Goeie midag manne en maninne. Ek is lid van Bitterfontein Boerevereniging. Ons hou jaarliks n boeredag sodat ons boere, boervroue en kinders saam kuier. Ons nooi ook ons buur boere unies om die dag saam met ons te kom geniet.
Elke jaar kies ons n tema waar waaroor die dag gaan. Ons kry dan spreekers wat ons kom toespreek rondom die spesifieke tema.
Vanjaar wil ons die dag beplan rondom die invloed wat ongediertes in ons boerdery het. Ek weet elke boer en boervrou weet wat die invloed is in sy of haar onmiddelike omgewing, maar weet hul wat die invloed is in die land en selfs ons aangrensende buurlande.
Ek wil hoor of hier iemand op die forum is wat sal belangstel om ons te kom toespreek oor die onderwerp. Indien die persoon self roepers ontwerp of cd s maak of enige jag toerusting kan hul dit kom ten toon stel en selfs n stalletjie hou om die toerusting uit te stal en te verkoop.
Ek kannie wag om van julle te hoor groete uit namakwaland
Kursus
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Kursus
Goeie dag Theunis; wanneer is jul boeredag: n goeie idee wat jy het, baie boere is bewus van die skade wat ongediertes veroorsaak maar het nie die nodige kennis om self beheer toe te pas nie en kry self onkundige persone om saak aantespreek. Probeer Niel Viljoen van Loxton, hy spreek boere-unies toe en het genoegsame kennis rondom beheer van ongediertes.....
Kursus ivm nagskiet kan Taffie Mulder van Klipplaat vir jul daar kom aanbied as daar genoeg belangstelling is.
Kursus ivm nagskiet kan Taffie Mulder van Klipplaat vir jul daar kom aanbied as daar genoeg belangstelling is.
-
theunis perdekop
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Tue Apr 17, 2018 9:06 am
Re: Kursus
Goeie middag. Ja , ons het toe maar besluit om nie die ongedierte beheer afdeling in te sluit by ons program. Ons stel beslis belang om n kurses aantebied in die omgewing. As daar enige persoon is wat beried is om dit te kom aanbied is hy welkom om hier te reageer of om my te kontak sodat ons kan tyd, prys en plek kan bespreek. Ek is seker ek sal n redelike aantal mense kry wat sal bywoon
Kontak nr 0712697194
email theuniskotze90@gmail.com
Kontak nr 0712697194
email theuniskotze90@gmail.com
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Kursus
Hallo Theunis
Julle het 'n man met die naam van Louis Brink wat geakkrediteer is om opleiding te gee in die roep en skiet metode en hy is uiters bekwaam met slagyster ook.
Groete
Heinrich
Julle het 'n man met die naam van Louis Brink wat geakkrediteer is om opleiding te gee in die roep en skiet metode en hy is uiters bekwaam met slagyster ook.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter