Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Dagse Mesmakers

ek het so paar maande gelede begin om messe te maak as stokperdjie. n Goeie vriend het vir my n groot vlakvarktand gegee en gevra dat ek vir hom n mes moet maak. Die mes het baie mooi uitgekom en ek het vir n meer praktiese afwerking gegaan.

Ek het die tand handvatsels poleer en nou en dit lyk regtig mooi. Ek is net skrikkerig om vir hom te se gebruik die ding soos hy hier is. Ek weet hy gaan die mes dalk wil gebruik as hy gaan jag so water en bloed is sy voorland. Wat kan mens op die ivoor sit om dit te beskerm en die mooi voorkoms te behou?

Ek hoor graag van julle. Baie dankie.
Groete,
Johan
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
frans Reichel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue May 02, 2017 11:20 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by frans Reichel »

Gewone johnsons baba olie, dit keer ook dat die ivoor uit droog, kan ma gereeld op sit veral as hy die mes baie gan gebruik en was
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Dankie Frans. Ek sal dit beslis gebruik en aanbeveel. Weet jy of Ballistol ook kan werk?
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
frans Reichel
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue May 02, 2017 11:20 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by frans Reichel »

Nie seker nie , Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by jdpretorius »

wys biekie Johan

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Viking »

Johan L wrote:Dankie Frans. Ek sal dit beslis gebruik en aanbeveel. Weet jy of Ballistol ook kan werk?
As WW ll soldate wonde en gippo guts met balistol kon reg dokter sal dit vir vlakvark tand ook werk.

Dis n sagte veeldoelige olie met kenmerkende reuk!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Ja balistol is darem luuks en ruik darem ook so lekker. Ek kan aan meer as een gebruik vir babaolie ook dink....haha.

Hier is n paar fotos. Darem nie te sleg nie dink ek. Ek is besig met leer skede ook.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Joe13 »

Hou baie daarvan, ek het paar tande en wil graag mes laat maak, ek sal dit liefs nie self probeer nie.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
HenkM
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Thu Jan 15, 2015 12:41 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by HenkM »

Baie mooi
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by jdpretorius »

baie mooi .... moes n reuse vlakvark gewees het.

nou nie so mooi sois joune nie maar die was my probeer slag
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201806 ... 3c3c52.jpg[/IMG]

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Ja dit was nogal n groot tand. Justin het die vark geskiet toe hy nog n kind was in Namibia. So dit is heeltemal uitgedroog. Was nogal stresvol om die tand in die middel deur te saag met n ou bandsaag.... en tydsaam want hy is vrek hard. Net bly dit het darem mooi uitgekom. Hier is n foto van die tand toe dit nog heel was. Ek het vir hom fotos met whatsapp gestuur deur elke stadium van die mesmaak proses sodat hy kan sien hoeveel werk in so n mes ingaan... en dit dalk meer waaardeer. Hahahaha.

Frans, Dink jy die babaolie sal vir kameelperdbeen ook werk? Ek het n paar messe daarmee ook gemaak, maar vrek bang om die goed te gebruik sonder die nodige behandeling. Die been het ek ook by n vriend geky en is ook goed droog.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

JD. Vrek lekker jagmes wat jy gemaak het. Watter staal is dit? Ek het nog nie gutting hooks probeer nie. Lyk soos n klomp ekstra werk...
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by jdpretorius »

Johan L wrote:JD. Vrek lekker jagmes wat jy gemaak het. Watter staal is dit? Ek het nog nie gutting hooks probeer nie. Lyk soos n klomp ekstra werk...
dankie Image
dit is vlek vrye staal maar kan nie ontdou wat se graad nie.
ja, was biekie werk ... ek't ook net basiese tools met water skuur papier en elbow grease

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Ja ek het my eerste paar messe met n filing jig gemaak en baaaaaie elbow grease. In Desember het my belt grinder gekom en nou is dit baie makliker en vinniger om n goeie asfwerking op die messe te kry. En natuurlik hollowgrinds te kan doen.
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by jdpretorius »

as n man die tools en die tyd het is dit noggal 'n stokperkie wat jy lekker satisfaksie gee. wens ek het meer tyd gehaat

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Flip Nel »

Johan L wrote:Ja dit was nogal n groot tand. Justin het die vark geskiet toe hy nog n kind was in Namibia. So dit is heeltemal uitgedroog. Was nogal stresvol om die tand in die middel deur te saag met n ou bandsaag.... en tydsaam want hy is vrek hard. Net bly dit het darem mooi uitgekom. Hier is n foto van die tand toe dit nog heel was. Ek het vir hom fotos met whatsapp gestuur deur elke stadium van die mesmaak proses sodat hy kan sien hoeveel werk in so n mes ingaan... en dit dalk meer waaardeer. Hahahaha.

Frans, Dink jy die babaolie sal vir kameelperdbeen ook werk? Ek het n paar messe daarmee ook gemaak, maar vrek bang om die goed te gebruik sonder die nodige behandeling. Die been het ek ook by n vriend geky en is ook goed droog.
Dis rerig baie mooi.
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Ja dis verseker so. Ek het gereedskap sommer hier by die werk in my werkswinkel staan gemaak. AS dit stil is krap ek sommer daar aan iets. Ek het nogal verbaas by Huntex na daardie manne se messe staan en kyk. Vrek mooi, maar as ek kyk wat hulle vra vir die messe wat lyk soos "eye candy" dan wonder ek hoeveel ure daar in gegaan het sonder om eers die materiaal in te sluit. As jy dit darem moet terugwerk in werksure is dit darem vrek baie werk vir min geld. Dan praat ek nie eers van die kapitale uitleg vir al die toerusting nie..

Ek hou dit maar by n stokperdjie. Probleem is dat die messe nou my kluis begin vol maak... Sal seker ook op n kol n tombola of iets moet hou. :laugh:

Dankie Flip. Snaaks genoeg, ek het nog nooit aan myself as kunstig of skeppend gedink nie. Ek moet se die stokperdjie het nogal n nuwe dimensie aan my lewe gegee en dis darem lekker om so n mes te sien as jy kyk waaruit dit geskep is en waar jy begin het. Dis regtig die moeite werd om te probeer. n Mens het die minimum gereedskap nodig aanvanklik, maar dit vat maar baie tyd en elbow grease. Dit help ook as jy n pel het wat jou kan help met vrae.... en natuurlik Youtube!
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Viking »

Johan L wrote: Frans, Dink jy die babaolie sal vir kameelperdbeen ook werk? Ek het n paar messe daarmee ook gemaak, maar vrek bang om die goed te gebruik sonder die nodige behandeling. Die been het ek ook by n vriend geky en is ook goed droog.
Johan
Ivoor wat gewoonlik tand materiaal is, is van nature baie hard maar been is weer "sponsagtig" daarom moet been gestabiliseer word.

Stabilisering verg hoë druk en n tipe hars - lees gerus meer hieroor op google.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Viking,

ja ek moet dalk maar die messe hou vir "in die huis" werkies soos biltong sny. Ek wag vir toerusing wat more kom. Ek het bietjie gegoogle en gesien hoe n ou sy hout stabiliseer met redelik min toerusting. Sal maar sien of dit gaan werk. Ek het Burl en ander duur hout wat ek by Huntex gekoop het. Ek wil seker maak die hout gaan nie trek of swel nie. Sal dit dan soommer in die toekoms op been ook gebruik. Dankie.
JOHAN
________________

Somerset-Wes

300WSM Sako/303 P14/Baikal 12g/Glock19/CZ 6.5x55/Sabatti 6XC/Tikka 243win/Win 375 H&H/CZP07
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by jdpretorius »

Johan as jy biekie rond krap tussen ou trein spoer "sleepers" kan jy dalk gelukkig wees en patrys hout raak vat..... ek't so paar jaar terug sulkes gesien ... maar hulle is skaars soos hoendertamde

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
GooseMan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by GooseMan »

Baie nice mes Johan
User avatar
Johan L
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Fri Apr 12, 2013 12:47 pm

Re: Vlakvarktand onderhoud en beskerming

Post by Johan L »

Dankie Gooseman. Die een nou die dag ook gemaak. Buffelhoring. Sommer blank gevat van KMTS.