CMH Barrel CLean

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Yes masekinnes!

So jaar of wat terug staan ek en Herme en gesels oor carbon en hoe n pyn dit is om die goed uit n loop te hou. Op die staduim was almal op die Iosso trein en het ons lekker gespeel maar hy se toe vir my ons moet net bq vas hou hulle is besig met n produk wat hulle glo die hele gesukkel met Carbon en veral die aan pak van die harde laag carbon in die keel gaan verander.

So het die tyd verby gegaan en toe ewe skielik begin ek in donker hoeke en in sagte stemme hoor van n nuwe produk wat n paar ouens met groot sukses gebruik in die carbon oorlog.

Jan Kraay het my die eerste fotos gestuur van patches wat lyk of hulle in Marmite gedruk is en net toe ek dink dit is te goed om waar te wees bel Herme my en se daar is n kit oppad ek moet kyk wat ek dink en hom laat weet.

Nou die produk is een ding maar n goed deurdinkte kit is n heel ander ding en met die kit kan n mens sien alles is goed getoets en elke ding het n werk.

https://i.ibb.co/cCcSf6q/58759-CDD-5-C30-40-AD-97-F1-65259-B147-DEE.jpg

Die kit bestaan uit die volgende.

https://i.ibb.co/fXzLvc1/479-F9421-C8-C1-4-BC7-9-F54-7-E66-C3-C62-CDB.jpg

VFG intensive felt pellets, is n groen felt pellet wat lekker werk vir skrop.
CMH stuur so 1 kaliber groter pellet om seker te maak hy sit lekker stuif maar mens kan deur hoe stuif jy die pellet op die adaptor sit nogals bepaal hoe stuif hy in die loop moet in gaan.

VFG "standard" felt pellets.

VFG adaptor sodat jy daai felt pellets voor op jou rod kan in skroef

n Bot Sweets vir die coper en dan n bot met CMH se carbon remover in.

Basies hoe jy hom gebruik is so...

Stoot 3 nie oor stuif patches vol carbon cleaner deur jou loop. Jy sal sien so by die 2de patch begin die swart sous so voor by jou loop uit te loop.

My geweer het hier net 27 skote deur die loop gehad so hy was nie mal vuil nie maar die vol dop N160 los gewoonik genoeg carbon agter.

Die was die eerste 3 nat patches wat ek deur gedruk het

https://i.ibb.co/4R6yn5b/FC7-FE0-E7-82-A5-4835-8527-E52-F1-E6-ED9-E9.jpg


Direk daar na skroef jy jou VFG adaptor op jou rod op en draai n groen VFG pellet op.

https://i.ibb.co/n83zWHn/C2780-E60-18-E3-4216-A1-E6-0-A8410-AE807-B.jpg

Maak hom lekker nat met jou carbon remover en nou werk jy bq daai keel area en die eerste 6 duim van jou loop vir so 20 strokes, ek druk dan die pellet deur die loop tot voor uit, skoef die adaptror af, trek rod terug en skroef weer die adaptor met daai selfde felt op en druk hom weer deur en rinse and repeat. Ek druk hom so 3 keer heel deur die loop met so druppel carbon remover elke keer voor op die felt.

Patch die hele spul uit met skoon patches

Hier is die 4 patches wat ek droog deur die loop gedruk het

https://i.ibb.co/RTcy7MW/813507-A3-1-D1-F-497-D-8-A99-8277591-F65-EA.jpg


Hier na het ek weer die hele proces met die carbon remover herhaal om seker te maak da is niks oor nie en onder is die 2 droe patches wat ek na dit deur gedruk het.

https://i.ibb.co/RYrYy4V/6-A6-C1389-2-CDF-4-C74-8-B9-C-A905-E6-AEFB50.jpg

Hier druk ek dan so 2 patches met kroil deur die loop en patch dit uit om seker te maak daar is niks carbon remover oor in die loop voor ons die sweets gryp nie.

Druk nou 3 patches met sweets op deur jou loop, ek sukkel glad nie met coper in my lope nie maar mens kan sien daar was bq in die loop.

Na jou 3 nat patches deur is skroef jy weer jou VFG adaptor op jou rod en sit n gewone (wit) vfg felt op die rod, maak hom nat met sweets en werk jou hele loop. Jy kan hom maar goed op en af werk want hoe meer jy die sweets "agitate" hoe beter werk dit, hy raak lekker duk en "skuimerig" as hy lekker werk.

https://i.ibb.co/Qnwt6V0/EE0-DFF2-A-F0-EA-4100-831-B-D202-AE5791-F3.jpg

Nou patch ons die spul uit en jy is klaar, yes I sh@t you not!

https://i.ibb.co/s57RM6x/A4-FF5890-6-A24-454-B-A05-A-215-F1000924-C.jpg

Ek het na dit die loop lekker vol Boretech se C4 gedruk en dit vir so uur laat staan om te kyk of daar dalk ietsie weg kruip maar die nat en droe patches na die tyd het spier wit uit gekom.

https://i.ibb.co/jzpkhCH/93-E09-EAC-6-DAB-46-D7-93-B0-1-A2-CCE629923.jpg

Na dit het ek Bortech se chameleon gel op n lekker groot patch deur gedruk en die patch het ook wit uit gekom, die gel wys jou dadelik as daar erens nog coper of carbon in jou loop sit.

Na die Sweets sal ek seker maak alles is mooi droog gepatch want mens wil nie sweets te lank in jou loop los nie, ek patch alles mooi uit, druk dan n patch met surgical spirits deur, weer n droe patch en dan iets met bq oli soos Kroil of Fluid Film of wat ookal jy gebruik op voor ek hom bere.

Ek kan met eerlikheid se dat ek die laaste seker 10 jaar elke denkbare skoonmaak produk op die SA mark gebruik het en 95% van daai produkte staan nog in my kas want dit kon net nie doen wat ek wou he nie. Ek sal nog elke 100 of so skote Iosso op n VFG felt deur die keel en loop werk maar die dae van sukkel met n borsel op n rod in n boor agter in jou aksie is vir my vir altyd verby.


Die produkte wat hier gebruik word is sterk mens kan dit self sien as jy met dit werk en ek weet dit ook so maak seker jy gebruik n goeie boreguid laat die goed nie in jou sneller kom nie, gooi n lap agter oor jou kolf tot onder jou boreguid en moenie die goed op jou blueing smeer nie.


As iemand iets meer in detail wil weet is julle welkom om met die manne by CMH te praat, ek het n rowwe idee wat die prys is maar ek dink dit is beter as julle self met die mense praat of as hulle dit hier op die draat wil noem.


Vir wat jy kry dink ek dit is n bargain as jy dink 1 bot Boretech C4 kos al enige iets tussen R600 en R800 en jy gaan baie meer gebruik van die C4, my hele skoon maak sessie was seker bq meer as 35min met die CMH kit waar dit gewoonlik enige iets tussen 4 en 5 ure oor n paar dae vat om n loop met self net 30 skote weer tot teen die staal skoon te maak soos ek van hulle hou.


As jy baie meer skiet voor jou skoon maak gaan jy moontlik die process meer as een keer moet doen om alles uit te kry veral die carbon remover maar dit is regtig iets om te probeer.


Behalwe vir so 4 of so patches wat ek gebruik het met kroil op tussen die carbon en sweets sessies en n paar vir die chameleon gel is die basies die som totaal van patches wat ek gebruik het, ek het deur rolle en rolle patches gegaan n jaar agv loop skoon maak voor die kit!

https://i.ibb.co/Qv2B31W/FC7-FE0-E7-82-A5-4835-8527-E52-F1-E6-ED9-E9.jpg

https://i.ibb.co/C2xLC37/16-DBB5-D0-8936-441-D-B5-C8-43-CB082-EBFBF.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Gian_dP »

Lyk na fantastiese kit. " For shooters, by shooters!"
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Ben »

Baie goeie wright up Sieb! Nice!!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Morkel »

Jy sien Cappie jy kan maar. #-baie goed gedoen, hoe se daai manne loop my goed?
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Swede »

Nou wat kos die kit??

Sent from my SM-N960F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
CMH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Mon Apr 11, 2016 8:21 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by CMH »

More almal,

Eerstens well done Cappie, jou opgewondenheid met die ontdekking van iets wat skoonmaak meer draaglik maak is aansteeklik. Ons almal weet jy like n silverskoon loop en staan dalk bietjie meer gereeld as baie van die manne in die gemeenskap agter n skoonmaak stok, so jou opinie is relevant en jou moeite met die toets en skryf van die post word waardeer.

Manne ons werk nou al so van September '18 af eksklusief met die goed en het n ruk lank gevat om seker te maak als werk soos ons gehoop het dit sou, selfs voordat ons vir n paar manne gegee het om te toets en te sien of hulle ervarings ons sin staaf. Dis maar net hoe ons dinge benader, ons vat dinge soos die baie ernstig op en wil seker maak n produk doen wraggies wat ons se hy doen.

Met Cappie se toestemming sal ons die draad gebruik om meer info oor ons Barrel Cleaning Kit te kom deel, vrae te beantwoord en watokal anders ook.

6Mil Sieb se plasing hier was n dag nadat hy die kit ontvang het, en n goeie week of 2 voor ons dit verwag het, weereens se dit baie van sy entosiasme ;).. Maar ons het n besending van die VFG goete (adapters en pellets) vanaf Duitsland oppad om goed na al die manne se behoeftes om te sien. Dit sal dus dieselfde tyd vat voor ons almal kan help, maar ons hou mooi track van almal se bestellings en sal seker maak die regte kits kom by julle uit.

In kort sal die kit as n minimum bevat;
> die Carbon Cleaner,
> VFG Adapter (8/32 UNC) So sal pas op enige US spec stok,
> VFG pellets vir n kaliber - (50x) intensive en (50x) comfort.

Soos dinge staan is die bg hierby R700, en jy hou aan om wat okal jy gewoond is om vir koper te gebruik.

As jy die Sweets (vir koper) saam soek is dit R265 ekstra en pellets vir n ekstra kaliber is R340 by vir beide soorte

Ek wil net noem dat die sous en pellets baie effektief is en veel langer hou as wat man oorspronklik dink.
In kort gebruik ek gewoonlik een van elk per sessie, en so daar is genoeg pellets om jou amper n jaar lank te hou as jy een maal n week die taak uitvoer.

Ons staan by en gereed om te help.

Nogmaals dankie Siebert
CMH
(016)454-5003
herme@cmhprecision.co.za
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by JacquesT (Stompe) »

CMH wrote:More almal,

Eerstens well done Cappie, jou opgewondenheid met die ontdekking van iets wat skoonmaak meer draaglik maak is aansteeklik. Ons almal weet jy like n silverskoon loop en staan dalk bietjie meer gereeld as baie van die manne in die gemeenskap agter n skoonmaak stok, so jou opinie is relevant en jou moeite met die toets en skryf van die post word waardeer.

Manne ons werk nou al so van September '18 af eksklusief met die goed en het n ruk lank gevat om seker te maak als werk soos ons gehoop het dit sou, selfs voordat ons vir n paar manne gegee het om te toets en te sien of hulle ervarings ons sin staaf. Dis maar net hoe ons dinge benader, ons vat dinge soos die baie ernstig op en wil seker maak n produk doen wraggies wat ons se hy doen.

Met Cappie se toestemming sal ons die draad gebruik om meer info oor ons Barrel Cleaning Kit te kom deel, vrae te beantwoord en watokal anders ook.

6Mil Sieb se plasing hier was n dag nadat hy die kit ontvang het, en n goeie week of 2 voor ons dit verwag het, weereens se dit baie van sy entosiasme ;).. Maar ons het n besending van die VFG goete (adapters en pellets) vanaf Duitsland oppad om goed na al die manne se behoeftes om te sien. Dit sal dus dieselfde tyd vat voor ons almal kan help, maar ons hou mooi track van almal se bestellings en sal seker maak die regte kits kom by julle uit.

In kort sal die kit as n minimum bevat;
> die Carbon Cleaner,
> VFG Adapter (8/32 UNC) So sal pas op enige US spec stok,
> VFG pellets vir n kaliber - (50x) intensive en (50x) comfort.

Soos dinge staan is die bg hierby R700, en jy hou aan om wat okal jy gewoond is om vir koper te gebruik.

As jy die Sweets (vir koper) saam soek is dit R265 ekstra en pellets vir n ekstra kaliber is R340 by vir beide soorte

Ek wil net noem dat die sous en pellets baie effektief is en veel langer hou as wat man oorspronklik dink.
In kort gebruik ek gewoonlik een van elk per sessie, en so daar is genoeg pellets om jou amper n jaar lank te hou as jy een maal n week die taak uitvoer.

Ons staan by en gereed om te help.

