.460 WEATHERBY MAGNUM

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

.460 WEATHERBY MAGNUM

Post by JoevR »

Hierdie was my herlaai ervaring met die .460 in 'n Weatherby Mk V geweer. Baie akkurate geweer, maar ek het dit verkoop vir die volgende redes:

1. Geen ystervisiere. 'n Geweer vir gevaarlike wild op kort afstand behoort goeie ystervisier en korrel op die loop te he.

2. Die magasyn laai moeilik, jy moet die rondte hard, reg van bo in die magasyn druk om in te gaan.

Die kaliber is egter die "Big Bore" herlaaier se droom in terme van verskeidenheid koeels deur verskillende vervaardigers.  Dopkapasiteit is ook groot genoeg om enige tipe koeel, bv die lang vir gewig Barnes X koeel (wat die .458 Win Mag se beperkte dopkapasiteit probleem net vererger) te skiet , en van die swaarste 458 koeel tot die ligste te skiet.

Groete
Joe

HANDLOADING THE .460 WEATHERBY MAGNUM

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0001-4.jpg

"The .460 Weatherby Magnum is a cartridge both slated and feared by those who do not understand it and who have not used it extensively."
Pierre van der Walt, International Big Bore Cartridge Load Data Collection, Zimby Books Publisher, Pretoria.

A spin-off from the introduction of the Firearms Control Act was that a lot of firearms were offered for sale by owners disinclined to comply with the Act's stringent requirements. The supply side of the used rifle market was flooded; prices dropped and good firearms could be acquired at very reasonable prices. When I was offered a Weatherby Mark V rifle in .460 Weatherby calibre, in almost new condition, I hesitated at first. I recalled having read stories of horrendous recoil, resulting in the shooter flinching to the extent that it is impossible to hit anything. I checked the ballistics of .460 Weatherby factory ammo in my 2008 Gun Digest: 500 gr. bullet at 2700 ft/s at the muzzle. Impressive, just as Roy Weatherby intended it to be when he placed the cartridge on the market back in 1958. However, the Somchem Ballistic Data Manual (November 2004) contains the following data:

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0009.jpg

The Somchem data shows a muzzle velocity of +/- 300 to 400 ft/s less than that of factory ammo. The Somchem data appeared to be more "shooter friendly", so I decided to acquire the rifle to see for myself how it performs with S365.

I used a Hornady full-length die set to load 500 gr. Hornady round nose soft bullets, with the start load of 110 gr. S365.

One tin of Somchem powder weighs 500 gram (g.), and 1 grain (gr.) equals 0.0648 gram. Thus one tin of Somchem powder contains 7716 gr. (500 / 0.0648 = 7716). This means that if you load 70 .460 Weatherby cases, one tin of S365 is finished! (7716  / 110 = 70).

I was happy to find Federal 215 primers for the handloading project. The following paragraph comes from the book titled ?Weatherby: The Man. The Gun. The Legend.? by G. and T. Gresham, Cane River Publishing, U.S.A. 2007 fifth print:

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0010-1.jpg

I also got hold of a Lee Factory Crimp Die, and I crimped the cases on the cannelure with this die. Lee does make the factory crimp die in various big bore calibers, but as special order items. The crimp counters bullet setback in the case, as the cartridge hits the front of the magazine box under recoil as the rifle is fired. Bullet setback reduces the internal volume in the case, which can lead to dangerous pressure in the rifle's chamber.


The Weatherby Mark V rifle came with a Leupold Vari X III
1.75 - 6 x 32 mm scope fitted, no iron sights and a factory fitted muzzle brake. I fired the first shots with the rifle from a standing position, resting it on shooting sticks. The recoil was manageable, so I decided to shoot a 3 shot group at 50 metres from the bench:

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/460Wbygroup1-2-1.jpg

Needless to say, I am satisfied with the 11.8 mm group at 50 metres.

