Manne, ek het n vraag..
As n ackley van n geweer so goed is en die konsep met klinkende simbale van bo neergedaal het, hoekom word alle wapens wat goed vertoon in n Ackley, nie so standaard in fabrieke gemaak nie?
Ek luister graag
Ackley
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ackley
Opstel van masjinerie kos meer geld. Vervaardigers hou dus by "standaard" kalibers wat alreeds 'n goeie naam het. Daar is sommiges wat wel sekere Ackley kalibers beskibaar begin stel. Ek sou dink dat die 243 'n goeie een is om beskikbaar te stel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Ackley
Vir dieselfde rede hoekom Isuzu nie Afrika oorheers...
Ons almal weet dis n beter bakkie maar Toyota was eerste daar
Ons almal weet dis n beter bakkie maar Toyota was eerste daar
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ackley
Dit is 'n sameswering tussen wit monopolie kapitaal en die die Amerikaanse wapenvervaardigers.
As almal met Ackley's skiet gaan niemand meer .270's koop nie en wie wil nou 'n dop 20 keer herlaai?
Die Creedmoors is al reeds 'n stap in daai rigting.
As almal met Ackley's skiet gaan niemand meer .270's koop nie en wie wil nou 'n dop 20 keer herlaai?
Die Creedmoors is al reeds 'n stap in daai rigting.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13530
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ackley
Want 80% van mense oor die wereld wat n geweer gaan koop koop hom om n ding te gaan jag. In daai bracket koop hul 223, 243, 25.06, 270 (ja da is nog van hulle), 308, 30.06, 300wm, 375 en dan natuurlik die euro verteenwoordegers in daai kalibers soos die 7x74 en al daai. Sodra jy in die tyken skiet mark of self die varmint mark in kom verander daai prentjie maar daai mense is maar n druppel in die geweer koop wereld emmer. Kyk maar net hoeveel 6mm BR gewere jy by n winkel kan koop. Manne wat uit en uit tyken skiet en varmint skiet laat bou gewoonlik elk geval n geweer eder as wat hul een by n winkel gaan koop. Daar is meer as genoeg fabrieks ammo te koop vor al die gewilde jag gewere en meeste jagters oor die wereld koop nog fabrieks patrone so hoekom sal jy n geweer maak en bemark om teen dit te bakly
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Ackley
Op intree vlak bakkies is Isuzu beslis nie so betroubaar soos Toyota. Vat dit maar soos jy wil van iemand wat ook 270 skiet... Grappies op 'n stokkie ek dink in die ou dae was daar 'n goeie argument vir die dop ontwerp van die ou kalibers maar met moderne masjiene en toleransies begin dit meer sin maak om wapens standaard te Ackley. Kyk maar die nuwe bench kalibers en wsm tipe doppe. 20+ jaar terug het dit baie meer custom werk gekos om sulke doppe behoorlik te laat voer. Nou loop hulle soos stroop uit selfs die goedkoopste fabrikate.Supacow wrote:Vir dieselfde rede hoekom Isuzu nie Afrika oorheers...
Ons almal weet dis n beter bakkie maar Toyota was eerste daar
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P