Nogmaals dankie Siebert
Dit is baie goeie nuus, julle kan my asb op die lys sit.



Groete,
Jacques Theron
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Smit@50 »

Sit my ook op lys asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by honda2 »

Ek stel ook belang in die kit plus die sweets asseblief.

Sent from my SM-A530F using Tapatalk
Gideonviljoen
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Thu Apr 13, 2017 7:13 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Gideonviljoen »

Sit ook op lys asb
Sako 30-06
Sako Varmint 260
Sako 22-250
CZ 375 H&H
Miroku 12G
Glock 9mm
User avatar
OU VOORSLAG
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Fri Mar 22, 2013 9:52 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by OU VOORSLAG »

Naand Herme
Ek stel ook belang, ek sal met jou praat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Die Beste Plek om te wees is die Kalahari
Lee Enfield .303
6.5 x .284
Brnu .22
Howa .22-250
CZ PO7 9mm
User avatar
CMH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Mon Apr 11, 2016 8:21 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by CMH »

Baie dankie vir die bestellings manne, sien uit daarna om die goete by elkeen van julle uit te kry.

Ons vinger is styf op die pols en hoop om die goete vinnig vir julle gereed te he.

Een guns asb, inbox ons asb met julle details (Naam, Van, Epos, kontak no saam met wat jy in jou kit soek) dan het ons nie later nodig om te vra nie en natuurlik gaan dit help wanneer ons die relevante papierwerk moet stuur.

Groete, diep geseende dag en naweek
CMH
(016)454-5003
herme@cmhprecision.co.za
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Ek het vandag weer geweer skoon gemaak wat ek nog moly koels vir ou laas in geskiet het. Kan nie dink jy maak n loop sou vinnig skoon met die goed nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Nardus van der Vyver
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Thu Oct 26, 2017 8:48 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Nardus van der Vyver »

More almal.

Ek vermoed hier gaan nou weer n bom bars !!!--Ek is geen deskundige nie, net n gewone jagter , maar hou daarvan dat my gewere goed groepeer en hulle word opgepas soos babas !!

Ek sit en lees vanoggend die bespreking en dog ek moet/wil die sekerlik holrug geryde "ou topic" maar weer hier opper en kyk watse raad hier uitkom want ek sukkel om te besluit moet ek volhou met dit of gaan iemand my oortuig om afstand te doen van die gebruik!!

Dit lyk en klink vir my so lekker en REG dat lope so maklik deesdae skoongemaak kan word en veral nou met die pakket van CHM !!

Ek en my seun skiet volgende kalibers en almal se koels word ge- MOLY--243, 6.5 CM, 308 WIN. Resultate/groeperings in al 3 kalibers is baie goed
Ek gebruik LYMAN SUPER MOLY (na baie opinies wat ek gekry het, een van die beter/beste produkte om te gebruik )

Dit voel na die artikel vir my of my gewere "VUIL" is !! met die goed (Moly) in die lope

Vrae is nou

Vorm daai gevreesde "carbon ring" ook so agrressief as mens moly coating gebruik
Wat ek wel glo is dat moly lope(veral 243/vinnige kalibers) tot n groot mate "beskerm" teen wrywing/slytasie , maar ek ook geneig om te glo dat lope nie soseer groewe "uitskiet " nie , MAAR dat dit eerder die lande is wat wegbrand en die Carbon ring wat vorm wat naderhand groeperings begin beinvloed ?

Sommige van my maters wat Moly gebruik (en van hulle groot kompetisie skuts/kampioene) se gewere word eers skoongemaak na ongeveer 500 skote !!!--vorm daai carbon ring dan ??

Ek weet van die antwoorde gaan wees----dis n persoonlike keuse en as dit vir jou werk , dan werk dit en dit is sekerlik so maar dit is nie wat ek wil weet nie

Kaptein---jou comment van "nog moly koeels vir oulaas geskiet het " is wat my weereens laat wonder het--vir oulaas se vir my jy het afstand gedoen van die gebruik van Moly

Sien uit na die ontploffing van menings en oortuigings want ek worstel met hierdie ding