Down-loading of the .460 Weatherby to 2300 - 2400 ft/s with 500 gr bullets reduces recoil, lowers chamber pressure and shortens recovery time between shots. The .460 Weatherby provides all the power you need, without having to equal factory ballistics.
Last edited by JoevR on Sat Apr 01, 2017 6:52 am, edited 2 times in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Danie Lombard .243

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by Danie Lombard .243 »

Mooi geskryf Joe


Al wat moet by kom by jou plasing is die terugskop van die .460 Wby Mag.

Ek self het nog nie die voorreg gehad om met die .460 Wby Mag te skiet nie maar het al vele kere by ander manne gehoor dat die roer vir jou kan skop, behoorlik ook.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by Wouter Roets »

Hallo Joe

Lyk my jy is n besige bytjie agter die rekenaar met al jou skrywes! ;D

Jy is absoluut reg dat dit n great kaliber is maar my enigste klagte oor hom is die skouerontwerp wat maklik lei tot case-neck seperation en krake indien die dop n paar keer gelaai word. Die double-raduis design was soos baie dinge in die lewe goeie plan idiee! Daar is tot vandag toe geen konkrete bewyse dat dit gasvloei verbeter nie. Hy sou veel beter af gewees het met n gewone skerp skouer. In my oe is die 450 Rigby/450 Dekota die keuse vir n geweer in daai klas. Het al die einskappe maar geen van die nadele nie.

Net so iets interessant wat ek van Roy Weatherby gelees het in Norma se herlaai boek en dit was gewees dat hy van sy doppe hou soos vrouens se skoene, klein aan die buite kant maar groot aan die binnekant! ;D

Groetnis
Wouter

PS. Maak nou maar daai 458 Win Mag van jou n Lott! A little bit longer but a Lott better! ;)
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by JoevR »

Danie, ek is eerlik as ek se die skop van die 460 in die Weatherby Mk V geweer was minder as die skop van my 458 Win Mag in 'n Brno ZKK geweer. Kom ons kyk hoekom:

1. Die 460 het die 500 gr koeel gegooi teen 2300 vt/sek trompsnelheid, terwyl die 458 die 500 gr koeel gegooi teen 2130 vt/sek trompsnelheid  Die Weatherby Mk V geweer is groot, swaar en het 'n "Muzzle Break" op. Die ZKK Brno is ligter sonder 'n "Muzzle Break". Dus was ek gemaklik agter die "bench" met die 460.
2. Met S365 alleen kan die SA skut nie 2700 vt/sek bereik met die 500 gr koeel nie. Ek verstaan daar sal 'n aanvoelbare verskil in skop wees met die 460 met 'n 500gr koeel teen 2300 vt/sek en dieselfde koeel teen 2600 vt/sek (kom ons maak die aanname dat die Amerikaanse fabrieksammo 100 vt/sek stadiger is, bemarkers is maar meestal oor-optimisties).
3. Die 460 Weatherby se kolf is reguit, ontwerp vir 'n teleskoop, die skop verplaas reguit agtertoe. Die 458 Brno se kolf op die geweer wat ek gahad het, se kolf "drop" laer na agter, ontwerp vir oop visier skiet, die skop verplaas laer na agertoe. Die kolfontwerp, asook die ligter geweer, het veroorsaak dat die 458 meer skop.

Laastens toon die groepeering dat ek nie ge"flinch" het nie.

Die Weatherby Mk V geweer is tipies gebou vir die Amerikaanse jagter oppad na Afrika. Vir daardie 1ste en belangrikste skoot op gevaarlike wild is hy heeltemal goed. Dit sal ook goed wees as die Amerikaner 'n "gun bearer" kry om die swaar geweer vir hom te dra. Vir vinnige opvolgskote op kort afstand moet die Amerikaner maar vertrou op sy PH.

My keuse in 'n fabrieksgeweer vir gevaarlike wild is tans die CZ 550 Safari in 450 Rigby kaliber.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by JoevR »

Hallo Wouter

Ek het hierdie artikeltjie en ander 'n paar jaar terug al geskryf. Ek het dit gedoen vir die Oosrand Tak van SA Jagters se website se forum, maar die forum het in onbruik verval en is toe afgehaal van die website. Ek sit dus met die goed en plaas dit nou op Jaracal, waar daar baie aktiewe lede is.

