Page 1 of 1
Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 5:57 am
by Jake1
NSA endossement en alle nodige dokumentasie was aangeheg asook motivering vir watter skiet oefening dit gebruik sal word.
AR15 semi auto afgekeur is ogv rede dat cfr aandui mens kon nie registrateur oorreed van die behoefte vir wapen nie, wat stel julle voor Appèl of heraansoek?
Enige raad?
Groetnis
Jaco
Re: Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 6:29 am
by Ritchie
Sluit by GOSA aan. Hulle sal jou help met n appel. Myne was ook afgekeur gewees en het appel ingehandig. 42 kallender dae later toe kom die mooiste sms deur wat mens kan :-)
Re: Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 7:34 am
by Ratel
Jake1 wrote:NSA endossement en alle nodige dokumentasie was aangeheg asook motivering vir watter skiet oefening dit gebruik sal word.
AR15 semi auto afgekeur is ogv rede dat cfr aandui mens kon nie registrateur oorreed van die behoefte vir wapen nie, wat stel julle voor Appèl of heraansoek?
Enige raad?
Groetnis
Jaco
Hulle het dieselfde rede gegee hoekom my semi auto 12br afgekeur was en ek het net weer aansoek gedoen. Aansoek was goed gekeur. Verander net bietjie aan jou aansoek deur 'n paar fotos ens ekstra by te sit.
Re: Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 7:44 am
by Geno
My AR is ook afgekeur om dieselfde rede en ek het ge-appélleer.
Legally Armed se motiveringsfooi sluit appél in en myne is nou by die appél raad.
Re: Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 8:15 am
by Meteor
Ek verbeel my of het gehoor baie mense was afgekeur met semi automatiese wapens die afgelope tyd.
Ek stel voor mens appeleer eerder want die appélraad is versigtiger om af te keur sonder rede want jy kan howe begin gebruik na hulle jou finaal afkeur.
Re: Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 10:36 am
by Fanta300
Ek dink hoe meer ouens appél aanteken, hoe gouer gaan dinge normaliseer
Re: Semi Auto afgekeur Appèl of heraansoek?
Posted: Wed Feb 13, 2019 11:05 am
by JJV
Sluit by Gosa aan, en laat die appèl professioneel doen, twee maande later toe is myne goedgekeur, as jy weer aansoek doen, begin jy weer by dag een.
Sent from my iPhone using Tapatalk