BAIE GROETE
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Die rede hoekom ek van moly oor gegaan het na HBN toe antwoord jy basies in jou skrywe, ek hou van my lope silver skoon so ek maak skoon na elke sessie, met moly moet ek die lope weer “vuil” skiet voor n comp anders is die eerste 8 of so skote met moly koels n deurmekaar spul. Sodra die loop weer n lekker laag moly in het het dinge mooi geloop maar ek moes voor elke comp eers n sessie op die baan in sit en die tyd het my begin vang. Met HBN is hy van skoot een af re, jou 2de vraag oor die baie skiet voor die ouens skoon maak is reeds waar moly sy naam gemaak het, die ouens skiet 300+ skote voor hul die gewere skoon maak

Die carbon ring wat ons van praat begin net voor jou dope se bek basies net net voor jou lands begin by jou lead/freebore. Hoe stuiwer jou kamer is hoe vinniger sal jy dit sien, n fabrieks kamer gaan baie meer skiet voor daar dalk n probleem kom maar ek het al Howa 6.5creedmoors gesien met wille ringe in wat heel op hou skiet, so erg dat hy nie n SAjagter tyken op 500m kan raak skiet nie waar hy net voor die V kolle geskiet het.

Of Moly sal help met n carbon ring weet ek nie, ek het in 2 vinnige kalibers wat ek lank met Moly geskiet het dit gekry maar dit was n tyd toe ek geglo het mens hoef nie n loop te borsel nie, sodra die carbon n plek kry om te pak is waar hy begin. Ek sou se as jy dam elke 300 skote of so daai loop en keel heel skoon maak jy daai carbon kan beheer in die keel. So ring form darem nie net oornag nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 477
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Sean3006 »

Cappie

I missed your initial posting.
Just when I thought you were a man of few words... You write such a detailed review !
;)
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Morkel »

Sean3006 wrote:Cappie

I missed your initial posting.
Just when I thought you were a man of few words... You write such a detailed review !
;)
I also had a surprise when he told me yesterday he is going to write product reviews and interviews for Koos. Just waiting on KB to contact him.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
CMH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Mon Apr 11, 2016 8:21 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by CMH »

Goeie More Almal

Goeie Nuus!! Die Cleaning Kits is amper weer beskikbaar!!

Stuur asb 'n inbox message met jou Naam, Van, Epos, kontak nommer saam met wat jy in jou kit soek!
CMH
(016)454-5003
herme@cmhprecision.co.za
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by THOMAST »

Aangaande die VFG skoonmaak proppies: Ek het by Jackie Crafford (eienaar van Bushills wat die agente is vir VFG) verneem dat die proppies gewas kan word en weer gebruik kan word.
Ek gebruik die VFG produkte nou al 'n geruime tyd en kan net goed praat daaroor.
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by 470rigby »

Is dit julle ondervinding dat kalibers met 'n groot uitsettings verhouding soos 308 en 223 ook hierdie koolstof ring problem het? Of hoofsaaklik die "overbore" kalibers?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Ek dink jy sal dit meer sien met die vinniger/overbore kalibers maar 284s en 6BRe kry dit ook. In iets soos my 30.06 wat n klomp kruit in sy dop vat het ek dit nog nie raak geloop nie so dink jy gaan moet hard probeer om dit in n 308 te sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by honda2 »

Naand mense.

Ek het v my die CMH cleaning kit bestel en kan bevestig dat ek net impressed is. Nadat ek my naam oogegee het hier op die forum is ek gekontak deur hulle en het ons betaling en afleweing gereel.

Deurentyd het hulle my op hoogte gehou van my bestselling.

Het toe vandag uiteindelik kans gehad om my roer skoon te maak en wat uit gekom het was amper ontstellend. Maar dit is uit! Ek kan nie wag om weer n paar skote te gaan maak nie om te sien wat die verskil is nie.

Ek kan getuig dat beide produkte vir my baie goed gewerk het en dat alles in n netjiese emmer by my uit gekom het. Dankie vir julle diens.

Groete,
Cornelis

Sent from my SM-A530F using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by ruaanb »

jip die goeters werk. ek is beindruk.
User avatar
CMH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Mon Apr 11, 2016 8:21 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by CMH »

Baie dankie vir julle goeie terugvoer! CMH Groete
CMH
(016)454-5003
herme@cmhprecision.co.za
cloots49
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Mar 07, 2019 3:00 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by cloots49 »

Hi Julle
wil hoor of julle nie dalk weet of die VGF adapter op n RAM cleaning rod sal pas ?

Groete
Cobus
Post Reply