Victorinox mes regmaak

Enige iets tov messe.
Post Reply
AOosie
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Dec 28, 2016 4:17 pm

Victorinox mes regmaak

Post by AOosie »

Middag manne,
Ek het op n ou Victorinox slagtersmes afgekom wat my ouers seker so 30 jaar terug gekoop het. Ek onthou nog hoe trots my Pa was op die stel nuwe messe wat natuurlik die hele vleisbewerking epsiode baie makliker sou laat verloop. (as ek reg onthou was dit wel die geval - messe was baie skerper en moes minder tussendeur geslyp word) Daar is egter een probleem.....die lem het n "chip" in, seker so 1-2mm diep en dis amper in die middel van die lem. Is daar n manier om dit reg te maak of moet hy maar in die laai bly?
Ek weet nie veel van messe nie en dis heel moontlik n dom vraag :): - ek hoor graag
FN 308
BRNO .22
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Victorinox mes regmaak

Post by airhunter »

Plaas n foto sodat mens n visuele verwysing van die skade het.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13576
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Victorinox mes regmaak

Post by Capt. Yoda »

AOosie wrote:Middag manne,
Ek het op n ou Victorinox slagtersmes afgekom wat my ouers seker so 30 jaar terug gekoop het. Ek onthou nog hoe trots my Pa was op die stel nuwe messe wat natuurlik die hele vleisbewerking epsiode baie makliker sou laat verloop. (as ek reg onthou was dit wel die geval - messe was baie skerper en moes minder tussendeur geslyp word) Daar is egter een probleem.....die lem het n "chip" in, seker so 1-2mm diep en dis amper in die middel van die lem. Is daar n manier om dit reg te maak of moet hy maar in die laai bly?
Ek weet nie veel van messe nie en dis heel moontlik n dom vraag :): - ek hoor graag

Vat hom na n man toe wat hom met n beld kan "slyp", ek het een so stukkend gedruk op n blok gevriesde vleis en my pa het hom toe so laat reg maak. Myne het seker goeie 5cm lank by 1cm diep chip in gehad, jy kan natuurlik sien die mes se dimensies is bq anders maar hy sny nog soos hy moet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2154
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Victorinox mes regmaak

Post by Ds J »

Los hom soos hy is - slyp en werk net verder. Hy sal mettertyd uitkom.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Victorinox mes regmaak

Post by theedge »

Ds J wrote:Los hom soos hy is - slyp en werk net verder. Hy sal mettertyd uitkom.
stem - my een buck mes het so anderman been gekap en my mes so stil stil gebere - toe later met skok gesien, het aangehou met slyp op lansky en toe is daai hap weg
Post Reply