Webley rewolwer ingee

Post Reply
Njappers
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jul 27, 2014 2:57 am

Webley rewolwer ingee

Post by Njappers »

Hi Manne,

Ek het ‘n ou Webley rewolwer wat ek wil ingee. Hy is in ok kondisie, maar die loop is gaar. Ek kan die skelms makliker raak gooi op 5m as skiet. Ek beplan om te immigreer in 2019 en ek wil nie die geweer se Lisensie hernu nie. Ek will graag van sy parte afhaal en probeer verkoop. Wat kan ek afhaal en wat nie?

Groete,
Njaps
Musgrave 7x57 K98
Lee Enfield 303 Mk4no2 Sporter
Webley Revolver Mk3 .455
Mauser MN410b .22
Feinwerkbau Model 110 .177
Gecado Model 27 .177
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Webley rewolwer ingee

Post by tripodmvr »

Sulke ou geskiedkundige vuurwapens behoort maklik aan museums of versamelaars oorgedra kan word. Het jy dit al oorweeg?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Webley rewolwer ingee

Post by Ds J »

Indien dit historiese waarde het moet jy hom liefs nie ingee nie.

En al kan jy hom nie meer gebruik nie sal n gewetensgestremde hom nog steeds in n plaasaanval kan gebruik.

Laat hom eerder skadeloos maak.

Ek is nie seker oor die verkoop van wapenparte nie. Dit is dalk n blink idee.
Njappers
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jul 27, 2014 2:57 am

Re: Webley rewolwer ingee

Post by Njappers »

Dankie vir die advies. Die geweer is 'n Pre-1897 MK3 .455. Hy het niks van sy oorspronklike blueing op nie. Ek het met 'n wapensmid hier in Pretoria gepraat, wat se hul sukkel al jare om van hulle ou Webley's ontslae te raak. Sy ammunisie is ook skaars en duur. As daar versamelaars is wat belangstel, sal ek dit oorweeg.Ken julle iemand? Ek wil net nie sukkel met onbetroubare mense nie. Dis baie makliker om hom net in te gee. As ek sy parte verkoop, kan ek darm iets daaruit kry, maar wie soek nou sulke parte?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Musgrave 7x57 K98
Lee Enfield 303 Mk4no2 Sporter
Webley Revolver Mk3 .455
Mauser MN410b .22
Feinwerkbau Model 110 .177
Gecado Model 27 .177
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Webley rewolwer ingee

Post by PaulM »

Njappers,

Byt net so bietjie vas. 'n Vriend van my het 'n versameling Webleys. Ek gaan vir hom hierdie
besonderhede deurgee. As hy nog nie so een in sy versameling het nie, sal hy sekerlik belangstel.

Ek laat weet jou.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Post Reply