inflarooi

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

inflarooi

Post by cassie_calvinia »

met wetse teleskoope kan 'n mens inflarooi sien? kan 'n mens hul in dag ook gebruik vir gewone skiet
HOU HOM DAAI DIKTE
Alan D
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm

Re: inflarooi

Post by Alan D »

Cassie

Jy sal infrarooi net met n night vision teleskoop kan gebruik. Infra rooi is in die ligspektrum wat mense en jakkies nie kan sien nie. Dit is die probleem met so n scope jy kan die ding net in die aand gebruik.

Groete

Alan D
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: inflarooi

Post by Jaktrap »

Hallo Manne
Ek het gehoor daar is scopes beskikbaar wat infrarooi kan sien wat in die dag ook kan werk, maar is vreeslik dier.
Iets soos $12000.00
Dit sal baie skelm jakkalse kos om hom te betaal.Dit sal darem help dat mens nie hoef 2 gewere vir selfde doel te he nie.

Sterkte
Jaktrap
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: inflarooi

Post by cassie_calvinia »

ja nee wat, ek het anyway net 1 kettie. julle manne wat dimmers rebruik, hoe helder is die lig as jy soek? ek gebruik rooi ligte, ek weet jy kan nie oe ver sien met dit. my soeklig op stoel het die rooi selefaan op, 2 lae, maar, ek bang die lig nie rooi genoeg, met ek dit dikker opsit, of is 2 genoeg?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: inflarooi

Post by James Wilson »

manne ek weet nie hoeveel julle al met nagsig te doen gekry het nie, maar die goed wat jy kan koop is nie naastenby die goed wat die weermagte gebruik nie. die ander ding is dat die flieks laat ons dink dat dit n nagsig meer vermoens het as wat dit regtig het.  ek het baie met nagsig toeristing gewerk, die passiewe soort. ons het dit  gebruik op gunners sights; drywer brille aka rysmier en dan het jy ook die K.O.T  en die L.O.T gekry.  hierdie 2 is regtig indrukwekkend.  die nuutste goed wat selfs ons weermag al gebruik is optiese visiere, dit werk met hitte en die beeld lyk soos n swart en wit t.v. as ek dit reg het kos so n visier op n tenk net so onder die R1mil.

Passiewe nagsig teleskope wat jy kan koop kan nie ver sien nie, ek sou se 100m is jou maks. die ander probleem van die soort nagsig is dat jy nie 3 dimesioneel kan sien nie, wat afstandskat onmoontlik maak.

so om jou vraag te beantwoord jy het n pasiewe nagsig nodig om infrarooi te sien(en dit lyk dan gewoonlik groen). nou het jy met ander woorde n infra rooi lens of spotlight nodig saam met jou nagsig toerusting te gebruik vir die beste resultate. ek het nog nooit so iets, te koop gesien nie. ek weet daar is n advertensie elke week in die Landbouweekblad vir nagsig toerusting.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: inflarooi

Post by cassie_calvinia »

en, inflarooi gogglels? kry 'n mens sulke goed
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: inflarooi

Post by James Wilson »

Cassie, ek sien jy het gepost terwyl ek nog getik het. ek gebruik n dimmer en dan lig ek ook so n bietjie hoog sodat die ogies hier in die onderkant van die kol sien. n ander plan wat ook lekker werk is hierdie sterk handflitse wat met LED's werk soos n Ledlenzer, ek het ook vir my n oulikke Zartek lig gekoop wat verder skyn as my Ledlenzer. maar wat my my goed werk is dis op een of ander manier nie aanstootlik helder nie maar gooi tog ver genoeg n kol sodat ek die loe kan sien.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: inflarooi

Post by James Wilson »

cassie_calvinia wrote: en, inflarooi gogglels? kry 'n mens sulke goed
daar spring jy my weer voor. ek het nog nie van sulke goed gehoor nie.  ek dink die naaste wat jy daaraan gaan kom is iets soos die rysmier. onthou net daar mag GEEN gewone ligte wees waar jy werk met nagsig nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: inflarooi

Post by roux cf »

Cassie

Ek gebruik n dimmer op my 170 lightforce, ek soek die jakkies op vol sterkte,
lig net bietjie hoog dat die oogies in die onderkant van die lig skyn.
As ek n oog optel, draai ek my dimmer af, dat ek net die oogies deur my teleskoop
kan sien. as die jakkals binne skiet-afstand is, draai ek my lig stadig helderder totdat
ek die jakkals duidelik kan sien, en skiet dan.

As jy nie n dimmer het nie, is jou set-up met die 2 lae silofaan reg, maar lig nogsteeds
effens hoog dat jy net die oogies aan die onderkant van die lig kan sien. Ek het baie
jakkies so geskiet toe ek net begin het.

Skree maar as daar nog iets is wat jy wil weet.

Groete
Charl
Laat jou roer die praatwerk doen!!!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: inflarooi

Post by cassie_calvinia »

dankie vir al die antwoorde. roux, as 'n mens met die sterk lig scan, gan dit nie 'n jakkals affekteer wat bv oppad is oor 'n koppie, en jou dophou nie, voordat jy hom sien, hol hy weg? of doen die ander manne dit ook so?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: inflarooi

Post by Gerhard »

Cassie,

Charl doen dit soos ek dit ook doen.

Soek op vol sterkte en as ek die oog op tel dan dim ek totdat die jakkals binne skiet afstand is.

Draai dan die dimmer op totdat jy die jakkals duidelik deur die teleskoop kan sien en skiet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: inflarooi

Post by cassie_calvinia »

dankie gerhard
lyk my ek sal maar dimmer moet kry. rooi lig tel oe nie ver genoeg op. maar, as hy gaan kom, gaan hy kom? dan sal ek hom anyway sien? sal maar vir julle luister :D. ek moet nou kaap toe ry, net mooi f$&(*& lus vir dit. dankie vir raad.
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply