Hallo manne
Daar is 'n stel jakke op 'n hoë koppie waar 'n baken geleë is. Nou met Taffie se kurses het ons geleer waar 'n baken is is gewoonlik 'n nes maar dis onmoontlik om daar te roep in die nag. Wat wel gebeur het is dat 800m weg in 'n rivier het ek 'n hok gestel vir 'n rooikat en nou kry ek 'n klein jakkals teef in die hok. Seker 20cm skouer hoogte. My vraag is sal daai kleintjie al so ver loop as haar ouers is wie ek ken op die koppie of is die jakkalse wat ek nou en dan hoor op koppie se nes eintlik in die rivier 800m weg en gaan lê net bedags bo koppie? Daar is geen ander stel jakkalse in daai area nie want net na die droë rivier is die draad en groot pad. Wat dink julle, is daar 'n kans dat daai kleintjie al so ver loop?
Laas jaar Desember die tyd toe vang ons die reun in die hok 400m van baken af. Nou al 4 jakke op hok gekry en alles op lekker vrot blou aap.
Groete
Klein jakkals in hok
- Termiet
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm
Klein jakkals in hok
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Klein jakkals in hok
jy doen verseker iets reg met daai hok,nie aldag wat hulle in n hok gevang word nie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Klein jakkals in hok
Wat het jy in die hok gesit vir aas?
- Termiet
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm
Re: Klein jakkals in hok
Die beste wat vir ons nog werk is blou aap. Dooie blou aap wat ons los tot hy weg vrot. Daarna gooi ons nog een bo op die ou blou aap. Later lê daar net bene en hare maar gee nog 'n klankie af. Baie katte so gevang en so 2 jakkalse 'n jaar in hok. Ek weet jakkals en hok gaan nie saam nie maar vir een of ander rede werk dit by ons.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Klein jakkals in hok
Dankie, sal dit bietjie probeer
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Klein jakkals in hok
Nog net eenkeer n jakkals in n hok gevang, maar een keer 2 jakalse in twee ysters bymekaar. Na n reentby toe die mens reuke weggewas was.