Groepe, MOA en mis skiet....

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Cobus(Cobb) »

Soos julle Forum manne weet, het ek moerse respek en bewondering vir die ouens wat sulke goeie groepe skiet, hier van 10mm af??...nee f@k, ek weetie hoe julle dit doen nie...bewe julle nie??
Ek lees vandag in Jagter tydskrif van Namibie man wat 'n 4.8mm groep skiet, en dit met 'n 308....dit s? mos alles...'n Ding wat my wel opgeval het is dat alhoewel die groep moerse goed geskiet is, is dit relatief v?r van enige kol, blok, kruis of merk op die teiken

[img width=560 height=335]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0011.jpg[/img]

As jy die foto bekyk...waar het die man gemik??...ons neem aan dit was oor 100m en met sy eie geweer..

Verduidelik vir my hoe dit werk...ek weet dit gaan oor die groep/presiesheid vd geweer ....maar dit kan ook dui op 2" van die vitals af oor 100m...

Ek luister graag
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Christo »

Cobb, daai skiet is die PMP PROAMM skiet. Hy moet die dag met die patrone skiet wat voorsien word. Hulle skiet nie waar sy herlaaide patrone sal skiet nie POI verskil mos maar gewoonlik.

Dit was sports op Moorreesburg toe ons die skiet gedoen het omdat die KD af moet wees. Toe skiet albei gewere 30cm hoog en effe regs. eerste probeerslag nie eens die teiken geraak nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Cobus(Cobb) »

Christo...thanx maat dis 'n 100% goeie verduideliking....eks nou weer tevrede  ;)

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Koos Barnard »

Cobb
Groepskiet en bok skiet is twee heel verskillende dinge. Die man wat van dooierus af oor 'n skietbank 'n goeie groep skiet is nie noodwendig die man wat akkuraat in die jagveld skiet nie. Ons spog graag hoe akkuraat ons gewere is en ons spog met groepe van skietbanke af maar eintlik moet ons spog met groepe van skietstokke af. Biltongjagter het nou die dag 'n foto gepos van sy groep uit die staanhouding, dis wat tel. Ek weet ons moet ons gewere toets en mooi groepe probeer skiet want dit gee ons selfvertroue, maar gee my eerder 'n man wat uit veldposisies sy ding kan doen. Die bankskietery gee sommige van ons valse vertroue in ons eie vermo?ns en dan wil ons te lang skote neem in die veld. Onthou ook dat die manne net met hul mooi groepe spog - die slegtes hoor jy nie van nie. Ek het ook al agtergekom dat sommige mooi groepe net 'n poks is. Daar is soveel veranderlikes dat jy nie 'n enkele groep as die ware potensiaal van die geweer of die ammunisie kan aanvaar nie. Dis eintlik nie jou kleinste groep wat bepaal hoe ver jy na wild kan skiet nie maar jou grootste groep. Om enige geweer se ware potensiaal en joune daarmee saam te toets skiet 'n string drie-skootgroeperings oor 'n tydperk van s? 'n maand en sonder om aan jou geweer te stel. Doen dit van skietstokke uit verskillende posisies soos jy in die jagveld sou doen. Gebruik dieselfde teiken en kyk 'n bietjie hoe lyk jou resultate. Die grootte van daardie saamgestelde groep is veel meer werd as die enkele klein drieskoot-groepering wat op 'n spesifieke dag van die bank behaal is.
Groetnis
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by 243Songdaug »

Koos.

Om aan te sluit by jou - ek ondervind dit nogal gereeld - ons as skuts het 'n manier dat sodra ons agterkom/sien die geweer skiet akkuraat begin ons die volgende sonde pleeg, nl.  konsentreer nie op die aftrek van elke skoot nie en volg ook nie deur nie.

Ek het al hoeveel keer gesien dat 'n geweer/skut kombinasie al hoe swakker skiet soos die dag loop.  Met klomp verskonings, maar as iemand anders dan weer met die geweer skiet is die akkuraatheid terug.

'n Puntjie wat elke skut ingedagte kan hou.

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Fri Oct 21, 2011 12:12 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by spekieries »

Songdaug

Kan nie meer met jou saam stem nie.

Daardie deurvolg een dink ek is kardinaal. Ek vang myself gereeld op die Jagters Vereniging tabelle dat ek te vinnig op kom na die sneller gedruk is. Die groot vraag is kan jy na elke skoot, sonder om die skoot te sien die skoot call? 

Mis of raak dit bly lekker.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Christo »

Koos Barnard wrote: Doen dit van skietstokke uit verskillende posisies soos jy in die jagveld sou doen. Gebruik dieselfde teiken en kyk 'n bietjie hoe lyk jou resultate. Die grootte van daardie saamgestelde groep is veel meer werd as die enkele klein drieskoot-groepering wat op 'n spesifieke dag van die bank behaal is.
Groetnis
Die feit dat ons skiet, eintlik MEER skiet as in die verlede, moet 'n verbeterde effek h? wanneer ons gaan jag. 10 jaar terug sou ek miskien 50 skote geskiet het deur die jaar en nou skiet ek maklik 150+ per maand waarvan die meeste op papier en gonge is, maar omdat ek baie meer seker maak hulle is raak oefen ek beter asemhaling en deurvolg en al die ander belangriker dinge wat saak maak die dag wanneer ons gaan jag.

Ek jag maar Elande dan is die teiken soveel groter  ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Koos Barnard »

Christo
Ek stem heelhartig saam dat ons deesdae meer skiet en dis bakgat. MAAR, omtrent enigiemand kan van 'n bank af 'n goeie groepering skiet. Asemhaling en snellerbeheer en oefen om deur te volg is uiters belangrik maar die feit is, op daardie lekker stewige x-sakke of ander russe l? die geweer al klaar doodstil (of so te s? doodstil). Jy moet asemhaling en deurvolg oefen van die skietstokke af en leer om die geweer stil te hou oor die skietstok of watter ander rus jy ookal gebruik. Ons mense moet wegkom van die skietbanke af.
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by Born2Late »

Met my werk dit weer heeltemal skeef.As ek alleen van die bank af skiet,gaan alles goed.Op die plaas as ek my geweer moet inskiet en die boer of gids staan en kyk ly ek skielik aan Parkinsens en bewe so dat ek soos my dinges skiet.In die veld van die stokke af is daar geen teken van bewe of bokkoors nie.Alles is koel en kalm sonder enige probleme.Miskien kry ek stagefright of so iets as daar vreemde mense is.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Groepe, MOA en mis skiet....

Post by 243Songdaug »

b2l

My pa lei aan dieselfde probleem - ek het hom al so jammer gekry - hy skiet maklik 2 bokse partone uit en dan is die geweer steeds nie ingeskiet nie!!!

Toe kom ek sy trick agter - gee hom net 'n gong of 2 om te skiet wat hy kan tref voor jy hom laat inskiet - jy gaan nie die verskil glo nie.  Ek dink pa is net te opgewonde, want hy weet as die geweer ingeskiet is word daar gejag.

Ek verpes om van 'n bakkie af te skiet en as ek gedwing word om van 'n bakkie af te skiet kom ek net nie reg nie, maar gee my my driepote of my bi-pods dan moet jy kom kyk hoe lekker raak dit.

Die manne het aan die begin gedink ek is gesuip om met stokke te staan, te sit en te l? en oefen - terwyl daar 'n stewige skietafel reg agter my leeg staan - tans oefen daar gereels 'n klompie manne saammet my - en dit die manne wat in die kompitisies uitblink. 
Dont tell me, show me......
Post Reply