Ek het ook gelees dat die doppe van die 460 nie hou nie. Ek het die geweer nie lank genoeg besit om self die probleem te ervaar nie. Dit is 'n ernstige probleem, want Norma 460 doppe kom nie goedkoop nie. Hoedanig dop "TLC" in die vorm van mooi skoonhou en gereelde "annealing" die doplewe sal verleng, weet ek ook nie. Aan die anderkant word hierdie kaliber gewere nie vreeslik baie op die skietbaan geskiet nie.

Aan my antwoord aan Danie sal jy sien my keuse is nou die 450 Rigby in 'n CZ geweer. Great kaliber en geweer wat ook die 500 gr koeel sal gooi teen 2300 vt/sek geen probleem, selfs vinniger, maar in my opinie nie nodig.

Die 458 Win Mag het ek ook nie meer nie. Eendag op 'n reendag word daardie 450 Rigby dalk werklikheid.

Groete
Joe  
Last edited by JoevR on Thu Oct 06, 2011 12:37 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by Wouter Roets »

Joe

Die 450 Rigby in die CZ550 is n uitstekende keuse! Die afwerking en houdkwaliteit op die CZ gewere is iets besonders. Ek het n ruk terug ook n skoot of twee geskiet met n 450 Dakota in n Dakota geweer en moet se dit is darem bitter jammer daai fabriek is ook iets van die verlede!

Jy was absoluut reg in jou artikel oor die 458 Win Mag dat 2150ft/sek al is wat nodig is met n 480 greiner vir die groot goed. Dit is net bitte jammer dat Hornady DGX se crimping canneture nie vlakker sit nie. Sy TPL in die Lott is maar 89mm waar hy gemaklik teen 92mm geseat kan word met oor as genoeg skag wat nog steeds vasgehou kan word.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by JoevR »

Wout,  ja 'n cannelure wat nader aan die basis van die koeel is, kan 'n groot verskil maak. Ek het dit ervaar met my 10,75 x 68. Die cannelure op die 350 gr Woodleigh sagte punt koeel (regte terminologie!! vir wat dit werd is), is 'n volle 3,5 mm vlakker as op die 347 gr Stewart. Die Stewart se cannelure stem ooreen met die van RWS fabrieksammo. Ek het die RWS fabrieks ammo geskiet teen 2200 vt/sek trompsnelheid, met so rapsie oor 'n duim groep op 50 meter met oop visier.

Die 350 gr Woodleigh (eintlik bedoel vir die 404) het ek geskiet teen 2400 vt/sek, 3 skote sny mekaar op 50 meter met oop visier! Daardie ekstra dopkapasiteit doen die ding, en in my 10,75 x 68 sonder tekens van druk! Dit is wanneer 'n ou die onbekende betree met herlaai eksperimente, dat jy regtig waardering kry vir Paul Mauser se geniale ontwerp van die sterk 98 aksie! My 10,75 x 68 is 'n A tipe Oberndorf Mauser vervaardig in 1930.

Ek dink John Taylor het 'n klomp negatiewe twak oor die 10,75 x 68 geskryf in sy boek "African Rifles and Cartridges". Met die 350 gr Woodleigh teen 2400 vt/sek trompsnelheid sal ek enige tyd 'n buffel aanvat.

Die lekker van self laai is dat die werkverrigting van sogenaamde kontroversieele kalibers soos die 458 Win Mag en 10,75 x 68 verbeter kan word.

Groete
Joe
 
Last edited by JoevR on Thu Oct 06, 2011 1:21 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: .460 WEATHERBY MAGNUM

Post by JoevR »

Hier is 'n foto van 'n boks fabrieksammo vir die 460:

                       [img width=560 height=358]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0001-4.jpg[/img]
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
Post Reply