot patch deur gedruk en die patch het ook wit uit gekom, die gel wys jou dadelik as daar erens nog coper of carbon in jou loop sit.
Na die Sweets sal ek seker maak alles is mooi droog gepatch want mens wil nie sweets te lank in jou loop los nie, ek patch alles mooi uit, druk dan n patch met surgical spirits deur, weer n droe patch en dan iets met bq oli soos Kroil of Fluid Film of wat ookal jy gebruik op voor ek hom bere.
Ek kan met eerlikheid se dat ek die laaste seker 10 jaar elke denkbare skoonmaak produk op die SA mark gebruik het en 95% van daai produkte staan nog in my kas want dit kon net nie doen wat ek wou he nie. Ek sal nog elke 100 of so skote Iosso op n VFG felt deur die keel en loop werk maar die dae van sukkel met n borsel op n rod in n boor agter in jou aksie is vir my vir altyd verby.
Die produkte wat hier gebruik word is sterk mens kan dit self sien as jy met dit werk en ek weet dit ook so maak seker jy gebruik n goeie boreguid laat die goed nie in jou sneller kom nie, gooi n lap agter oor jou kolf tot onder jou boreguid en moenie die goed op jou blueing smeer nie.
As iemand iets meer in detail wil weet is julle welkom om met die manne by CMH te praat, ek het n rowwe idee wat die prys is maar ek dink dit is beter as julle self met die mense praat of as hulle dit hier op die draat wil noem.
Vir wat jy kry dink ek dit is n bargain as jy dink 1 bot Boretech C4 kos al enige iets tussen R600 en R800 en jy gaan baie meer gebruik van die C4, my hele skoon maak sessie was seker bq meer as 35min met die CMH kit waar dit gewoonlik enige iets tussen 4 en 5 ure oor n paar dae vat om n loop met self net 30 skote weer tot teen die staal skoon te maak soos ek van hulle hou.
As jy baie meer skiet voor jou skoon maak gaan jy moontlik die process meer as een keer moet doen om alles uit te kry veral die carbon remover maar dit is regtig iets om te probeer.
Behalwe vir so 4 of so patches wat ek gebruik het met kroil op tussen die carbon en sweets sessies en n paar vir die chameleon gel is die basies die som totaal van patches wat ek gebruik het, ek het deur rolle en rolle patches gegaan n jaar agv loop skoon maak voor die kit!
https://i.ibb.co/Qv2B31W/FC7-FE0-E7-82-A5-4835-8527-E52-F1-E6-ED9-E9.jpg
https://i.ibb.co/C2xLC37/16-DBB5-D0-8936-441-D-B5-C8-43-CB082-EBFBF.jpg