Hier praat ek nou van die manne (of vroue) wat die bakkie ry (Nie van daai goed wat nie wil afspoel nie).
Anyway ek sien party manne hou daarvan om sonder drywer te jag. Moet s? 'n drywer kan jou lelik omkrap. Wanneer die klie?nt die bakkie ry s? ek hom voor die tyd hy moenie as ek ietsie onbetaamliks s? dit persoonlik vat nie. Hy moet ingedagte hou ek skud 6 keer meer agterop as hy agter die stuurwiel. Nog 'n ding wat my verskriklik bevoeterd maak is as die ou die bakkie amekaar laat dood ruk. 'n C190 het net 38kilowatt oppie flywheel, weetie wat die wringkrag issie. Die ding se wiele is ook te groot en hy't verkeerde gearbox in wat sy ratte ook nog langer maak.
En as daai ou miere het en chronies rondskuif of raas of as die ou begin haastig raak. 'n Geklets en gegiggel as die pellie moet saam. En my persoonlike gunsteling wat my broer lief is om te doen....matrassie saamvat en langs die bakkie l? en snork.
Voordele van drywer is die afry en skiet. Moet s? dis baie rustiger as ou op jou eie is, maar ek is altyd bang ek is te stadig met die uitklim en opspring as ek op een self afry.
Hoe voel julle manne?
Dawie
Ps.Beste sou natuurlik 'n "joystick" oppie skietstoel waarmee ou die bakkie sonder drywer kon ry
Drywers
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Drywers
Dawie, ek gebruik die oorgrote meerderheid van die tyd my eie drywer. In die eerste plek weet hy hy gaan bars as hy die bakkie nie mooi hanteer nie en hy moet more saam met my huis toe. In die tweede plek weet hy al wat en hoe ek wil h? en die voordeel van die ou Landy is dat sy kajuit se agter venster lekker ver oopskuif - dit help as hy hier in die nanag moet koffie aangee en so - en as hy aanjaag, of dalk snork, dan klits en hom sommer agter die oor uit die stoel uit...
In die derde plek maak dit dit baie makliker as die klient wil gaan rus of nie eers saam gaan nie (wat ek verkies - soos jy s?, die manne skuif rond en het oor die algemeen nie die geduld nie)
Hy is ook al half imuun en gewoond aan die swets so nou en dan - soos jy s?, jy stamp baie meer agter as voor.
Ek het ook al self bestuur (vir myself) maar bo en behalwe die afry aspek, dit maak dit ook baie makliker om goeie staanplekke te kies en identifiseer as jy agter staan met die lig - veral as dit 'n nuwe plaas is wat jy jag en nog nie so goed ken nie. Jy kry ook 'n beter gevoel vir wat in die natuur aangaan - loop die Steenbokkies, of l? hulle, is die hase en springhase aktief, is daar spore in die pad, is daar merkplekke in die pad, waar l? die windpompe, het die wind gedraai, steek daar donderweer op (alhoewel die laasgenoemde nou nie rerig 'n "issue" was die laaste tyd hier in die Karoo nie...
) ens.

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...